Saturday 9 December 2023

Die kombuisspan

Die belangrikste mense om in Ons Huis te ken, is die manne en vroue agter die kospotte.** Hulle is die rede hoekom die inwoners so lekker eet. Hulle kan toor met die bestanddele op die tafel, maar hulle geheime bestanddeel is liefde.

Elke maaltyd wat hulle voorberei, word met liefde gedoen.  

'n GROOT dankie namens die inwoners dat julle so hard in die warm kombuis werk om almal se mae vol te hou en almal gelukkig te hou.


Die ervare hoofsjef is Kagisho Modise en sy twee regterhande waarsonder hy nie die 1000de borde kos elke maand kan voorsit nie, is Cecilia Riet en Lucille Maarman. Hulle het hulle opleiding as assistent-sjefs by Casetta gedoen. 

** Die opinie van die redaksie.

No comments:

Post a Comment