Help my om U gehoorsaam te volg waar U mag lei.
Om plooibare klei te wees in u pottebakkershande sodat U my lewe kan vorm tot u eer.
Om sensitief te wees om u stem te hoor sodat as U roep ek steeds sal sê: "Hier is ek, Here, stuur my!"
Om op u aandrang uit te vaar na die diep waters sodat ek elke dag 'n bietjie geestelik sal groei tot volwassenheid.
Om lief te hê, omdat ek u kind is en u liefde is en die wêreld deur my liefde sal weet dat ek Ú kind is.
Om getrou te wees in groot en klein dingetjies sodat ek die kroon van die lewe uit u hand mag ontvang.
Getrou is in my Bybelstudie en gebed;
getrou in my getuienis en barmhartigheidsdiens;
getrou aan my kerk en bo alles getrou aan Ú, my Verlosser en Saligmaker.
Hy maak in die stryd ons moedig,
Hý lei ons op die regte pad.
Nooit sal teenspoed ons ontmoedig;
Jesus het ons hand gevat.
Loof die Here, loof blymoedig!
Halleluja! Amen! (Ges. 188:3)
Hy maak in die stryd ons moedig,
Hý lei ons op die regte pad.
Nooit sal teenspoed ons ontmoedig;
Jesus het ons hand gevat.
Loof die Here, loof blymoedig!
Halleluja! Amen! (Ges. 188:3)

No comments:
Post a Comment