Ek het vir julle die bloed gegee om daarmee versoening te doen vir julle sondes. Bloed verteenwoordig lewe en dit bring versoening ... Julle mag nooit bloed eet of drink nie.
Die Ou Testament, is 'n skadubeeld van die Nuwe Testament; soos die bloed van diere jaarliks, versoening tussen mens en God gebring het, het God, se eie Seun, eenmalig versoening tussen die mens en God gebring.
God het duidelik aan die Israeliete gesê wat die bloed verteenwoordig - lewe en versoening.
Jesus het vir jou lewe gebring en versoening.
Die lewe is in die bloed (vers 14).
Jou nuwe lewe is in die bloed van Jesus.
Daarom die gebruik van die nagmaal, om ons te herinner aan die bloed van Jesus, wat ons gereinig het.
Dankie Jesus, ewige Priester en Koning in my lewe. Ek sal nie in die ewige dood ingaan nie, want Jesus, U, het vir my die ewige lewe met u bloed gegee. My redding is in Christus wat in my is, en ek loof U tot in ewigheid. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:
Post a Comment