Tuesday, 6 August 2024
Die Jaarlikse Yonder Hartsfees: Die ACVV en ADASA is daar!!
in die fees wat jou hart gaan steel!!!
HANDE BOU BANDE
Raak betrokke by die ACVV- en ADASA-stalletjie tydens die Yonder Hartsfees - dit is ons groot fondsinsamelingsprojek vir hierdie jaar. Kom kuier en kom werk lekker saam! Net 'n uur of twee gaan al 'n reuse verskil maak en daarna kan jy al die ander stalletjies besoek. Kontak Irma by 053 842 1141 tydens kantoorureOns het jou hulp nodig!
Labels:
ACVV,
ADASA,
Alzheimer's,
Dementia,
Fondsinsameling,
Hart,
Ouetehuis,
Yonder Hartsfees
Monday, 5 August 2024
Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 6 dag 1
- Miskien is dit nie toevallig dat hierdie uitdaging juis op hierdie tydstip van jou lewe kom nie
- Ervaar die verryking van gereelde Bybellees
- Hoor opnuut weer die Gees van die Here met jou persoonlik praat deur sy Woord
- 100 Bybelgedeeltes wat jou ‘n goeie oorsig oor Bybel as geheel bied
- Lees 5 dae per week
- 20 weke, dus 100 dae van lees
- Indien jy nog nie begin het nie, begin nóú deelneem aan die uitdaging. Aan die einde kan jy gedeeltes inhaal wat jy gemis het
- 100 ESSENSIËLE SKRIFGEDEELTES!
Sunday, 4 August 2024
'n Paar duppels kreatiewe petrol vir Augustusmaand
Die Engele het sommer vroeg-vroeg opgedaag met allerlei mandjies en houers vir Augustus se Saterdag-projek. Elke maand se aktiwiteit word al die week voor die betrokke Saterdag bespreek, want die Engelbesoeke is hoogtepunte in Ons Huis.
Klippe, verf, kwaste en versierings is Saterdag op die tafels uitgepak. Moontlikhede met klippe is oneindig. Vir die meeste van die kunstenaars-in-wording is dit egter 'n eerste keer wat hulle verf op klip sit en dit het aanleiding tot baie lag, kommentare en tergery gegee. Party het selfs daarin geslaag om die klippe te laat blom.
Net vir die interessantheid:
Gaan lees gerus DEUTERONOMIUM 27:4-8, daar staan geskrywe dat die wet duidelik leesbaar op die klippe geskryf moet word en in die Bybel vir almal lees ons dat die klippe geverf moet word - dus is die verf en skryf van klippe 'n baie ou gebruik.
Oomblik van stilte: Efesiërs 6:10
Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
Dit is wonderlik om te weet dat ons daagliks Sy sterkte en krag kan ondervind. Uiteindelik, het ons Sy krag in ons lewens uiters nodig. Mag Hy jou met krag en sterkte vul en jou sterk maak. As ons Sy krag as ‘n realiteit in ons lewens ken, kan ons enige uitdaging trotseer.
Gebed: Vader, ek ontvang U sterkte en magtige krag vandag in my lewe. Ek kies om te lewe in U krag en om nie op my eie krag staat te maak nie. Amen.
Gebed: Vader, ek ontvang U sterkte en magtige krag vandag in my lewe. Ek kies om te lewe in U krag en om nie op my eie krag staat te maak nie. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Esegiël,
Krag,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Gedig: Hoeveel?
Hoeveel druppels in 'n bui reën,
hoeveel sandkorrels op die bodem van die see,
hoeveel sterre skitter in die nag?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.
Hoeveel lyne op jou hand,
hoeveel grond op die boer se land,
hoeveel ligstrale gee die son elke dag?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.
Hoeveel sand in die Kalahari woestyn,
hoeveel erts in 'n steenkoolmyn,
hoeveel bloeisels dra 'n vrugteboom?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.
Hoeveel is Jesus' liefde vir jou?
Al hierdie dinge en nog vele meer.
Hy is opreg en getrou,
en Hy wag steeds op jou.
[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer]
Friday, 2 August 2024
Die Jaarlikse Yonder Hartsfees: ADASA en die ACVV is daar!!
Die fees wat jou hart gaan steel!!!
'n Bekende Afrikaanse spreekwoord lui:
Vele hande maak ligte werk!
En dit is net hier waar ons die vrymoedigheid neem om op die lesers se knoppie te druk. Ons benodig ekstra hande tydens hierdie fees. Indien enigeen sy of haar weg oopsien om vir 'n uur of twee uit te help, kontak Ons Huis by 053 842 1141 tydens kantoorure!
Ons wag vir jou oproep!
Labels:
ACVV,
ADASA,
Alzheimer's,
Dementia,
Fondsinsameling,
Hart,
Ouetehuis,
Yonder Hartsfees
Vrydag-terugflits: Groen hout kosbaar
Hierdie tyd van die jaar is dit tyd vir aanstellings doen.
Die afgelope twee weke slinger ek van die een onderhoud na die ander met die oog op aanstellings.
Wat my elke keer opval ná 'n sarsie onderhoude is die gesprek oor wat kies ons nou: Leer ons jong talent of kies 'n mens iemand met ervaring?
Ervaring kan nie gekoop of oornag aangeleer word nie, daarom wen ervaring in die meeste gevalle.
Hoe wonderlik die heel laaste onderhoud waar ek was.
Een van die skole waarvoor ons raadgewend optree, het 'n vrou wat 'n ewigheid en 'n dag in die betrokke pos was.
Nadat almal in die paneel, 'n hele groep van sewe, hulle uitgespreek het oor hoekom ervaring gekies moet word bo 'n jong talent wat alles nog moet aanleer, begin die vrou met haar waardevolle mening.
Sy hanteer dit soos volg: Geagte paneel, ek sit en luister na jul mening oor elkeen wat ons nou te woord gestaan het. Wonderlike mense met wonderlike CV's. Elkeen anders en elkeen uniek. Ons kies nie vir hulle in persoon nie en ons kies nie teen hulle in persoon nie. Ons soek iemand wat pas in 'n bepaalde pakkie, ons pakkie.
"Ek merk dat julle baie praat oor ervaring. Ervaring is kosbaar en ervaring is wonderlik. Maar ek is vandag dankbaar vir groen hout. Groen hout wat nog nie deur die meule van die lewe is nie, goen hout wat nog kan leer."
"Ek is dankbaar dat ons ook kon gesels met hulle wat nog moet groei en nog moet leer, wat nog moet vorm. Hulle wat nog idealisties is en dink hulle weet alles en kan alles, terwyl ons weet hulle kan nie alles nie en weet nie alles nie."
"Hoekom is julle bang vir die groen hout? Hoekom gee ons nie die groen hout in ons samelewing 'n kans nie? Ons kritiseer hulle, vrees hul tydsgees, bewonder hul andersheid, maar ons is te bang om hulle te laat groei onder ons en by ons. Ek kies vandag die groen hout. Ek is danbaar vir groen hout wat nog daar is."
Treffend, né?
[Bron: Noordkaap - Twyfelhoekie - Hannes Nöeth]
Thursday, 1 August 2024
Advertensie: Jacksons Pharmacy
You don’t have to worry, we at Jacksons Pharmacy are awake too and will gladly help you to feel better! Come visit us or if you not up to drive, feel free to use our free delivery service.
Address: 83B Long Street (Opposite Mercedes Benz dealer), make use of our ENTRANCE IN WEST STREET.
Contact: 062 979 0119 for any assistance!
Labels:
Advertensie,
Apteek,
Jacksons Pharmacy,
Siekte
Vrouemaand
Augustusmaand is Vrouemaand - daarom deel ek graag hierdie pragtige verwerking van Ps. 23 vir ons vroue
''Die Here is my Herder, ek sal géén hartseer vrees nie.
Hy droog my trane af, ja, ek is ewig Sy dogter-kind!
Wanneer ek, as vrou, die gevoel van 'alleen wees' ervaar, hou SY hande myne stewig vas.
Hy vertroetel en Hy vertroos my; met 'n oneindige Liefde wat net Hy vir my kan skenk.
Wanneer familie en vriende té ver is vir net gou-'n-drukkie-gee, sal Hy gereed staan, want wie is daar wat beter van my vrouwees weet?
En al gaan my lewe, of verhoudings, deur donker dae, sal Hy my altyd teen Sy boesem hou en daaraan herinner:
ek is EKSTRA spesiaal, want ek, EK is 'n vrou!''
Mag Ps. 23 vir jou vandag opnuut laat besef, God het ONS SO BAIE BAIE LIEF!
[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie Psalm met ons deel.]
Wednesday, 31 July 2024
Subscribe to:
Posts (Atom)










