Wednesday, 26 November 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Geleende kind

"Ek sal aan jou vir 'n kort tydjies een van my kinders leen," het Hy gesê.

"Om hom lief te hê, solank hy lewe en te rou wanneer hy dood is.
Miskien is dit vir 6 of 7 jaar of 22 of 23,
maar sal jy, totdat Ek hom terugroep, hom mooi oppas vir my?
Hy sal vir jou geluk bring en as sy bly by jou van korte duur is,
sal daar vir jou mooi herinneringe wees as troos in jou hartseer.
Ek kan nie belowe dat hy lank sal bly nie,
want almal moet van die aarde terugkeer.
Maar daar is waarhede op die aarde wat hierdie kind van my moet leer
Die wêreld deur het Ek gesoek na ware opregte leermeester 
en uit die menigte wat in die lewensry was - het ek julle uitverkies.
Sal jy asseblief vir hom al jou liefde gee?
En moenie my haat as Ek hom kom haal om terug te kom na my toe nie.
Ek verbeel my Ek hoor julle sê: 'Liewe Heer, u wil geskied.
Vir al die liefde en vreugde wat u kind ons sal bied,
sal ons die risiko loop van hartseer wat kan kom.
Ons sal hom met teerheid bewaar.
Ons sal hom liefhê solank ons mag.
En vir die geluk wat ons saam ken,
sal ons vir ewig dankbaar bly.
Maar as die engele hom kom haal,
gouer as wat ons beplan het,
sal ons moedig die droefheid dra en probeer verstaan.'"

Monday, 24 November 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Goedheid en guns

Hemelse VADER, ek BID ek spesiaal vir die KOSBARE mens wat nou hier lees. Ons het nou saam ‘n AFSPRAAK met die Lewende GOD. Hou asseblief hierdie persoon STYF VAS, HERE. Dankie vir U GOEDHEID en GUNS oor al die jare. Dankie vir U troue LIEFDE, U VERSORGING en VERTROOSTING. U is ons REDDER en KONING. U is ons beste VRIEND en VADER ... ons ADVOKAAT en VOORSPRAAK. Dankie JESUS dat U ons DRA wanneer ons te SWAK is om self verder te loop. Al is ons ook soms ontrou, U is altyd GETROU. Ons voel so VEILIG in U sterk arms. Ons het U opreg LIEF, JESUS. Bederf asseblief hierdie kosbare mens met U asemrowende GOEDHEID en GUNS. EK aanvaar volle verantwoordelikheid vir jou SORG en BESKERMING, sê die HERE. Jou GENESING, vrede en kalmte. Ek is jou VADER vir EWIG. Dankie, JESUS. Amen.

[Bron: Internet]

Sunday, 23 November 2025

Oomblik van stilte: Spreuke 15:13 (OV)

'n Vrolike hart maak die aangesig bly.  

Heer van my hart, hóé bly maak dit my om te weet dat U léwe, en dat Ú liefde en blydskap áltyd daar is vir my. Dit is bínne-ín my - 'n nimmereindigende fontein om net uit-te-skep én nogmaals uit-te-skep.
Ú maak my hart vrólik en blý, Heer, en in my gesprekke met andere, deur my woorde en in my dade gaan ek Ú blýdskap so diep in my hart, oordra aan élkeen met wie ek te doen mag kry. Met woorde wat ophéf en seën, Ú woorde Heer, gaan ek vandag 'n báken van lig wees so ver ek gaan. Vandag is ek 'n advertensie van u koninkryk.

Maar, dierbare Heer, ek weet daar gáán tye kom wat ek nie só gelukkig gaan wees oor iets wat mag gebeur nie, en vir 'n rukkie mag dit dan voel asof die lied in my hart stil geword het. Maar dan word ek stil voor U. Stil gaan ek my díépste héíligdom van krág binne, en dáár gee ek álles wat die vrolikheid in my demp nét so oor aan Ú, my Hémelse Vader, en ek sal dáár bly tot my hart wéér 'n vrólike lied begin sing om U prágtige Naam gróót te maak.

Já, kosbare Heer, ek het 'n vrólike hart wat deur álles heen sing. 'n Vrolike hart omdat ek vir U kén op ÁL my weë - en dit maak my aangesig onbeskryflik bly!
.
Gebed: Dánkie, liefdevolle Heer, dat Ú in my hart woon, want dít is die rede waarom ek 'n vrolike hart het wat net gedúrig vir U wil psálmsing. Dánkie dat U my uitverkies het en dankie dat ek weet dat U reeds die pad vir my voorberei het, Jesus. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 22 November 2025

Saterdaglagmedisyne


There was once an old man whose family couldn’t take care of him any longer.

Because of that, the family had decided that a nursing home would be the best solution for the grumpy old man. Of course he directly rejected the idea, but his family stood firm and persuaded him it was the best solution for him.

The first day at the nursing home, the grumpy old man spent most of the time laying in his bed reflecting on his life so far and started feeling very lonely. After a while, an orderly stopped by to see how the grumpy old man was doing on his first day in the home.

“How are you doing today sir?” she asked the grumpy old man, “I see this is your first day with us.” The grumpy old man replied with a nod.

In no time the two began talking up a storm. And as the conversation continued, the orderly saw that the room was filled with fresh flowers, cards and balloons from friends and family. She also noticed a bowl full of shelled peanuts standing on top of the table that was next to the bed, and she helped herself to a handful of them.

As the two continued talking with each other, the orderly kept eating more and more of the peanuts. After a while, she looked at her watch and noticed that nearly two hours had passed since she started talking with the grumpy old man. “Oh my goodness,” she said, “Time has gone by, we’ve been talking for 2 hours. I really have to tend to other people at home, too.”

“Of course, it’s okay,” said the grumpy old man, “I feel way better now, now I have been able to talk to someone else besides myself.” After having a look at the bowl of peanuts the orderly said, “Now I really feel awful! I almost finished the whole bowl of peanuts!”

"Awww, that’s okay young lady,” rasped the grumpy old man. “I really don’t even like peanuts,” he said.

“I just like to suck the chocolate off ’em."

Edit: gender of the orderly corrected near the end of the joke.

Friday, 21 November 2025

Vrydag-flits: Iets om aan te herkou

Diegene wat hul hoop alleen op
goeie werke en dade vestig,
probeer om met 'n mensgemaakte
leer in die hemel in te klim.

Thursday, 20 November 2025

Ouma se wenke: Eierwenke

* As jy koek bak en jy het dalk te min of geen eiers nie, gebruik asyn en koeksoda. 1 teelepel asyn en 1 teelepel koeksoda is die ekwivalent van 1 eier. Hierdie is 'n handige wenk as jy 'n cholesterolvrye dieet volg.
* Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel bo-oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.
* Om te verhoed dat die eierwit die hele pan volloop, kan jy die eiers vir een minuut in kookwater laat staan, voordat jy dit oopbreek in pan om te bak.
* Sny hardgekookte eiers deur met 'n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie. 
* Bêre eiergeel in ‘n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ‘n skil vorm. Gebruik binne vier dae.
* Geklitste eiers met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
* Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, dit sal ontplof.
Ek loop solank op eiers tot volgende week.

Monday, 17 November 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Berusting

Here, ek bid vandag dat U elkeen berusting sal gee wat deur ‘n moeilike tyd gaan ‬‬en dalk 'n klomp onbeantwoorde vrae in hulle gemoed het - vrae oor hulle omstandighede of dalk die afsterwe van iemand na aan hulle. Here, ons ken net ten dele, maar ons vertroue is in U en ons weet dat ons eendag alles sal verstaan. Dankie dat U altyd daar is in maklike, maar veral in moeilike dae. In Jesus naam. Amen.

Sunday, 16 November 2025

Oomblik van stilte: Luk. 24:39 + 43 + 51

Kyk na My hande en voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bloed nie.
En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem. 

Hierdie Jesus, die Messias, die Seun van God het vir jou gesterf; aanskou en voel, sê Hy vir sy dissipels en Hy eet voor hulle.
Hy is nie Gees nie, maar vlees, wat in die hemel voor hulle oë opgeneem is, terwyl Hy hulle seën.
Hierdie Jesus het die Heilige Gees vir jou gestuur om jou te leer en te lei in waarheid en in Gees.
Hy was vir jou bedroef sodat jy in vreugde kan leef; Hy was vir jou benoud sodat jy in vrede kan leef; Hy was vir jou met rieme uitgetrek, sodat jy genees kan word; Hy het vir jou gesterf sodat jy kan leef tot in ewigheid, Hy het met sy bloed vir jou sondes betaal en jou gereinig, sodat jy vlekkeloos voor God kan staan in die poorte van die koninkryk van die Vader en saam met Christus in hemelse plekke kan sit.
God het jou met sy guns geseën en Hy berei vir jou 'n plek voor, waarna Hy jou kom haal om saam met Hom te wees.

Dankie, Jesus, dat U die vlees oorwin het. U het vir my u oorwinning gegee in u Heilige Naam. Ek staan vreesloos en aanskou die aanvalle van Satan wat niks teen my kan uitrig nie. U liefde is my toekoms. My lewe is Christus en die dood is 'n wins. Ek is geseënd, soos Job gesê het; Die Here gee en die Here neem, geloofd sy die Here. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 15 November 2025

Saterdaglagmedisyne - Oom Willem en oom Danie


Twee senior burgers sit op die aftreeoord se stoep en ruil stories en kwinkslae uit. 

* Oom Danie besluit dat reëls op sy ou dag nie so lekker afgaan nie. Hy bel die eiendomsagent en reël 'n afspraak om na woonstelle te gaan kyk. Hy hou sommer dadelik van die eerste woonstel wat vir hom gewys is en die huur klink ook nie buitensporig nie. Iewers moet daar 'n kinkel in die kabel wees. Hy bevraagteken die klompie onnatuurlike vlekmerkies teen die plafon.
"O," sê die agent, "die vorige bewoner was 'n uitvinder wat met gevaarlike chemikalieë geëksperimenteer het."
Oom Danie: "Daardie vlekkies moet dan chemikalieë wees?"
Agent: "Nee, dit is die uitvinder."

* Toe Kimberley nog bioskope gehad het, is daar 'n opname gedoen oor die geweld wat daar deesdae in flieks is.  
Vraagsteller: "Oom, wat dink Oom van die geweld in die bioskope vandag?"
Oom Danie (dink so 'n bietjie): "Wel, ek sit gewoonlik heel aan die anderkant kant en dus let ek nie op wat die res van die fliekgangers doen nie ..."  

* Daar mos 'n begrafnis gehou word, maar daar was geen predikant te vinde nie, aangesien hulle almal by die sinode was. Die plaaslike afslaer word toe gevra om uit te help. Hy is heel gewillig om die diens waar te neem.
Hy begin toe ook: "Broers en susters, ons sal begin deur te sing van Psalm 146 vers 3. Wie sê vers 4? Wie sê 4? Wie sê 4?"

Friday, 14 November 2025

Gedig: Die storm in jou oë

Hierdie gedig van Elsabe van der Westhuizen, vertel die verhaal van sovele mense. 
Mag jou storm ook so eindig soos hierdie een in die gedig. 

Die storms teken prentjies in jou hartseer oë
Jy beur vorentoe teen die wind geboë

Terwyl die storm reën jou oë wasig maak van trane
Loop jy alleen in modderbane

Jy trek jou spanningsjas styf teen jou nat gekreukelde lyf
Terwyl die storm jou vorentoe dryf

Die prentjies vertel stories van hartseer en verdriet
Was elke tree in die lewe dan verniet

Vallend, strompelend, beur die krom gestalte voort
Rigting maak nie meer saak, sy voel verstoot

Sy val op haar knieë, sak diep in ’n modderpoel
Sy draai haar versadigde deurdrenkte lyf in ’n bolletjie rond

Lê in die modder van haar seerkry-grond
Sy merk nie eers dat hemel besig is om oop te skuif
Al wat sy voel die koue wat kleef aan haar verwese lyf

Sy is net bewus van die dood wat diep in haar wese sink
En haar siel wat in die storm reën se poele verdrink

Tussen die gedruis van wind en reën
Hoor sy ’n fluistering in die wind se ween
Staan op, my lieflingskind,
Ek ken jou storie
Moenie dat storms jou moed laat verloor nie
Met elke storm waarin jy jou ook al bevind
Trek Ek jou nader aan My, my koningskind

Dan neem jou storie ’n interessante wending aan
Toe my oë joune ontmoet waar ons staan
Die storm in jou oë word weggedryf, ek sien die krag
Ek weet die storm is besig om te wyk voor ’n sterker mag
Liefde het jou omarm, sonskyn maak jou oë sag
Plooitjies vorm om jou oë terwyl dit sagkens na buite lag
Waar ek nou in die vensters van jou siel staar voel ek bly
Sien ek ’n gelukkige einde.
Die storm is nou verby.

-Elsabe van der Westhuizen-

[Klik HIER vir die oorspronklike.]

Thursday, 13 November 2025

Ouma se wenke: Peperinligting

* Groen peperkorrels is onryp peperbessies. Hulle smaak is nie so skerp nie en is in botteltjies verkrygbaar.
* Swart peperkorrels is die onryp peperbessie wat gefermenteerd is en dan gedroog is. Swart peper is geuriger as wit peper.
* Wit peper kom van die gedroogde kern van die swart peperkorrel en is skerper as swart peper.
* Rooi peperkorrels is eintlik glad nie peper nie, maar 'n bessie van 'n Suid-Amerikaanse boom. Rooi peper word eintlik net gebruik vir sy aantreklike kleur. Die geur en smaak van peper is op sy beste as dit pas gemaal is. 

Tuesday, 11 November 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Nooit te oud ...

Mnr. Meeding en past. Jones
Toe mnr. HP Meeding van Ruyterwacht op 17 April 1985 sy 72ste verjaardag vier, het hy gewonder wat hy op daardie geseënde ouderdom vir die Here kan doen. 

Hy het te hore gekom van die ernstige nood aan Bybels en hy het besluit dat dit sy nuwe taak gaan wees. Met die Bybelgenootskap se bekende Bybelbussie het hy sy insamelingaksie gedurende September 1985 begin. Teen Februarie 1986 het hy sy 17e bussie direk aan past. CS Jones van die Bybelgenootskap oorhandig. 

Mnr. Meeding is vasbeslote om deur die Here se genade voort te gaan met hierdie aksie. Mag die ywer vir die werk van die Here baie ander aanmoedig om te werk terwyl dit nog dag is, voordat die nag kom wanneer niemand kan werk nie. (Joh. 9:4)

Ds. Boshoff en me. Marais
Die negentigjarige mej. Trudie Marais van Huis Utopia in Stellenbosch het 'n bedrag uit haar spaarrekening aan die Bybelgenootskap oorhandig vir die produksieprogram, nadat sy in Die Kerkbode gelees het van die besnoeiing wat sal moet plaasvind weens 'n gebrek aan fondse. Dit was haar bydrae om te verseker dat die Woord selfs in hierdie moeilike tye nog beskikbaar is teen 'n prys wat almal kan bekostig.

Sy werk tot laat snags aan die seëls wat sy ingesamel het, soms tot twee-uur in die nag om die seëls skoon te maak en voor te berei voordat sy dit vir Bybelgenootskap stuur.

Hierdie artikel het 41 jaar terug in Die Saaier Lente 1986 (Die tydskrif van die Bybelgenootskap) verskyn. Dit is vandag nog net so relevant. 

Wat doen ek as senior burger, pensioenaris en inwoner van 'n aftreeoord vir die Here? Of is ek te oud?

Uit die Groot Karoo: Schalk se lewensnippers

Monday, 10 November 2025

Dankie, November-engele!!


'n Groot ONS HUIS-dankie vir elkeen van julle wat Saterdag BYGEDRA het tot die hoogtepunt in ons week. Dankie vir die lag, die bingo-pret, die heerlike pryse en versnapperings wat nie ongesiens verbygaan nie. Julle is vir ons KOSBAAR en ons sien uit na die volgende kuiertjie! 
VREUGDE vir julle week!

November-engelebesoek


Foto's: Millie Mouton

Vandag se internetgebed vir jou:

Here, God, ons dank U vanoggend vir die verlossing wat U vir ons geskenk het deur Jesus Christus, ons Verlosser en Saligmaker, vir die lig waarmee Hy ons lewe seën, vir die waarhede waarmee U Woord ons verryk, vir die vreugde wat ons ontvang deur in gebed met U te praat.
 
Dankie vir die hoop wat U in ons harte weglê vir vandag en vir die dag van môre. U reg en geregtigheid is van dag tot dag en van geslag tot geslag onveranderlik. U teenwoordigheid is die fondament waarop ons, ons hoop met sekerheid kan bou.
 
Ons dank U vir die seën op ons geestelike groei wat deur die Heilige Gees moontlik word. Ons laat rus ons lewe in U seën, liefde en bewaring, oortuig daarvan dat, met U seën, alles wel is. Geloof Sy die Here, dag na dag dra U ons. Vergewe ons ons sondes en lei ons vandag weer in geregtigheid. Amen.

[Aangestuur]

Sunday, 9 November 2025

Van 'n ouer aan 'n kind!

Ek het jou die lewe gegee, 
maar ek kan dit nie vir jou lewe nie.

Ek kan jou dinge leer, 
maar ek kan jou dit nie maak leer nie.

Ek kan jou probeer rigting gee, 
maar ek is nie daar om jou te lei nie.

Ek kan jou vryheid toelaat, 
maar ek kan nie daarvoor verantwoording doen nie.

Ek kan jou kerk toe neem, 
maar ek kan jou nie maak glo nie.

Ek kan jou leer onderskei tussen reg en verkeerd, 
maar ek kan nie vir jou besluit nie.

Ek kan vir jou mooi klere koop, 
maar ek kan jou nie van binne mooi maak nie.

Ek kan jou raad gee, 
maar ek kan dit nie namens jou aanvaar nie.

Ek kan jou liefde gee, 
maar ek kan dit nie op jou afdwing nie.

Ek kan jou leer om mededeelsaam te wees, 
maar ek kan jou nie onselfsugtig maak nie.

Ek kan jou leer om respek te hê, 
maar ek kan jou nie dwing om eer te bewys nie.

Ek kan jou raad gee oor vriende, 
maar ek kan hulle nie vir jou kies nie.

Ek kan jou leer omtrent seks, 
maar ek kan jou nie rein hou nie.

Ek kan vir jou die feite van die lewe vertel, 
maar ek kan nie jou reputasie behou nie.

Ek kan jou vertel van drank, 
maar ek kan nie namens jou NEE sê nie.

Ek kan jou waarsku teen dwelms, 
maar ek kan nie verhoed dat jy hulle gebruik nie.

Ek kan jou vertel van hoë prestasies, maar ek kan hulle nie vir jou
bereik nie.

Ek kan jou vertel van goedheid, 
maar ek kan jou nie forseer om genadig te wees nie.

Ek kan jou waarsku omtrent sonde, 
maar ek kan nie jou standaarde stel nie.

Ek het jou lief as my kind, 
maar ek kan jou nie God se kind maak nie.

Ek kan vir jou bid, 
maar ek kan nie maak dat jy met God wandel nie.

Ek kan jou leer van Jesus, 
maar ek kan nie Jesus jou Koning maak nie.

Ek kan jou leer van die lewe, 
maar ek kan jou nie die Ewige Lewe gee nie.

[Onbekend]

Oomblik van stilte: Spr. 3:5 & 6

Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou insig nie.
Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.

Waarop vertrou jy, as benoudhede jou oorweldig? Wie vra jy eerste, om jou te help met raad en bystand?
Daar is sekere dinge wat jy kan doen, en of, nie kan doen nie. Beide kan gedoen, of probeer word, sonder om God te raadpleeg; dan steun jy op jou eie insigte en sal nie die seën van God ervaar nie.
Steun, of leun op God vir jou krag en insig, voordat jy met jou eie kragte probeer, al is jy goed daarin, of gewoond om dit vanself te doen.
Ken die Here, soek sy insig en wees nie wys in jou eie oë nie, sodat God jou paaie gelyk kan maak.

Here, ek erken dat U God is en dat u Seun, vir my gesterf het en my vrygemaak het. U Heilige Gees, gee my die krag en lyding, of wysheid, om die regte besluite te neem en my planne uit te voer. Ek neem besluite, maar U rig my voete in die regte rigting. Ek steun nou op U, om my te help met my take en pligte. Ek weet ek sal u genade vind en goeie insig in die oë van God. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]