Thursday 15 June 2023

Heerlike leesgenot vir die koue winterdae en -aande

Ons Huis se blog is net 'n selfoon ver. Merk hierdie leesfees gerus as 'n gunsteling op jou foon. Daar is 2 629 artikels en 47 pages om van te kies. Die pages is aan die linkerkant. Aan die regterkant is daar trefwoorde wat jou direk na die artikel/artikels vat.   

Bogenoemde getalle is slegs die statistiek vir die afgelope maand. Die page wat 'n groot gunsteling onder die lesers is, is die inspirasiestories.

Klik HIER om 'n vinnige draai by inspirasiestories te maak. 'n Ander interessante besoekpunt is die agtergrond van Ons Huis. Klik HIER om meer van die geskiedenis van dié tehuis uit te vind.
Die Nuwe inwoners het onmiddellik byval by die lesers gevind en is op hierdie stadium bo-aan die artikels se gewildheidsleer. Klik HIER om die storie van die Nuwe inwoners te lees. 'n Mens kan sien dat Vadersdag om die draai is, want die koerantberig uit NND/Kitsnuus van 30 April 1999 is 'n hele paar keer besoek. Klik HIER om die ongelooflike stukkie waarheid te lees. Dinsdag-denke stem 'n mens onwillekeurig tot nadenke, maar dien ook as inspirasie.

'n Uit-die-hart-uit-dankie vir elke getroue leser, elkeen wat só gereeld stukkies instuur en die gereelde terugvoering wat nodig is om 'n behoeftebepaling te doen. Vandag het daar weer 'n 1000+ mense kom inloer en sê ons 69 000 keer dankie! Indien enige een 'n staaltjie, storie of besondere foto het, kan hulle dit gerus stuur aan aldawelman@gmail.com 

No comments:

Post a Comment