Tuesday 24 January 2023

Dinsdag-denke: Ons het mekaar nodig

'n Muis het 'n muisval in die plaashuis opgemerk.

Ontsteld het hy na sy vriende gehardloop en hulle vertel. 
Die hoender het gesê, 'Jammer maat, nie my probleem nie.' 
Die vark het gesê, 'Ek bid vir jou.' 
Die bees was besig en het gesê hy moet later terugkom. 

Die arme muis moes maar alleen die probleem aanpak. Daardie nag het 'n giftige slang in die huis gekom en die boervrou gepik. Sy het 'n hewige koors ontwikkel. Soos almal weet, is hoendersop goed vir koors. Die boer het dus die hoender geslag. Sy vrou se toestand het bly versleg en die boer moes ook die vark slag om die bure, wat op die plaas byeengekom het, te voed. Oplaas is sy vrou oorlede en die boer moes noodgedwonge ook die bees slag om aan die begrafnisgangers kos te verskaf. 

Almal het dus op die ou einde verloor! 

[Oorgeneem]

No comments:

Post a Comment