* Baie daarvan.
* Soveel as jy kan.
* Kinders suig dit op soos 'n spons
* Hulle baai daarin en dit gee hulle selfvertroue 'n hupstoot.
So dikwels wonder grootouers wat kan ons doen en beteken vir ons kleinkinders, sonder om die ouergrense te oortree.
Lees gerus Johan en Nina Smit se boek "Loshande die beste oupa en ouma: om die wêreld vir jou kleinkinders te beteken."
In hierdie boek word belangrike onderwerpe aangeraak.
* Aspekte soos die voorbeeld wat grootouers stel.
* Die kleinkind se godsdiens en hoe daaraan gebou kan word.
* Die effek wat egskeiding op die kleinkind kan hê.
* Hoe die kleinkind begelei kan word om dood en afskeid te kan hanteer.
* Selfs die dood van 'n kleinkind en die verwerking van die seer deur die grootouers.
Die outeurs probeer om sentimentele gesprekke rondom kleinkinders te vermy en om dieper te grawe in die verhoudings waarin grootouers met hulle kinders en kleinkinders staan. Die boek bevat kostelike verhaaltjies van kleinkinders se sêgoed en hulle kinderlike opregtheid teenoor hulle oupas en oumas. Een van die hoofstukke van die boek beskryf 'n hele aantal getuienisse van laerskoolkinders oor hulle oupas en oumas.
Klik HIER vir meer inligting.
Onthou, wees die beste oupa en ouma wat jy kan wees.
Dit beteken nie materiële geskenke nie,
maar onthou-geskenke, omgee-drukkies en
ore wat aandagtig luister sonder kritiek.
Geniet jou kleinkinders!

No comments:
Post a Comment