Tuesday 4 June 2024

Terugflits: Raak ontslae van die winterkwale

Jy word met 'n dik kop en krapperige keel wakker. Jy is moedeloos ... die somer is hier en jy kan die verkoue en griep net nie afgeskud kry nie.

Die oplossing lê by jou immuunstelsel. Die immuunstelsel is die liggaam se natuurlike verweer teen siektes. As hy verswak, kan hy nie die aanslae van kieme en bakterieë afweer nie en jy word siek.

Verswakte en oorlaaide immuunstelsels is vandag 'n algemene verskynsel. Ons leefstyl en omgewing het só verander dat ons gestel deesdae sukkel om by te bly. Ons stresvlakke is hoog, die lug wat ons inasem is vol uitlaat- en ander gifgasse en ons water is dikwels besoedel met metale, hormone en gifstowwe waarmee ons landbougrond behandel word. 'n Ongesonde leefstyl insluitend ongesond eet en aanhoudende gebruik van antibiotika, takel ook die gestel af. As jou immuunstelsel nie behoorlik funksioneer nie, gaan jy ook sukkel om gewig te verloor. Trouens, dit kan selfs veroorsaak dat jy gewig optel omdat dit tot 'n wanbalans in die biochemiese samestelling van die liggaam kan lei en veroorsaak dat jy aanhoudend wil peusel.

'n Swak immuunstelsel laat jou nie net met onvoldoende beskerming teen kieme nie, dit hou ook die risiko in dat jy 'n hele rits outo-immuunsiektes kan ontwikkel ... soos artritis, hartsiektes, kanker, asma, suikersiekte, hoë bloeddruk, hoë cholesterol en jappiegriep.

Dié siektes ontstaan wanneer die immuunstelsel so oorlaai word dat dit deurmekaar raak, sy eie selle en weefsel as indringers aansien en dit begin aanval en vernietig. Verskillende dele van die liggaam kan die teiken word. By artritis byvoorbeeld, is dit die gewrigte. Jou weerstand verswak ook geleidelik met ouderdom, terwyl oorerwing ook 'n rol speel.

Vrye radikale (oksidante) is ons grootste vyand want dit plaas die meeste druk op ons immuunstelsel en verhaas ook veroudering.

Vrye radikale is natuurlike afvalprodukte wat gedurende daaglikse liggaamsfunksies soos die vertering van voedsel en asemhaling afgeskei word. Die liggaam word boonop blootgestel aan vrye radikale soos sigaretrook, uitlaatgasse en ander gifstowwe wat in die omgewing voorkom.

Al kan jy nie self al die faktore beheer wat die immuunstelsel knou nie, kan jy so baie doen om jou gesondheid te verbeter. 'n Gesonde dieet is een van die doeltreffednste maniere om dit weer op te bou.

Sekere voedingstowwe, wat antioksidante genoem word, help die liggaam om die vernietigingswerk van vrye radikale te beperk en vitamiene wat ingeneem word, optimaal te benut. Antioksidante kom in vrugte, groente en graanprodukte voor.

Maar, ongelukkig eet min mense vandag genoeg groente en vrugte en selfs al eet jy hóé gesond, neem jy waarskynlik nie genoeg antioksidante in nie, want baie voedingstowwe gaan verlore voordat die kos op jou bord beland. Voedselaanvullings is dus die antwoord en in dié opsig is Procydin een van die doeltreffendste maniere om jou immuunstelsel te help versterk.

[Bron: Klasgids 37:1, Februarie 2002, bl. 7]       

No comments:

Post a Comment