Sunday 9 June 2024

Oomblik van stilte: Hand. 3:16

En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal

Mense en jyself, ken jou met jou gebreke en tekortkominge; jy twyfel dat jy oorwinning kan behaal oor jou probleme. Dit is juis waar die krag van Jesus mense onkant betrap. Almal aanvaar dat sekere dinge normaal is en nie kan verander nie. Mense jaag Jesus weg as Hy Legio die varke laat invaar. Dit was by hulle 'n vaste instelling. Mense verwerp Hom as hy op die Sabbat mense gesond maak. Mense verwerp Hom as Hy verklaar Hy kom van sy Vader.

Jesus verander almal se gelowe en dit ontstel hulle. Jesus roep jou vandag en jaag alles uit wat onrein is. Hy heilig en reinig jou en was al jou sondes weg.

Dankie Here, U het my lewe kom verander. U het my tot bekering laat kom. U het al die vuil uit my lewe weggejaag. U het my in wedergeboorte ontvang. Ek is nuut in Jesus Naam. Ek het nou U Heilige Gees in my en ek aanbid U Seun van God. U naam reinig en heilig my. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment