Sunday 21 July 2024

Oomblik van stilte: Rom. 8:34

Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.


Christus tree daagliks vir jou by die Vader in, Hy bid vir jou. Christus wil vir jou deur sy genade, net die beste gee, Hy het nie verniet die dood oorwin nie. Hy wil vir jou oorwinning gee oor elke oomblik in jou lewe. Hou net aan, jou oorwinning kom op 'n tyd wat God goed dink om aan jou te gee.

Dankie Here, dat U in my plek vir my gesterf het. Dankie dat U my, saam met U opwek, sodat ek kan wees waar U is. Dankie dat ek kan deel in u oorwinning en rykdom. U sit aan die regterhand van God om my vry te spreek in die uur van oordeel. Ek wil U bedank en loof vir u goedheid en barmhartigheid, in Jesus Naam. Amen.

No comments:

Post a Comment