Sunday 11 June 2023

Dink hieroor: Soek God in die woestyn rondom jou!

Ek het al baie gewonder hoekom die Here die Israeliete vir 40 jaar in die woestyn laat reis het. Daar is immers ‘n korter pad wat net ‘n paar weke ten langste sou neem ... Hoekom vir 40 jaar in die woestyn?

Ons vra baie keer dieselfde vrae as die Israeliete: Hoekom lyk die lewe rondom my so moeilik; soos ‘n woestyn? Hoekom red God my nie dadelik nie? Luister God werklik?

Eksodus 13:17-18 sê: “... het God hulle nie die pad na die land van die Filistyne toe laat vat nie, hoewel dit die kortste was, want Hy het gesê: “As die volk in 'n geveg betrokke raak, kan hulle dalk spyt kry en na Egipte toe teruggaan.” Daarom het God die volk met 'n ompad laat gaan, met die woestynpad in die rigting van die Rietsee.”

God neem die Israeliete in die woestyn in, nie om hulle te straf nie, om hulle te red! Die Here se keuse van roete is juis omdat God sy kinders ken en luister na wat hulle roep, sê en innerlik ervaar.

Die Here ken jou ook geheel en al. Soek God in die woestyn rondom jou! Wanneer ons met oë van geloof kyk, dan sien ons dat Hy jou lei elke dag en nag.

Groetnis in Christus Jesus.
Andrè

[Gaan lees HIER na nog verrykende boodskappe.]

No comments:

Post a Comment