Sunday 23 June 2024

Oomblik van stilte: Fil 4:7

En die vrede van God, wat elke verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. 

Die vredevors se vrede is nie die wêreld se vrede nie, dit is veel meer. Bou 'n vriendskapsband met jou Vader, sodat jy al jou begeertes in gebed en smeking en met danksegging met Hom kan deel. 

Die vrede in jou sal groei, omdat sy Gees meer en meer in jou sal word.
God se vrede is nie 'n wêreldse vrede wat materialisties van aard is nie, maar sy vrede is 'n vrug van sy Gees, wat in jou groei soos wat jy God meer en meer vertrou in jou lewe.

Dankie Here, vir u Heilige Gees wat my leer en herinner aan u goedheid en barmhartigheid wat my rustig maak elke dag. U vrede word deur u Heilige Gees aangesteek en brand in my, al die onrus van die wêreld se probleme uit. Ek loof U Here, vir die vrede in my hart wat deur die Heilige Gees gevoed word. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment