Saturday, 24 January 2026

Saterdaglagmedisyne - Jare terug ...

Lag 'n bietjie saam met die lesers van Huisgenoot, 12 Julie 1979. Hierdie was die eerste vier grappies op bl 104.

In daardie jare het 'n ene Piet King altyd 'n storie vertel onder die opskrif GLO MY VRY. Kan julle dit nog onthou?

* Sy masker
Instrukteur van 'n noodhulpklas: "Hoekom dink julle dra 'n dokter 'n masker terwyl hy opereer?"
Student: "Sodat, indien hy 'n fout gegaan het, die pasiënt nie sal weet wie hy is nie."

Wie's daar?
KLOP-KLOP!
Wie's daar?
Anna.
Anna wie?
Anna dag, nie nou nie.

* Hoekom?
Werkgewer aan nuwe werknemer:
"Jy moes agtuur hier gewees het!"
Werknemer: "Hoekom dan? Wat het hier gebeur?"

* Boodskap
Werkgewer aan tikster: "Maar mens, dié boodskap kan ek glad nie lees nie!"
Tikster: "Die man wat opgebel het, het só onduidelik gepraat."

No comments:

Post a Comment