Friday, 16 January 2026

Gedig: Bitterbessie dagbreek

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
ʼn spieël het gebreek
tussen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son

© 1961, Ingrid Jonker Trust
From: Rook en Oker
Publisher: Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1963

Bron: Klik HIER.

No comments:

Post a Comment