Monday 16 October 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Tyd vlieg verby

Jesus, hoe ouer ek word, hoe vinniger vlieg die tyd verby.
Hoe duideliker besef ek hóé verganklik ek is en hoe meer hinder dit my dat ek dalk nie altyd Ú doel vir my lewe nagestreef óf die dinge gedoen het waarvoor U my spesiaal gemaak het nie.
Ek weet dat U ‘n besóndere taak aan my opgedra het en dat die tyd wat ek nog oorhet, kosbaar is en optimaal benut behoort te word.
Ek wil dit van nou af graag aan die goeie dade wy waarvoor U my bestem het.
Baie dankie vir gawes en talente wat ek van U ontvang het.
Help my om daardie gawes te gebruik om ‘n positiewe inset
te lewer in die lewe van mense wat swaar kry.
Wys my asseblief wat ek kan doen om die lewe van ander mense te verryk en maak my vol geesdrif en gewillig om dié dinge te doen wat U van my vra.
Gee my ook asseblief genoeg liefde sodat al my gawes daardeur in ‘n sinvolle eenheid bymekaargehou sal word.
Amen

[Nina Smit : ‘n Vonk van God]

No comments:

Post a Comment