Saturday 3 October 2020

As ek oud word ...

As ek oud word O Heer, maak my minsaam en lief
As alles te swaar word en so vol ongerief
As dit skyn of mense nie meer omgee vir my
As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my bly.

As my liggaamskragte elke dag verswak
As alles te swaar word en so vol ongerief
As dit skyn dat mense nie omgee vir my
As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my wees.

As ek my kwel en bekommer oor elke klein saak
As alles my steur en alles my raak
As ek dan vir ander tot las voel, o Heer
As ek dan tot U kom, troos my tog teer.

As die jare verbygaan so een vir een
As ek stil in my kamer soms sit en ween
As ek my hart voor U blootlê, o Heer
As ek so tot U kom, help my tog weer.

As ek miskien binnekort die doodsdal deurgaan
As ek eersdaags miskien voor U troon sal moet staan
As ek dan voor U kniel met bewing en vrees
Laat die bloed van Jesus my beskerming wees.

[Skrywer onbekend]

No comments:

Post a Comment