Monday 4 December 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Seën ons handewerk

Here, ons kom na U, ons bring U lof en gee U eer.
U wat Heilig is, Almagtig is en Ewig is.
Dankie Here, vir elke goeie gawe en kosbare mens in en op ons lewenspad.
Here, ons weet dat daar nie net vreugde in ons lewe sal wees nie,
ons bid vir insig en krag en lankmoedigheid om aan U voete te bly
en te weet U is besig om vir ons 'n feesmaaltafel voor te berei.
Help ons om sterk te staan deur enige beproewings en aanslae van die vyand.
In mensekrag kan ons nie en ek is moeg Here.
Drie-enige God, ek het U so nodig
om my deur hierdie donker twyfelagtige tyd te vat.
Laat my fokus altyd wees op U en nie op die berg voor my nie.
Maak my geduldig en sensitief;
mag gebed altyd ons eerste reaksie wees en nie ons laaste uitweg nie.
Seën dit wat ons vandag gaan doen.
Tot eer en verheerliking van U naam.
Amen

No comments:

Post a Comment