Thursday 15 June 2023

Nuwe inwoners


'n Nuwe paartjie het gister hulle intrek in Ons Huis geneem. Die keuse van 'n tehuis was nogal 'n gewigtige besluit en na vele oorweging het hulle besluit op Ons Huis Kimberley. Almal is hier welkom en die gevestigde inwoners reik graag uit, want hulle was ook op 'n stadium nuut en onseker.

Chris en Ems het dadelik tuis gevoel. Dis belangrik om op hierdie gevorderde ouderdom tog nog in 'n huislike omgewing te bly. Hierdie twee gebore Vrystaters het al baie in hulle lewe belewe: die konsentrasiekamp, WO1 en WO2, die groot griep en meer onlangs Covid-19, depressie en resessie, maar die landing op die maan was vir hulle 'n onwerklike hoogtepunt. Op hierdie twee mense se gesigte lê die spore van storms en swaarkry, maar die blink in hul oë vertel dat daar nog baie energie vir die laaste skof oor is. Hulle het vir baie jare in Oos-Londen gebly, waar Chris in die bank gewerk het. Ems se passie was laslappiewerk, sy het selfs haar peetkinders die kuns van laslappiewerk en beskuit bak geleer.

Baie welkom en die redaksie verneem dat Ems dadelik uitgenooi is om by die breigroep aan te sluit, terwyl Chris meer in bingo belangstel.

No comments:

Post a Comment