Wednesday 26 June 2024

Oomblik van stilte: Psalm

Ps. 7:12
God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.

Almal moet dit weet dat die mooi prentjies wat gereeld gewys word van God of van Jesus is nie altyd die waarheid nie. God is elke dag, elke sekonde kwaad oor die sonde en ongeregtigheid van die mens. 

Daarom het sy Seun al die ongeregtigheid uitgewis, deur ons met sy bloed te reinig en sy genade gegee, dat God ons nie vernietig nie. Tog het God die mens laat heers oor die werke van sy hande; U het alles onder sy voete gestel. (vers. 8) O Here, onse Here, hoe heerlik is U Naam op die ganse aarde. (Ps. 8:2)
Die Here is regverdig; Hy het die geregtigheid lief; die opregtes sal sy aangesig sien. (Ps. 11:7)

Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel: die getuienis van die Here is gewis: dit gee getuienis aan die eenvoudige. (Ps. 19:8). Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. (Ps. 19:14). Laat die woorde van my mond en die oordenkinge van my hart welbehaaglik wees voor U aangesig, o Here, my rots en my verlosser! (Ps. 19:15) Amen.

Ps. 9:2: Ek wil die Here loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel. (Ps. 9:3) in U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste. (Ps. 9:10) So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. (Ps. 9:11) En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U, die wat U soek, nie verlaat nie o Here! Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment