Wednesday 3 July 2024

Oomblik van stilte: Ps. 140:8

HERE, Here, sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd.


Probleme en stryd sal jy gedurig in jou lewe hê, maar God, sal jou deur sy barmhartigheid uitlei in die stryd. 
God sal jou bewaar van die bose; weerstaan die duiwel en hy sal van jou wegvlug.
Die Here bewaar jou hoof in die dag van stryd, sodat jou verstand met wysheid gevul sal wees.
Vandag nog sal God jou beskerm en na jou omsien en dir stryd vir jou stry omjou die oorwinningte gee.

Red my Here en bewaar my vir die manne van geweld (vers 2). Ek het tot die Here gesê: U is my God; luister tog Here, na die stem van my smekinge (vers 7). Want op U is my oë, HERE, Here; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie (Ps. 141:8)! Die Here hoor my gebed en antwoord vanuit die hoogte. U Gees lei my en leer my bid tot U o Vader, in Jesus Naam. Ek skuil by U, want U alleen is my beskutting. Amen.

No comments:

Post a Comment