"Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na.
Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.
Daar is nie wegkomkans nie,
Waar ek vat plaas ek 'n teken van my identiteit.
"Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan
Hartafdrukke na te laat ...
Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,
Van begrip en liefde,
Van barmhartigheid en belangstelling.
Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en
Van opregte betrokkenheid.
Mag my hart 'n ander hart aanraak
En 'n afdruk van u liefde laat."
En as iemand sou sê:
"Jou aanraking het my vandag versterk"
Laat hulle agterbly met die wete dat dit
U liefde was wat hul in my ervaar het."
Dit is my gebed vir almal wat ek ken!
Friday, 9 May 2025
Thursday, 8 May 2025
Ouma se wenke: Speel klaar met grimeervlekke ...
Grimeervlekke, veral dié wat deur 'n onderlaag (foundation) veroorsaak is, kan nogal ’n kopseer wees omdat dit geneig is om hardnekkig te wees.
* Vloei-onderlaag (liquid foundation): Wanneer jy hiermee ’n ongeluk gehad het, is skeerroom jou beste vriend. Dit verwyder vlekke wat deur ’n (olievry) onderlaag veroorsaak is op onder meer hemde se krae, matte en badmatjies. Jy kan ook ’n bietjie alkohol op die vlek smeer as die skeerroom alleen dit nie verwyder nie.
* Poeieronderlaag: Eerstens, moet dit nie invryf indien dit op jou klere beland het nie. Dis maklik om oortollige poeier af te skud, maar ’n vlek wat in die klere getrek het, is moeilik om uit te kry. Vat ’n mengsel van wit asyn en water om die vlek te verwyder.
* Vloei-onderlaag (liquid foundation): Wanneer jy hiermee ’n ongeluk gehad het, is skeerroom jou beste vriend. Dit verwyder vlekke wat deur ’n (olievry) onderlaag veroorsaak is op onder meer hemde se krae, matte en badmatjies. Jy kan ook ’n bietjie alkohol op die vlek smeer as die skeerroom alleen dit nie verwyder nie.
* Lipstiffie: Lipstiffie kan verwyder word deur die kledingstuk tien minute in seepwater te week, uit te spoel en weer in seepwater te was. Verwyder lipstiffiemerke van jou klere met bloekomolie.
Wednesday, 7 May 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: God se liefde
Het jy al ooit daaraan gedink hoe lief GOD vir jou is?
HY stuur vir jou blomme elke lente ...
HY stuur vir jou sonskyn elke oggend ...
HY stuur vir jou sonskyn elke oggend ...
Wanneer jy ookal wil gesels, luister HY na jou ...
HY kan in enige plek op die aarde bly,
HY kan in enige plek op die aarde bly,
maar HY het JOU hart verkies ...
HY is so lief vir jou ...
GOD belowe nie dae sonder pyn nie ...
HY belowe nie lag sonder hartseer nie ...
GOD belowe nie dae sonder pyn nie ...
HY belowe nie lag sonder hartseer nie ...
HY belowe nie son sonder reën nie ...
Maar HY belowe krag en bystand vir elke dag ...
HY belowe troos wanneer daar trane is ...
HY belowe troos wanneer daar trane is ...
En HY belowe lig op die pad.
Labels:
Bederfdinge,
Dankbaarheidslysie,
Genade,
Hartsake,
Krag,
Liefde,
Lig,
Teetyd,
Troos
Tuesday, 6 May 2025
Monday, 5 May 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Tel my op
Dankie, my grote God! In majesteit tel u my op en beskerm en verlos U my elke dag. Help my om nie wederstrewig te wees en u Heilige Gees te bedroef nie. O Heilige Gees, leer my en lei my en bevestig my in die weg van die Vader. Ek loof en prys u heerlikheid en heerskappy, o Almagtige Vader. Amen.
Sunday, 4 May 2025
Oomblik van stilte: Joh. 16:26
Maar as die Trooster gekom het, wat Ek julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
Jesus het vir jou die Heilige Gees gegee; die Gees van waarheid wat van Hom getuig.
Sy Gees sal jou leer dat jy alles kan weet en onderhou wat Jesus op aarde geleer het, en waarvan ons die optekeninge van die Apostels kan lees.
Moenie die Heilige Gees bedroef nie, en moenie teen Hom sondig nie.
Laat die Heilige Gees toe om jou te lei in die skrif en in gebed; Hy ken tog God die heel beste en sal jou in Gees en in waarheid lei.
Dankie Heilige Gees, dat u inwonende teenwoordigheid my versterk en verfris, sodat ek U beter kan leer ken en tot U kan kom in bid. U praat met my, lei my en gee selfs drome en visioene wat God verheerlik en my leer. Vader, U het vir my hierdie geskenk gestuur as 'n pand, sodat ek gereed kan maak vir u wederkoms om my te kom haal, om by U te mag wees, waar U is. Ek loof U vir u trou en barmhartigheid. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Johannes,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 3 May 2025
Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe
Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...
* Wat dink julle kan 'n blondine tref, sonder dat sy dit agterkom?
'n Gedagte.
* Hoeveel blondines is nodig om wegkruipertjie te speel?
Een.
* Hoekom het die blondine PE toe getrek?
Dis makliker om te spel as Pretoria.
* Hoekom kan die blondine nie die syfer 11 skryf nie?
Sy het nie geweet watter een om eerste nie.
[Word vervolg.]
Labels:
Blondine,
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 2 May 2025
Gee vir jouself 'n groot geskenk en indirek ook vir ander
Maak vriende in die aftreeoord of ouetehuis.
24/7 onder dieselfde dak bied 'n unieke geleentheid aan elkeen om nuwe vriende te maak. Hoekom is dit so belangrik om vriende in die pylvak te hê?
* 'n Vriend luister na wat jy sê, maar hoor ook jou hart.
* Iemand, 'n klipgooi in die gang af, verstaan die hartseer, die verlange en die bangwees van ouer word beter as jou kinders, werkende vriende en gemeentelede - almal in die aftreeoord is mos in dieselfde bootjie.
* Help dra mekaar se laste.
* Hierdie nuutgevonde vriend sal soos 'n warm skuiling wees teen die lewe se stormdae.
* 'n Vriend so naby is meer werd as 'n duisend familielede.
* Die geheim van nuwe vriendskap is om die meeste van die beste te maak en die minste van die slegste.
* Wees vriendelik met elkeen wat jou pad kruis, want elkeen voer 'n innerlike stryd.
Om so 'n vriend in die aftreeoord te maak,
moet jy ook bereid wees om so 'n vriend vir iemand te wees.
Labels:
Geskenk,
Vriende,
Vriendelikheid,
Vriendskap
Thursday, 1 May 2025
Tong-in-die-kies kan die senior burgers dieselfde sê ...
Gelukkige Internasionale Werkersdag aan al die hardwerkende mense wat bydra om ons samelewing 'n beter plek te maak en 'n GROOT DANKIE vir elke senior burger wat in hul jongdae 'n reuse bydrae tot die land gemaak het!!
[Klik HIER vir die spotprent.]
Ouma se wenke: Vlekke
Om 'n gevlekte toilet skoon te maak, moet swembadsuur of chloor in toilet gegooi word en vir 'n ruk gelaat word. Skrop en spoel. Om hardnekkige watervlekke in bak uit te kry, kan 3 koppies asyn ingegooi word en gelaat word vir 'n paar uur. Borsel en spoel.
* Baddens: Gooi skoon swembadchloorpasta bo-op en laat staan vir 'n paar minute. Om baddens skoon te maak, meng 2 eetlepels kalk, 2 eetlepes sout en 'n halwe bottel paraffien. Skuur met ou tandeborsel gedoop in wynsteensuur en peroksiedmengsel. Vryf skoon met suurlemoensap en soutpasta.
* Braaipan: 'n Elektriese braaipan kan met foelie uitgevoer word om dit vlekloos te hou.
Tuesday, 29 April 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: Verjaardae is herinneringskatte
Tel jou verjaardae deur herinnerings
Aan die jare reeds verby,
Jare vol van goeie vriendskap;
Elke seën reeds verkry.
Tel jou verjaardae deur vreugdes
In die lewe reeds geniet,
Deur geluk en al die blydskap
Wat jy andere kan bied.
Tel jou verjaardae deur skatte
Wat jy vrylik kon vergaar,
En dan kan jy jou verlustig
Telkens wanneer jy verjaar!
[Majorie Whitney Lowell]
Monday, 28 April 2025
Vandag se gebed vir jou: Selfs in swaarkry, sal ek jubel
Hemelse Vader, ek weet dat u liefde vir my onverganklik is en dat niks my ooit daarvan kan skei nie. Selfs in die swaarkry tye sal ek jubel. Here, ons bid vir elkeen wat skade gekry het met die vloedwaters, maar in dieselfde asem bid ons vir hulle wat nie meer planne met die droogte het nie. In U groot almag kan U uitkoms gee na gelang van elke een se behoefte. Daarvoor dank ons U opreg. Amen
Sunday, 27 April 2025
Oomblik van stilte: Hos. 12:7
Op wie sal jy hoop plaas vanoggend?
God wil jou wys Hy gee om vir jou en wil jou hoop vervul, sodat sy grote Naam verheerlik kan word.
Hos. 13:14a Uit die mag van die doderyk sal ek julle loskoop......
God sal vandag aan jou sy liefde toon want Hy het Homself reeds tot jou gekeer.
Dankie my liefdevolle Vader, dat U reeds 2000 jaar terug tot my gekeer het en my gereinig het, om in u teenwoordigheid te mag staan vanoggend. Ek sien kans vir hierdie dag wat U gemaak het. U my God, is steeds in beheer en u barmhartigheid omvou my en beskerm my. Jesus is my Verlosser en Voorsiener, en ek loof en prys u grote Naam. Ek keer terug na U en sal liefde en reg betoon. Op U hoop ek. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Hosea,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 26 April 2025
Saterdaglagmedisyne - kleinkinders se siening
Mammie: "Hulle gaan in die lug en jy kan hulle nie sien nie."
Seuntjie: "Dan is hulle soos oupa se tande; gaan uit in die aand en kom terug in die môre."
* "Wat maak jy Jowell?"
"Ek skryf vir my ouma 'n brief."
"Maar hoekom sit jy 'n uitroepteken aan die einde van elke sin?"
"My ouma is doof."
* 'n Ou oom van die Noord-Kaap koop op sestig vir die eerste keer 'n motor. Sy kleinkinders kom kuier en hy wil gaan spog met die ryding. Hulle klim almal in en ry weg. So vyf minute later sê klein Jannie: "Oupa kan nie so lank in eerste rat ry nie."
Oupa: "Dit is nou net soos deesdae se kinders is. Julle wil alles deurtrek. Ons vat nie aan die tweede rat voor hierdie een nie opgebruik is nie."
* "Ek is bly om te sien dat die buid en bruidegom nie gewag het totdat hulle in die metaalstadium is voordag hulle getrou het nie."
"Metaalstadium?"
"O, 'n vriend van my is in sy metaalstadium getroud: silwer in die hare, goud in die tande en lood in die voete."
Labels:
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Thursday, 24 April 2025
Ouma se wenke: Hier is ‘n paar handige wenke wat werk!
* Ghriesmerke: Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week dit in gewone Dettol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en Sunlight-seep. Jy hoef nie eens baie te vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon.
* Grasmerke op klere: Gebruik enige insekdoder. Spuit op kolle, los dit vir ´n ruk en was soos gewoonlik.
* Groen merke: Indien die wit rugbybroekies groen merke op kry, spuit Windolene daarop en vryf die broekie. Was dan soos gewoonlik en die groen merke sal verdwyn.
* Glas: Gebruik asyn om glas mee skoon te maak. Om krapmerke op glas te verwyder, borsel dit met tandepasta.
Subscribe to:
Posts (Atom)






