Sunday 18 June 2023

Angels: Vadersdag

Die omgee-engele het 'n meer as welkome draai by Ons Huis gemaak en Vadersdag sommer kleurvol ingekleur. Elkeen is bederf met 'n heerlike handgemaakte kniekombersie wat sommer ook oor die skouers gegooi kan word vir 'n bietjie ekstra hitte tussen die blaaie. 

Versnaperings in die vorm van lekkers, sjokolade, kolwyntjies, springmielies en so 'n ekstra bederfie vir die vaders van Ons Huis (dit is mos darem Vadersdag) is aan die inwoners uitgedeel.  

Klik HIER vir die ander foto's saam met die inwoners.

Die groepie mensengele wat vir Vadersdag gewerk het, is ...
  • Cherine Senekal (aan roer van sake)
  • Annette Cameron
  • Betsie du Plessis
  • Christa Jaquire
  • Forbie Klindt
  • Jacoba du Plessis
  • Jolande de Wet
  • Millie Mouton
  • Percy Bell
  • Talana van Wyk 
 (Inligting: Millie Mouton)

No comments:

Post a Comment