Monday, 12 January 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Dra 2026 aan die Here op

Here my God, leer my luister met my hart wanneer ek my oë in U teenwoordigheid sluit. Sluit dan ook die oë van my gees en laat my luister vir die sagste fluistering van u stem ... Laat my reageer soos U dit van my verwag. Laat U wil in 2026 my rig.  Leer my om minder versoeke tot U te rig en te vertrou dat U wil vir my baie beter sal wees as my drome. Here, leer my om U blindelings te vertrou en te volg. Al wat ek vra is u volmaakte wil ... Amen

[Marcia Smith] 

No comments:

Post a Comment