Twee oudstryders sit in die ouetehuis en dink aan vergange se dae. Die oudste een vertel hoe hy en sy ouer broer tydens die Anglo-Boereoorlog in 'n skermutseling met die Engelse beland het.
Hulle het in 'n loopgraaf gelê toe broer Jan raakgeskiet word. Hy het gou gesien broer Jan sou dit nie maak as hy nie dringend hulp kry nie. Maar hulle was baie gelukkig. Daar was 'n dokter saam in die loopgraaf.
Die dokter het dadelik gesien die saak is dringend, maar daar was nie 'n hospitaal naby nie.
Gelukkig kry die dokter 'n blink plan. Vlak by hulle het 'n paar wildsbokkies gewei. Die dokter sê toe die krygers moet een gaan skiet. Dit word gedoen. Die dokter sny die bok versigtig oop, haal sy ingewande uit en plant dit oor in broer Jan.
"Man jy sal my nie glo nie," vertel die oudstryder. "'n Paar weke later was Jan volkome genees. En presies vier maande ná die oorplanting, toe lam broer Jan."
[Bron: Finansies & Tegniek, 9 Augustus 1996]

No comments:
Post a Comment