Sunday 7 July 2024

Herinneringe: 'n Briefie aan 'n oupa

Liewe Oupa

Respek is die eerste ding wat in my kop kom as ek aan Oupa dink.

Ek het Oupa gesien as die generaal van 'n familie wat sukses bereik het met die ondersteuning, wysheid en leiding van 'n liefdevolle vader en oupa. Oupa het my altyd opgebou om 'n beter mens te wees en om liefde en meegevoel vir ander te hê. Daar is dinge wat 'n kleinseun net by sy oupa kan leer, en ek het die beste voorbeeld gehad.

Oupa, dankie vir al die mooi stories en herinneringe wat ek saam met Oupa deur die jare kon opbou. Ek gaan baie na Oupa verlang en Oupa altyd in my hart saamdra. Oupa se lewenslesse gaan ook eendag my kinders se lewenslesse word. Ek was geseënd om iemand soos Oupa in my lewe te kon hê.

Ek is lief vir Oupa.

Oupa se oudste kleinseun

No comments:

Post a Comment