Friday, 31 October 2025
Vrydag-flits: Vertrou op Jesus
'n Swaar las - trane.
'n Seer hart - en 'n bekommerde siel.
Is dit hoe jy voel?
Daar is Iemand wat kan help.
Skakel die HEER.
Telefoonnommer - Gebed.
Praat met HOM!
Vertel Hom alles.
As jy die foon neersit -
Vertrou op HOM
Hy het duidelik gehoor en
sal jou gebed beantwoord!
Is dit hoe jy voel?
Daar is Iemand wat kan help.
Skakel die HEER.
Telefoonnommer - Gebed.
Praat met HOM!
Vertel Hom alles.
As jy die foon neersit -
Vertrou op HOM
Hy het duidelik gehoor en
sal jou gebed beantwoord!
Thursday, 30 October 2025
Ouma se wenke: Bêrewenke vir medisyne
* Die meeste medisyne of vitamiene moet teen kamertemperatuur en in 'n droë plek weg van direkte sonlig gebêre word.
* As jy nie jou medisyne tot dusver behoorlik gebêre het nie, moet jy jou apteker vra of die medikasie nog bruikbaar is. Party bestanddele sal nie meer doeltreffend wees nie.
* Bêre medisyne buite bereik van kinders.
* Onthou om nie jou medisyne voor klein kindertjies te drink nie, want hulle kan jou dalk na-aap.
* Pille hou gewoonlik tussen twee tot vyf jaar - maak egter doodseker en kyk na die vervaldatum. Moenie pille drink wat al verby hul vervaldatum is nie.
* Oogdruppels hou tussen een en drie maande nadat jy dit oopgemaak het. Na hierdie tyd kan dit minder doeltreffend wees.
* Moenie ou medisyne in jou vuilgoedsak sit nie. Diere of kinders kan daarop afkom en die gevolge kan katastrofes wees.
* Die beste oplossing is om dit na jou apteker te neem.
Bitter in die mond maak die hart gesond!
Wednesday, 29 October 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Lewensles
* Voordat jy vandag iets negatief en afbrekends vir jou medemens te sê het - dink aan iemand wat stom is.
* Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos - dink aan diegene wat niks het om te eet nie.
* Voordat jy vandag kla oor 'n geliefde wat nie dink, sê en doen soos wat jy van hulle verwag nie - dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of 'n lewensmaat.
* Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel - onthou dat nie een van ons sonder tekortkominge is nie.
* Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos - dink aan diegene wat niks het om te eet nie.
* Voordat jy vandag kla oor 'n geliefde wat nie dink, sê en doen soos wat jy van hulle verwag nie - dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of 'n lewensmaat.
* Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel - onthou dat nie een van ons sonder tekortkominge is nie.
👉Ons moet almal verantwoording doen aan Een Skepper.
👉Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel - glimlag en dank God dat jy leef.
👉Die lewe is 'n geskenk - leef voluit - geniet elke oomblik daarvan - gee baie liefde - want God het hierdie lewe aan jou geskenk!
Tuesday, 28 October 2025
Gedig: Dankie
In die wêreld van vandag,
So vol gierigheid en haas,
Snel ons by mekaar verby,
Sien ons nie behoeftes raak.
Daar is min wat soos die Samaritaan
'n Oomblik sal gaan staan,
Ons is almal net te haastig,
Te selfsugtig en te besig.
Maar in al die gewoel
is daar een wat omgee, anders is,
Daarom wil ek vir jou sê:
"Dankie vir alles wat jy doen."
[Anoniem]
Monday, 27 October 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Jy sal weer vrede vind ...
As ek kniel voor die Heer,
En vir die Here sê: "Ek het so seer!
O Heer, U weet, ek kan net nie meer."
Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer:
"Kom sit hier by my, bring jou seer,
Kom sit jou las en pyn by my voete neer."
As ek vandag by die Here kla,
Sal ek sê: "Ek is so jammer om te pla!
Maar die las word te swaar om te dra."
Dan sê die liewe Heer: "Jy mag maar kla.
Jy mag maar aanhou om vir my te vra!
Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra."
En as ek vanaand my hart leeg huil,
Vir die Here vra dat my boot op kalm water seil.
Vir die Here vra vir 'n hoekie om te kan skuil.
Sal die Here sê: "Jy sal weer op kalm water seil.
Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil.
By my is daar rus, 'n plek om te kan skuil."
"Here, my hart is in 'n knoop gebind!
Ek is moeg baklei teen hierdie sterk wind!
Ek wil tog net weer rus en vrede vind."
Die Here sê: "Jy is mos My lieflingkind.
Jy is met My anker van liefde gebind!
Raak stil. Raak rustig! Jy sal weer vrede vind!"
Dankie, my liefste Heer!!!
Amen
En vir die Here sê: "Ek het so seer!
O Heer, U weet, ek kan net nie meer."
Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer:
"Kom sit hier by my, bring jou seer,
Kom sit jou las en pyn by my voete neer."
As ek vandag by die Here kla,
Sal ek sê: "Ek is so jammer om te pla!
Maar die las word te swaar om te dra."
Dan sê die liewe Heer: "Jy mag maar kla.
Jy mag maar aanhou om vir my te vra!
Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra."
En as ek vanaand my hart leeg huil,
Vir die Here vra dat my boot op kalm water seil.
Vir die Here vra vir 'n hoekie om te kan skuil.
Sal die Here sê: "Jy sal weer op kalm water seil.
Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil.
By my is daar rus, 'n plek om te kan skuil."
"Here, my hart is in 'n knoop gebind!
Ek is moeg baklei teen hierdie sterk wind!
Ek wil tog net weer rus en vrede vind."
Die Here sê: "Jy is mos My lieflingkind.
Jy is met My anker van liefde gebind!
Raak stil. Raak rustig! Jy sal weer vrede vind!"
Dankie, my liefste Heer!!!
Amen
[Anoniem]
Sunday, 26 October 2025
Oomblik van stilte: Rom. 5:1
Die verdrukking waardeur jy soms gaan, werk lydsaamheid, en die lydsaamheid beproefdheid, en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in jou hart uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan jou gegee is. (sien vers 3 en 4)
Weet dit, dat toe jy nog deur die sonde 'n vyand van God was, het God jou versoen deur die dood van sy Seun, veel meer sal jy deur sy lewe gered word, nou dat jy versoen is. (sien vers 10)
Here, ek roem nou in U deur Jesus Christus, deur wie ek nou die versoening gekry het. U het my naam in u hande gegrafeer en my sondes aan die kruishout vasgenael. U genade en die gawe van geregtigheid deur die genade van een mens, Jesus Christus het vir baie en my oorvloedig geword (sien vers 15). Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Romeine
Saturday, 25 October 2025
Saterdaglagmedisyne - Oom Danie se doktersbesoek
* Oom Danie: "Jy weet, hier in my middeljare het ek 'n bietjie gesondheidsprobleme gehad. Ek gaan toe dokter toe en sê vir hom dat ek probleme het met my asemhaling. Weet jy wat hy vir my sê?
Oom Willem: "Nee!"
Oom Danie: "Goed, ons sal 'n einde daaraan moet maak!"
* Oom Danie: "Ek verander toe van dokter vir 'n tweede opinie. En net om hom te toets, sê ek vir hom dat ek soos 'n elektriese draad voel."
Dokter se antwoord: "Hoe skokkend!!"
* Oom Danie: "Ek besluit toe dat die dokter my na 'n spesialis in Bloemfontein moet verwys. En ek vra dit toe ook. Daar aangekom, besluit ek dat ek eintlik soos 'n skaap opgetree het. En ek besluit toe ook om vir die dokter te sê dat ek nou soos 'n skaap voel."
Die spesialis se antwoord: "Dis slêêêêêg!!"
Labels:
Danie,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Willem
Thursday, 23 October 2025
Ouma se wenke: Die kaktus-kuur
Potplante lyk nie net mooi nie, maar dit kan jou ook goed laat voel. Switserse navorsers het baie jare terug al gesê dat dit suurstofvlakke laat styg en dit help om skadelike chemikalieë op te neem.
Krisante is glo nuttig omdat dit besoedelende stowwe soos sigaretrook en selfs verf uit die lug kan filtreer.
Kaktusse is glo veral van waarde in die werksplek omdat dit die uitwerking van elektriese toerusting, wat hoofpyn, depressie en oogprobleme kan veroorsaak, kan help neutraliseer.
Gradeer gerus die lug in jou kantoor op!
Wednesday, 22 October 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Kosbare ketting
met skakels van suiwer goud -
dit word met die jare net mooier,
want vriendskap word nie oud!
Spr 17:9
dit word met die jare net mooier,
want vriendskap word nie oud!
Spr 17:9
Wie ‘n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ‘n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
Skryf vandag vir iemand 'n brief:
Skryf vandag vir iemand 'n brief:
'n briefie om dag te sê,
iemand geluk te wens,
op te beur of
jou waardering uit te spreek.
[Helen Steiner Rice]
Tuesday, 21 October 2025
Monday, 20 October 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Gebruik my soos U wil
Dánkie, Skepper Vader,
vir nog 'n pragtige nuwe dag.
Dánkie dat ons in die oggend
kan ontwaak met voëlgesang.
Dánkie dat U ons beskerm het
deur die donker nag.
Dat U ons oë sag kom aanraak het,
sodat hulle weer kon oopgaan om
opnuut Ú wonderwerke te aanskou.
Dánkie vir goeie gesondheid,
oë wat sien, ore wat hoor,
dat ek kan loop en my arms
en hande kan gebruik.
Dánkie dat U ons beskerm het
deur die donker nag.
Dat U ons oë sag kom aanraak het,
sodat hulle weer kon oopgaan om
opnuut Ú wonderwerke te aanskou.
Dánkie vir goeie gesondheid,
oë wat sien, ore wat hoor,
dat ek kan loop en my arms
en hande kan gebruik.
Dánkie vir die vermoë om te kan
praat en sluk - daar is van ons
geliefdes wat nie meer kan nie -
wees met hulle, genees hulle
binne Ú wil Heer.
Dánkie vir medisyne wat ek
praat en sluk - daar is van ons
geliefdes wat nie meer kan nie -
wees met hulle, genees hulle
binne Ú wil Heer.
Dánkie vir medisyne wat ek
kan gebruik as ek siek is.
Dankie vir hulle hier in die aftreeoord
wat na ons omsien en vir ons lief is.
Dánkie dat U vanoggend sag
gefluister het: "Kom my kind,
Ek het werk vir jou vandag wat wag!"
Dánkie vir U Heilige Gees, wat dit
vir ons moontlik maak om U
fluistering tot ons te hoor.
Hier is ek nietige mensie, Heer,
gebruik my net soos U wil tot
U eer alleen.
Amen.
[Aangestuur]
Dánkie dat U vanoggend sag
gefluister het: "Kom my kind,
Ek het werk vir jou vandag wat wag!"
Dánkie vir U Heilige Gees, wat dit
vir ons moontlik maak om U
fluistering tot ons te hoor.
Hier is ek nietige mensie, Heer,
gebruik my net soos U wil tot
U eer alleen.
Amen.
[Aangestuur]
Sunday, 19 October 2025
Oomblik van stilte: 2 Kor. 12:9
En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
Luk. 24:49b Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
Hand. 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.
Die woord van God is nog altyd volkome gemaak in mense met swakhede.
Is jy swak vandag, bevrees, ontmoedig of siek? Roep Jesus aan, want elkeen wat sy Naam aanroep, sal gered word. (Hand. 2:21).
O Here, ek roep u Naam vanoggend. Ek wil my swakheid bely want u genade is genoeg vir my en ek sal vanuit die hoogte met krag toebedeel word. U het u Heilige Gees aan my gegee om my te versterk en in oorwinning in die Naam van Jesus te leef. Aan U gee ek al die eer en roem in my swakheid, want U krag word nou in my volbring. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Friday, 17 October 2025
Vrydag-flits: Vergroot jou familie
* Reik uit, gee om en brei jou familie uit. Neem ’n ouma of oupa by 'n aftreeoord of 'n ouetehuis aan.
* Daar is inwoners wat geen familie het nie en 'n kort kuiertjie so af en toe of 'n telefoonoproep kan 'n reuse verskil maak aan hulle daaglikse bestaan.
* Dink hieroor en voeg die daad by die woord. Kontak die kantoor en vra hoe jy betrokke kan raak by 'n inwoner.
* Kontaknommer: 053 842 1141 (Ons Huis se nommer)
Thursday, 16 October 2025
Ouma se wenke: Allerlei
* Skroef dit sommer oop: As jy 'n bottel wyn wil oopmaak en die kurktrekker is skoonveld, draai 'n groterige houtskroef in die kurkprop en trek met 'n knyptang uit.
* Ryg makliker: 'n Skeutjie haarsproei op die punt van 'n garedraad sal dit laat verstyf en om sodoende makliker deur 'n naald se oog te glip.
* Pappotplan: As jy hou van mieliepap, maar jy haat die gesukkel om die pot agterna skoon te kry, spuit die volgende keer eers Spray 'n Cook aan die binnekant. Die pot sal sonder sukkel skoonkom.
* Leersandale kan jy skoonmaak deur 'n inkopiesak oor elke voet te trek, en dan die sandale aan te trek en daarna kan jy na hartelus poleer.
* Blare in die wind: As jy herfsblare in die tuin bymekaar moet hark, spuit hulle eers nat. Die nat blare is makliker hanteerbaar en sal nie in die wind rondwaai nie.
* 'n Das sal ook pas: Indien jou sambreel se omhulsel weg is, glip 'n das oor die toegemaakte sambreel en sny dan die oortollige deel van die das aan die smal punt af. Stik die twee punte netjies om.
Wednesday, 15 October 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Draai in ons lewenspad
Soms wanneer 'n mens hoop verloor,
dink jy dit is die
einde.
GOD glimlag
dan in SY Genade
en sê: Kalmeer my geliefde,
dis slegs 'n draai
in die pad en nie
die einde van die pad nie.
dink jy dit is die
einde.
GOD glimlag
dan in SY Genade
en sê: Kalmeer my geliefde,
dis slegs 'n draai
in die pad en nie
die einde van die pad nie.
Tuesday, 14 October 2025
Monday, 13 October 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Dankie!
Dankie, dierbare Heer, vir nog 'n pragtige dag in ons lewe. Dankie vir gesondheid en lewenslus en die begeerte om allerhande dinge vir U te doen. Dankie vir 'n goudmyn van inligting om nader aan U te leef. Dankie vir U kosbare Lewende Woord, ons Padkaart, wat elke dag deel is van ons lewens om ons die regte pad aan te wys. Dankie vir U Heilige Gees wat gedurig met ons praat, ons leer en lei, maar ook waarsku. Dankie dat U ons nie as wesies agtergelaat het nie. Dankie vir ons kosbare familie en vriende. Dankie vir ons uitgebreide Ons Huis-familiekring wat U vir ons hier op ons laaste stop voorsien het. Elkeen van hulle is só kosbaar. Dankie dat ons kan saambid en mekaar se lief en leed kan deel. Maar belángrikste van alles dat ons U Naam kan loof en grootmaak en Vader gee dat die vlammetjie van geloof, hoop en vertroue dat elkeen hier, wat nog nie vir JESUS met hulle hele hart aanvaar het as hulle engiste VERLOSSER nie, dit betyds sal doen. Dankie vir die voorreg om te sien hoe ander JESUS-volgelinge se liggies helder gloei vir U. Help ons om styf te kan bly vashou aan U kleed se soom. In JESUS Naam. Amen.
Sunday, 12 October 2025
Oomblik van stilte: Sag. 3:1
Daarna het Hy my Josua die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die Here staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
Toe sê die Here aan die Satan: Mag die Here jou bestraf, o Satan!
Vergelyk ook Job. 1:6-12 + 2:1-7
Satan kla die mensdom by God aan en bring net verderf op mens en dier.
Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare. Sag. 4:6 So sal die Here jou red deur sy Gees.
Die Spruit sal die tempel van die Here bou. Sag. 6:12b
Sag. 6:15 sê, En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die Here bou.
Luister nougeset na die stem van die Here.
Dankie, Vader, dat U deur u seun my gered het en die Satan vervloek het. U gee my u krag deur u Gees. Ek is meer as oorwinnaar deur die Spruit, Christus wat my die krag gee. Die Spruit van Dawid. Ek loof U, Spruit van Dawid, U is my krag en sterkte. U is my verlossing. Ek is deel van u tempel. Amen.
Toe sê die Here aan die Satan: Mag die Here jou bestraf, o Satan!
Vergelyk ook Job. 1:6-12 + 2:1-7
Satan kla die mensdom by God aan en bring net verderf op mens en dier.
Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare. Sag. 4:6 So sal die Here jou red deur sy Gees.
Die Spruit sal die tempel van die Here bou. Sag. 6:12b
Sag. 6:15 sê, En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die Here bou.
Luister nougeset na die stem van die Here.
Dankie, Vader, dat U deur u seun my gered het en die Satan vervloek het. U gee my u krag deur u Gees. Ek is meer as oorwinnaar deur die Spruit, Christus wat my die krag gee. Die Spruit van Dawid. Ek loof U, Spruit van Dawid, U is my krag en sterkte. U is my verlossing. Ek is deel van u tempel. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 11 October 2025
Saterdaglagmedisyne - Ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep:
Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen.
Die melkman en die posman kom om.
Jagters gaan bokveld toe.
Kokke steek lepel in die dak.
Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die valskermspringer ontval ons.
Die tuinier is van die gras af gemaak.
Die melkboer het die emmer geskop.
Die begrafnisondernemer sien sy gat.
Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
Die ouderling is ontslape.
Die koerantman is direk hemel toe.
Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter se hart het gaan staan.
Die elektrisiën se liggie is gedoof.
Die koster het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker se draad is geknip.
Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
Met erkenning: Fanus Rautenbach
Die melkman en die posman kom om.
Jagters gaan bokveld toe.
Kokke steek lepel in die dak.
Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
Die valskermspringer ontval ons.
Die tuinier is van die gras af gemaak.
Die melkboer het die emmer geskop.
Die begrafnisondernemer sien sy gat.
Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
Die ouderling is ontslape.
Die koerantman is direk hemel toe.
Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter se hart het gaan staan.
Die elektrisiën se liggie is gedoof.
Die koster het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker se draad is geknip.
Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
Met erkenning: Fanus Rautenbach
Labels:
Fanus Rautenbach,
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 10 October 2025
The Grimm Brother's tale
There was once a very old man, whose eyes had become dim, his ears dull of hearing, his knees trembled, and when he sat at table he could hardly hold the spoon, and spilt the broth upon the table-cloth or let it run out of his mouth.
His son and his son’s wife were disgusted at this, so the old grandfather at last had to sit in the corner behind the stove, and they gave him his food in an earthenware bowl, and not even enough of it. And he used to look towards the table with his eyes full of tears.
Once, too, his trembling hands could not hold the bowl, and it fell to the ground and broke. The young wife scolded him, but he said nothing and only sighed. Then they brought him a wooden bowl for a few half-pence, out of which he had to eat.
They were once sitting thus when the little grandson of four years old began to gather together some bits of wood upon the ground.
‘What are you doing there?’ asked the father.
‘I am making a little trough,’ answered the child, ’for father and mother to eat out of when I am big.’
The man and his wife looked at each other for a while, and presently began to cry. Then they took the old grandfather to the table, and henceforth always let him eat with them, and likewise said nothing if he did spill a little of anything.
His son and his son’s wife were disgusted at this, so the old grandfather at last had to sit in the corner behind the stove, and they gave him his food in an earthenware bowl, and not even enough of it. And he used to look towards the table with his eyes full of tears.
Once, too, his trembling hands could not hold the bowl, and it fell to the ground and broke. The young wife scolded him, but he said nothing and only sighed. Then they brought him a wooden bowl for a few half-pence, out of which he had to eat.
They were once sitting thus when the little grandson of four years old began to gather together some bits of wood upon the ground.
‘What are you doing there?’ asked the father.
‘I am making a little trough,’ answered the child, ’for father and mother to eat out of when I am big.’
The man and his wife looked at each other for a while, and presently began to cry. Then they took the old grandfather to the table, and henceforth always let him eat with them, and likewise said nothing if he did spill a little of anything.
Vrydag-flits: 4 dinge om te onthou wanneer mense sleg van jou praat
1. Hul woorde sê meer van hulle as van jou!
Mense praat dikwels uit hul eie seer, jaloesie of onsekerheid. Wat hulle sê, weerspieël hul hart, nie jou waarde nie.
Laat jou lewe harder praat as hul woorde.
[Geleen]
Mense praat dikwels uit hul eie seer, jaloesie of onsekerheid. Wat hulle sê, weerspieël hul hart, nie jou waarde nie.
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” - Matteus 12:34
2. God ken die waarheid!
Jy hoef nie elke valse woord te probeer regverdig nie. God sien jou hart en Hy sal jou karakter beskerm. Laat Hom jou verdediger wees.
“Geen wapen wat teen jou gevorm word, sal voorspoedig wees nie, en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy veroordeel.” - Jesaja 54:17
3. Stilte is soms krag!
Jy hoef nie op elke kritiek te reageer nie. Stilbly beteken nie jy is swak nie, dit wys dikwels wysheid en dat jy seker is van wie jy is.
“Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.” - Eksodus 14:14
⸻
4. Hou aan loop in liefde!
Moenie toelaat dat bitterheid jou hart besmet nie. Vergewe, wees ’n seën en gaan aan met jou lewe. Jou reaksie is jou getuienis.
“Moenie jou deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” - Romeine 12:21
2. God ken die waarheid!
Jy hoef nie elke valse woord te probeer regverdig nie. God sien jou hart en Hy sal jou karakter beskerm. Laat Hom jou verdediger wees.
“Geen wapen wat teen jou gevorm word, sal voorspoedig wees nie, en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy veroordeel.” - Jesaja 54:17
3. Stilte is soms krag!
Jy hoef nie op elke kritiek te reageer nie. Stilbly beteken nie jy is swak nie, dit wys dikwels wysheid en dat jy seker is van wie jy is.
“Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.” - Eksodus 14:14
⸻
4. Hou aan loop in liefde!
Moenie toelaat dat bitterheid jou hart besmet nie. Vergewe, wees ’n seën en gaan aan met jou lewe. Jou reaksie is jou getuienis.
“Moenie jou deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” - Romeine 12:21
Laat jou lewe harder praat as hul woorde.
[Geleen]
Labels:
Bitterheid,
Krag,
Liefde,
Seën,
Skinder,
Stilte,
Vrydag-flits,
Waarheid
Thursday, 9 October 2025
Ouma se wenke: Allerlei
* Kunsklippies: In plaas van klippies onder 'n potplant vir dreinering, kan jy stukkies polistireen ook gebruik. Dit word nie deur water geaffekteer nie.
* Korrel vir korrel: As jy weer rys kook, voeg 'n paar druppels suurlemoensap by. Dit hou die korrels mooi los en gee ook 'n aangename geur aan die rys.
* Vrolike drankies: Om drankies vir 'n partytjie in die somer op te kikker, plaas opgekerfde stukkies vrugte in elke ysvakkie wanneer jy ysblokkies maak.
* Liggewig deeg: Om pasteideeg ligter te maak, gebruik sodatwater pleks van kraanwater.
* Sagter op jou hande: Gooi 'n skootjie babapoeier in 'n nuwe paar rubberhandskoene. Die handskoene sal makliker aanglip - en jou hande sal minder sweet.
* Kwepergeheim: Kwepers kan baie lank gebêre word en dit raak geleidelik soeter. Pluk die kweper met stingel en al van die boom af, maar moet dit nie kneus nie. Hang dit in 'n koel droë plek op. Die kwepers sal maande lank goed bly en mettertyd minder frank smaak.
Wednesday, 8 October 2025
Saligsprekinge van 'n senior burger
Geseënd is diegene wat verstaan dat my gang moeilik is en dat my hande bewe.
Geseënd is hulle wat begryp dat my gehoor swak is en moeite doen om harder te praat.
Geseënd is hy wat weet dat ek nie meer so goed kan sien, en alles dadelik begryp nie.
Geseënd is hulle wat nie brom as ek iets laat val of op die tafel omstamp nie.
Geseënd is hulle wat my toelag of 'n praatjie met my aanknoop.
Geseënd is hy wat nie sê: "Dit is nou die derde keer dat u dieselfde geskiedenis oorvertel."
Geseënd is die kalme luisteraars wat my die dae van my jeug oproep.
Geseënd is hulle wat my laat voel dat ek bemin word en my met eerbied behandel.
Geseënd is Hy wat vir my die gang na die ewige tuiste maklik maak.
Geseënd is almal wat goed vir my is en my aan die GOEIE GOD laat dink.
[Nuusbrief Vroueaksie Oos-Transvaal September 1986]
Labels:
Geseënd,
Nuusbrief,
Saligsprekinge,
Senior Burgers
Tuesday, 7 October 2025
Monday, 6 October 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Dankie ...
dat U weer vanoggend ons oë
oopgemaak het en vir ons bederf
het met 'n pragtige nuwe dag.
Dankie vir goeie gesondheid
en lewenslus.
Dankie vir ons kosbare familie.
Dankie vir dierbare vriende.
Beskerm ons teen dwaling en valse leer
en HEILIGE GEES, help U vir ons om
op die regte pad, GOD se PAD te bly.
VADER, gee ons KRAG sodat ons
NOOIT moeg sal word om U Blye
Boodskap van Verlossing te versprei nie.
In JESUS se PRAGTIGE NAAM.
Amen
[Anoniem]
oopgemaak het en vir ons bederf
het met 'n pragtige nuwe dag.
Dankie vir goeie gesondheid
en lewenslus.
Dankie vir ons kosbare familie.
Dankie vir dierbare vriende.
Beskerm ons teen dwaling en valse leer
en HEILIGE GEES, help U vir ons om
op die regte pad, GOD se PAD te bly.
VADER, gee ons KRAG sodat ons
NOOIT moeg sal word om U Blye
Boodskap van Verlossing te versprei nie.
In JESUS se PRAGTIGE NAAM.
Amen
[Anoniem]
Sunday, 5 October 2025
Oomblik van stilte: Ps. 38:16
Hoekom wag jý op die Here; verwag jy straf vir jou ongeregtigheid? Of verwag jy hulp van God?
Jesus het vir al jou ongeregtigheid betaal en jou gereinig.
Laat jou nie ophou met leuens van die wêreld en van Satan nie.
Die Here het jou sy eiendom gemaak en sal jou nie begewe nie.
Laat jou hart gedurig juig in die Here jou Redder.
Here, U is my Verlossing van die dood. U genade dra my dag vir dag. Ek wag op U, U versterk my en lei my in geregtigheid, om u Naam ontwil. Hierdie dag sal ek weereens U goedheid ervaar en sien hoe U die antwoord op al my probleme is. Van U is my verwagting, u barmhartigheid red en genees my. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Psalm
Saturday, 4 October 2025
Dit is mos die mooiste maand: Oktober-engele-besoek
C Louis Leipoldt herinner ons elke jaar in sy gedig "Oktobermaand" dat hierdie die mooiste maand is. Die wêreld rondom ons is groen, blomme kleur die tuine bont en ons gemoed voel 'n bietjie ligter omdat die winter, die vaalheid en die koue verdwyn het.
Saterdag, 4 Oktober, was een van die mooiste Saterdae by Ons Huis. Met apologie aan Leipoldt se Oktobermaand verwerk ons dit 'n bietjie:
Lekker vrugte in die voorhuis –
Muffins op die tafels!
Bingo vir ontspanning en
Kuier-engele oral in die gange,
Alles, ai, so mooi!
Kuier-engele oral in die gange,
Alles, ai, so mooi!
Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt
Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.
* Koos sukkel om 'n werk te hou. Hy doen vir die soveelste keer aansoek. Hy gaan gee sy aansoek persoonlik by die personeelbeampte in.
Personeelbeampte vir Koos: "Ek sien jy het by jou vorige werk bedank. Wat was jou rede?"
"Siekte, Meneer," antwoord Koos.
"Wat het jy makeer?"
"Niks nie. Almal by die werk het net gesê hulle is siek vir my."
* Koos besluit om 'n plaas te koop. Op hierdie manier is hy sy eie baas. Sy vriend kom maak 'n draai op die plaas net terwyl Koos twee van sy drie windpompe afbreek.
Vriend: "Koos, hoekom breek jy twee van die windpompe af? Hulle is mos nie stukkend nie."
Koos antwoord: "Ons het net genoeg wind vir een windpomp."
* Koos loop 'n ou vriend raak.
Vriend belangstellend: "Wat doen jy deesdae?"
"Ek is nou in besigheid," sê Koos. "Ek koop en verkoop hamers. Ek koop 'n hamer vir R75 en dan verkoop ek dit vir R50 aan die boere."
"Ek verstaan nie hoe jy 'n besigheid op hierdie manier kan bedryf nie. Jy verloor R25 op elke hamer wat jy verkoop."
"Dis heeltemal reg, maar dit is nog baie meer winsgewend as om te boer."
Friday, 3 October 2025
Poem: The Fallen Limb
A limb has fallen from the family tree.
I keep hearing a voice that says, “Grieve not for me.”
Remember the best times, the laughter, the song.
The good life I lived while I was strong.
Continue my heritage, I’m counting on you.
Keep smiling and surely the sun will shine through.
My mind is at ease, my soul is at rest.
Remembering all, how I truly was blessed.
Continue traditions, no matter how small.
Go on with your life, don’t worry about falls
I miss you all dearly, so keep up your chin.
Until the day comes we’re together again.
Author Unknown
I keep hearing a voice that says, “Grieve not for me.”
Remember the best times, the laughter, the song.
The good life I lived while I was strong.
Continue my heritage, I’m counting on you.
Keep smiling and surely the sun will shine through.
My mind is at ease, my soul is at rest.
Remembering all, how I truly was blessed.
Continue traditions, no matter how small.
Go on with your life, don’t worry about falls
I miss you all dearly, so keep up your chin.
Until the day comes we’re together again.
Author Unknown
Thursday, 2 October 2025
Ouma se wenke: Allerlei
* Knap koekversiersppuit: As jy 'n koek wil versier en jy het nie 'n versiersuikerspuit nie, kan jy in 'n noodgeval 'n plastiese mostertspuitflessie vir die doel gebruik. Maak net die flessie deeglik skoon, sodat daar geen mosterdreuk is nie.
* Verf binne in die boks: As jy 'n kleinerige voorwerp moet spuitverf, sit die artikel binne 'n groot boks en op hierdie manier kan jy die oortollige sproei beheer.
* Marmelade is 'n uitstekende plaasvervanger as jy sonder sitrusskil sit vir 'n resep. Dis ook die perfekte glansering vir oondgebraaide varkboud of hoender.
* Moenie spaghetti breek wat nie in jou pot wil pas nie. Laat dit regop in die kookwater staan. Namate dit onder sag word, sal die spaghetti geleidelik in die pot insak.
* Plastiese lense is geneig om makliker vol stof te word - statiese elektrisiteit. Maak die bril se lense skoon deur dit met wasgoedversagmiddel af te vee.
Wednesday, 1 October 2025
Jaffel-fees Vrydag by Ons Huis
* Die verkoping word vanaf Ons Huis se stoep gedoen.
* Jaffels sal vanaf 12:00 uur gereed wees - kom haal dit af by die hek.
Bestel asseblief vooraf om
teleurstelling
te voorkom.
Stuur bestellings aan:
👉 Irma: irma@acvv-kimberley.co.za
👉 Neveshni: neveshni@acvv-kimberley.co.zaTel: 053 842 1141
Labels:
Bestel,
Bestelling,
Irma van As,
Jaffels,
Neveshni Swanepoel,
Verkoping
Hartsake oor 'n koppie tee: As jy ...
As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.
Labels:
Eerlikheid,
Geduld,
Geloof,
Genade,
Goedheid,
Hartsake,
Hoop,
koppie tee,
Liefde,
Respek,
Teetyd,
Vergifnis,
Vriendelikheid
Oktober-verjaardae
7 - Mnr. WJ Henning
11 - Mev. E Barnard
17 - Mev. H Ferreira
20 - Mev. M Veldtsman
11 - Mev. E Barnard
17 - Mev. H Ferreira
20 - Mev. M Veldtsman
25 - Mnr. C Maritz
25 - Mnr. C Maritz
25 - Mnr. C Maritz
Labels:
Inwoners,
Verjaardae,
Verjaardagboodskap,
Verjaardagwense
Subscribe to:
Comments (Atom)





















