Sunday 4 October 2020

Optelwoorde - Koos van der Merwe

tussen dwaaldistels en doringspore
in die soekloop op die verwegpad
soos genadelig lê daar optelwoorde
wat ‘n wegloopsiel weer huis toe kan vat
optelwoorde
vir ‘n valkind
optelwoorde
wat verloormense vind
in die skaduweelaagtes
diep gaan haal
en huis toe bring
na die optelkraal

[Bron: opmymanier]

No comments:

Post a Comment