Friday 2 June 2023

Angels: Verrassing vir Vadersdag


Agter die gordyn word daar ywerig beplan en gewerk vir Vadersdag 2023. Ons Huis Angels beplan om hierdie een van die onthoudae vir die inwoners te maak. Die redaksie van Ons Huis e-nuus het in die wandelgange gehoor van onder andere kniekombersies ... die res is deel van die verrassing.    

Hieronder is foto's van die kniekombersies in wording. Millie het al 11 kombersies met liefde klaar gehekel ... die een mooier as die ander. Hou gerus die blog dop vir verdere nuus.


No comments:

Post a Comment