Sunday 15 January 2023

Gedagte vir die week: Nuwejaarswense

Ons is so halfpad deur die eerste maand van 2023. Sommige mense handhaaf nog dieselfde tempo as in 2022, party het 'n blaaskans gevat en ander het besluit om rustiger te wees. Van hulle wat die pas markeer het, het oor al die wense vir die nuwe jaar gedink.

Dankie vir A Esterhuyse vir hierdie waarneming ...  

Baie nuwejaarswense verwag van ons Job se geduld, Salomo se wysheid en Paulus se ywer. Kom ons vermy en skram weg van Eva se ongehoorsaamheid, Kain se jaloesie en bloedlus, Noag se dronkenskap, Jakob se skelmstreke, Aäron se afgodsverleiding, Jona se opdragontduiking, Simson se brandstigting, Saul se haatdraendheid, Dawid se wellustigheid en beplande moord, Herodus se kindermishandeling, Judas se geldgierigheid, Petrus se waarheidsontkenning en Pilatus se korrupte wetstoepassing.

Wat 'n wonderlike en aangename jaar sal 2023 nie wees nie?

No comments:

Post a Comment