Theo Geyser gee die
beste samevatting van wat 'n ware dissipel is. Maak hierdie samevatting jou eie in jou lewe as dissipel van Jesus.
– Dissipels laat toe dat ander hulle blinde kolle aan die lig bring.
– Dissipels weet wie hulle vandag liefgehad het.
– Dissipels leef met die regte vrae, nie met die regte
antwoorde nie.
– Dissipels ken stilte voor woorde.
– Dissipels weet die koninkryk van God is binne-in hulle.
– Dissipels weet hoe om elke dag dood te gaan.
– Dissipels is gedurig besig om balke te saag sodat die
splinters hulle nie pla nie.
– Dissipels kies transformasie bo informasie.
– Dissipels offer nie net gebede aan God nie, maar wórd die
gebede.
– Dissipels weet dat elke goeie somer deur ’n goeie winter
moontlik gemaak word.
– Dissipels leef vanuit die oorvloed van eenvoud.
Here Jesus, dankie dat ek u dissipel kan wees. Maak my gewillig in my diens aan U, sodat ander ook u liefde en genade deur my kan ervaar. Dankie dat ek voluit kan leef omdat ek weet U is altyd by my. Amen.
No comments:
Post a Comment