Monday, 22 July 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 4 dag 1


Wees deel van hierdie Bybellees-UITDAGING:
- Miskien is dit nie toevallig dat hierdie uitdaging juis op hierdie tydstip van jou lewe kom nie.
- ⁠Ervaar die verryking van gereelde Bybellees.
- ⁠Hoor opnuut weer die Gees van die Here met jou persoonlik praat deur sy Woord.
- ⁠100 Bybelgedeeltes wat jou ‘n goeie oorsig oor Bybel as geheel bied.
- ⁠Lees 5 dae per week.
- ⁠20 weke, dus 100 dae van lees. ⁠Indien jy nog nie begin het nie, begin nóú deelneem aan die uitdaging. Aan die einde kan jy gedeeltes inhaal wat jy gemis het.
- 100 ESSENTIËLE SKRIFGEDEELTES!

Verjaardagwense


Mev. Fourie, baie geluk met u verjaardag. Mag dit 'n jaar besaai wees met rose. Hoop u geniet die dag.

Vandag se internetgebed vir jou: Kameraadskap


Sunday, 21 July 2024

Oomblik van stilte: Rom. 8:34

Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.


Christus tree daagliks vir jou by die Vader in, Hy bid vir jou. Christus wil vir jou deur sy genade, net die beste gee, Hy het nie verniet die dood oorwin nie. Hy wil vir jou oorwinning gee oor elke oomblik in jou lewe. Hou net aan, jou oorwinning kom op 'n tyd wat God goed dink om aan jou te gee.

Dankie Here, dat U in my plek vir my gesterf het. Dankie dat U my, saam met U opwek, sodat ek kan wees waar U is. Dankie dat ek kan deel in u oorwinning en rykdom. U sit aan die regterhand van God om my vry te spreek in die uur van oordeel. Ek wil U bedank en loof vir u goedheid en barmhartigheid, in Jesus Naam. Amen.

Saturday, 20 July 2024

Saterdaglagmedisyne


Janus (4) kom van die kleuterskool af en vertel baie opgewonde vir sy ma dat hy vandag geleer het hoe die bye heuning maak. Sy ma vra toe vir Janus om vir haar te verduidelik hoe. "Ag, dis baie maklik," sê hy. "Hulle vat stroop en dan gooi hulle geel kleursel van koeke daarby en dan roer hulle dit en dan is dit heuning."

Friday, 19 July 2024

Vrydag-terugflits: Die storie agter 'n mandjie

Die rye is lank.

Jy het vergeet hoe besig dit dié tyd op 'n Saterdagoggend in die supermark is. Jou oë val op die inhoud van die mandjies en waentjies van die ander mense in die ry.

Die een voor jou gaan vleis braai. Daar is pakkies vleis en wors, vuuraanstekers, koeldrank en brikette in sy waentjie. Voor hom is 'n oupa wat pakkies lekkers op die rak by die betaalpunt uitsoek. Eindelik besluit hy op'n pakkie en neem vier van dieselfde soort. Die boodskap is duidelik: Ouma het hom gestuur, want die vier kleinkinders kom kuier. Die lekkers moet presies dieselfde wees om konflik te vermy.

Jy draai effens skuins en die vroutjie agter jou se mandjie tref jou oog: een pakkie katkos, 'n tydskrif, een bakkie lasagne wat opgewarm kan word en 'n groot blok sjokolade. Jy staan ingedagte voor jou. Sy is waarskynlik 'n oujongnooi wat naweke alleen met haar kat deurbring.

Dit is jou beurt om te betaal en soos jy gewoonlik die inhoud van jou mandjie uitpak, wonder jy watter storie dit van jou vertel. Daar is piesangs en skoenpolitoer 'n pakkie papegaaikos, 'n sak hondekos en 'n lekkerny vir die kat. Dit sou seker daarop kon dui dat jy 'n diereliefhebber is. Oor die res is jy nie heeltemal seker nie.

Dan besef jy daar is 'n paar moontlikhede vir alle mandjies se inhoud en dat alles nie net voor die hand liggend verklaar kan word soos jy graag sou wou nie. Die vrou agter jou versorg dalk haar buurvrou se kat en die blok sjokolade is moontlik vir 'n kollega wat verjaar. En jy besef hoe bevooroordeeld 'n mens kan wees as jy nie die storie agter iemand se mandjie ken nie.

[Bron: Noordkaap - Potpurri - Karin Muller]

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 3 dag 5


Klik HIER vir meer inligting!

Weekly message from the angels

 
Aging is not 'lost youth'
but a new stage
of opportunity and strength.

Verjaardagwense


Mev. Haasbroek, mag u verjaardag gevul wees met sonskynwarmte en baie liefde. Geniet u spesiale dag.

Thursday, 18 July 2024

122 000 keer dankie vir al ons getroue e-besoekers!


Klik HIER om na die heerlike engelbederf van so 10 dae terug te kyk! 

Noordkaap Bulletin: "Steek hand uit; maak ander se nood ligter"


Klik op die berig/prent om te kan lees of lees gerus die artikel van Helena Barnard oor Allan Visagie HIER!

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 3 dag 4


Klik HIER vir meer inligting!

Verjaardagwense


Mnr. Evans, baie geluk met u verjaardag! Ons bid dat Sy genade oorvloedig sal wees regdeur u nuwe lewensjaar.

Liz' thoughts


Click HERE for more.

 

Tuesday, 16 July 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 3 dag 2


Klik HIER vir meer inligting!

Tips from Granny: Line Dry Clothes

"I feel like I’m doing my family good because it’s saving us the cost of running the dryer and extending the life of our clothes in the process. It’s really a win-win, so why not give it try? And loadshedding don't influence us."

Monday, 15 July 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 3 dag 1

Wees deel van hierdie Bybellees-UITDAGING:
- Miskien is dit nie toevallig dat hierdie uitdaging juis op hierdie tydstip van jou lewe kom nie.
- ⁠Ervaar die verryking van gereelde Bybellees.
- ⁠Hoor opnuut weer die Gees van die Here met jou persoonlik praat deur sy Woord.
- ⁠100 Bybelgedeeltes wat jou ‘n goeie oorsig oor Bybel as geheel bied.
- ⁠Lees 5 dae per week.
- ⁠20 weke, dus 100 dae van lees.
- ⁠Indien jy nog nie begin lees het nie, begin nóú deelneem aan die uitdaging. Aan die einde kan jy gedeeltes in haal wat jy gemis het.
- 100 ESSENSIËLE SKRIFGEDEELTES!

Vandag se internetgebed vir jou: God is 'n God van stukkende harte

Vader, soms is my hart regtig flenters-seer, sodat ek myself in 'n kokon wil toespin. Dankie dat U in sulke tye die woorde hoor wat ek nie kan uitspreek nie en die groot seer sien. Dankie vir U sagte hand van liefde wat my dra tot ek weer die wêreld kan begroet. Dankie dat U by uitstek 'n Vader vir mense met stukkende harte is.
Amen