Tuesday 4 June 2024

Dinsdag-denke: Alexander die Grote se begrafnisreëlings

‘n Waardevolle les kan geleer word by die laaste wense van Alexander die Grote. Op sy sterfbed het Alexander die Grote van sy weermag-generaals geroep en sy begrafnisreëlings met hulle bevestig.

1. Net die slimste en beroemste dokters moet my kis dra.

2. Die skatte wat ek bymekaar gemaak het, dis die goud en silwer en edelgesteentes en kontant moet agter die stoet op die grond versprei word op pad na die begraafplaas.

3. My hande moet los hang buite die kis vir almal om te sien.

Een van die generaals wat baie na aan Alexander die Grote was, het verstom geluister na hierdie man se laaste wense en nadat hy alles neergeskryf het, het hy nader aan die sterfbed beweeg en hom toe gevra of hy nie asseblief hierdie vreemde versoeke aan hulle wil verduideilik nie ... En dis wat Alexander die Grote vir hulle gesê het ...

1. Ek wil hê al hierdie groot en beroemde dokters moet my kis dra om aan almal te wys dat as die dood nader kom en dit jou tyd is om te gaan, is selfs die grootste en slimste en beroemste dokter magteloos.

2. Ek wil al my skatte versprei hê, sodat almal kan sien dat dit wat ons op aarde bymekaar gemaak het, na die dood hier op aarde bly. Jy kan niks saam met jou vat nie.

3. Ek wil hê my hande moet los hang sodat almal sal verstaan dat jy gebore word met leë hande, en wanneer jy sterf is jou hande ook leeg.

Jou kosbaarste besitting is uitgeput ... en dit is tyd. 

Ons neem niks na ons graf nie, ons kan altyd meer skatte bymekaar maak op aarde, maar nooit meer tyd nie. Wanneer ons iemand ‘n gedeelte van ons tyd gee dan gee ons ‘n gedeelte van ons lewe en ons sal dit nooit weer kan terugneem nie. Jou tyd is jou lewe.

Mag die Here jou genoeg tyd gee om hierdie kosbare geskenk te deel met jou gesin, jou geliefdes en jou vriende.

Gebruik elke minuut van jou tyd, dis kosbaar en dis deel van jou lewe.

Die lewensklok word net eenkeer opgewen. Niemand weet wanneer daardie wysers tot stilstand gaan kom nie. Sommige mense se wysers kom vroeër as ander tot stilstand. Gebruik van jou tyd om iets vir GOD of jou medemens te doen.

[Nog kosbare stories HIER]

No comments:

Post a Comment