Monday 1 July 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - dag 1


'n Geleentheid om die belangrikste gedeeltes in die Bybel te lees en ook op dié manier die geheue te verfris.

Inwoners en lesers, hierdie 100-daeprojek begin op 1 Julie 2024. Kom neem gerus deel en vertel ook jou vriende en bure hiervan. 

Indien jy aan hierdie Bybelleesprojek gaan deelneem, sal dit jou help om die mees belangrikste gedeeltes in die Bybel te lees. Alhoewel jy nie alle hoofstukke in die Bybel gaan lees nie, bied dit wat jy wél gaan lees vir jou ‘n oorsig oor die Bybel as geheel.

Indien jy al oorweeg het om die hele Bybel deur te lees, maar nog nie daarby uitgekom het nie, is hierdie jou geleentheid om dit op ‘n ‘verkorte’ manier te kan doen. Almal wat deelneem, sal mekaar kan aanmoedig om by te hou by die program, want ons sal almal op dieselfde dag dieselfde Skrifgedeelte lees. 

Die Skrifgedeeltes wat gelees moet word, is net op weeksdae - van Maandag tot Vrydag. Saterdag en Sondag kan jy dus opvang, indien jy gedurende die week dalk agtergeraak het. 

Hieronder is die Bybelleesrooster vir hierdie week! 

No comments:

Post a Comment