Tuesday 21 June 2016

Aangename kennis, matrone Joey Serfontein!!

Johanna Serfontein in haar
jong dae in Kimberley!
Mense is lief om te sê dat die wêreld klein is. Daar steek egter baie waarheid in daardie uitdrukking.

André H van Dyk, 'n man wat van geskiedenis hou en skrywer van: "Die Serfontein-familie van Brandrivier tot Kliprivier", deel hierdie foto's met ons. Hy het baie interessante inligting oor hierdie matrone-familie van hom gegee. Hulle is albei familie van die bekende skryfster, Dot Serfontein van Kroonstad. Dot het ook 'n boek oor die Serfonteins uitgegee, "Die Serfontein-atlas". Albei hierdie boeke is tans uit druk.

As enkelouer het Joey Serfontein haar twee seuns alleen grootgemaak. Die twee seuns was eers in Gladstone Primêre skool en later is hulle na Diamantveld Laerskool toe. Hier het Chris Serfontein, die oudste
Chris Serfontein, die oudste seun, en 'n 
onlangse foto van die boom wat hy meer 
as 75 jaar terug by Diamantveld Laerskool
geplant het. 
seun, 'n boom tydens boomplantdag geplant. Op die foto wat einde verlede jaar geneem is, kan die boom baie duidelik gesien word. Dié is knap oor die 75 jaar oud!

Matrone Joey Serfontein is van Kimberley na Johannesburg en nog later het sy 'n matronepos in Pietermaritzburg gehad.

Nog foto's van die merkwaardige vrou!

No comments:

Post a Comment