Tuesday 2 July 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - dag 2

Tips from Granny

* If you can't say something nice, don't say anything at all.
* Don't ask, don't get.
* No such word as can't.
* Neither a lender nor borrower be.
* Don't swim after eating.
* Practice makes perfect.
* Good manners don't cost you a dime.
* Stay firm in your convictions.
* Don't be afraid to fail.
* Mend your clothes.
* Tomorrow never comes. The time to correct the mistake of yesterday is today and now.
*  Respect moms.

Monday 1 July 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - navraag


Navraag is ontvang oor wyse van aanduiding van Skrifgedeeltes: Die voorbeeld hierbo dui aan dat jy Genesis 1 vers 1 tot Genesis 2 vers 25 moet lees. Sterkte en geniet dit.

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - dag 1


'n Geleentheid om die belangrikste gedeeltes in die Bybel te lees en ook op dié manier die geheue te verfris.

Inwoners en lesers, hierdie 100-daeprojek begin op 1 Julie 2024. Kom neem gerus deel en vertel ook jou vriende en bure hiervan. 

Indien jy aan hierdie Bybelleesprojek gaan deelneem, sal dit jou help om die mees belangrikste gedeeltes in die Bybel te lees. Alhoewel jy nie alle hoofstukke in die Bybel gaan lees nie, bied dit wat jy wél gaan lees vir jou ‘n oorsig oor die Bybel as geheel.

Indien jy al oorweeg het om die hele Bybel deur te lees, maar nog nie daarby uitgekom het nie, is hierdie jou geleentheid om dit op ‘n ‘verkorte’ manier te kan doen. Almal wat deelneem, sal mekaar kan aanmoedig om by te hou by die program, want ons sal almal op dieselfde dag dieselfde Skrifgedeelte lees. 

Die Skrifgedeeltes wat gelees moet word, is net op weeksdae - van Maandag tot Vrydag. Saterdag en Sondag kan jy dus opvang, indien jy gedurende die week dalk agtergeraak het. 

Hieronder is die Bybelleesrooster vir hierdie week! 

Julie-verjaardae


18 - Mnr. I Evans

19 - Mev. I Haasbroek

22 - Mev. J Fourie

Vandag se internetgebed vir jou: Vergewensgesindheid

Here, ek is so geneig om ander mense te kritiseer
en vir hulle kwaad te word
wanneer hulle dieselfde dinge doen
wat ek in my eie lewe probeer toesmeer.
Leer my asseblief om heel eerste
my eie foute raak te sien
en iets daaromtrent te doen
voordat ek ander mense se foute
uitlig en buite verhouding opblaas.
Vergewe my dat ek aan ander mense
veel hoër eise stel as aan myself.
Help my om ook teenoor my geliefdes
verdraagsaam te wees wanneer
hulle dieselfde foute maak as ek.
Maak my vergewensgesind
sodat ek elke keer bereid sal wees
om ander mense hulle foute te vergewe
soos wat U elke keer my sondes vergewe
wanneer ek U daarom vra.
Amen.

[Anoniem]