Monday, 29 September 2025

Jaffel-fees Vrydag by Ons Huis

* Op 3 Oktober 2025 verkoop Ons Huis die heerlikste Jaffels vir slegs R25 elk.
* Die verkoping word vanaf Ons Huis se stoep gedoen.
Jaffels sal vanaf 12:00 uur gereed wees - kom haal dit af by die hek.
Bestel asseblief vooraf om 
teleurstelling
 te voorkom.
Stuur bestellings aan:
👉 Irma: irma@acvv-kimberley.co.za
👉 Neveshni: neveshni@acvv-kimberley.co.za

Tel: 053 842 1141

Vandag se internetgebed vir jou: Onse Vader

U hou die Kosbare MENS
wat nou hier lees, STYF VAS.
Ek het jou TRANE gesien, sê die HERE.
Ek ken jou HARTSEER en pyn.
Jou SMART en verlange.
Daar was die kere dat jy
jouself AAN DIE SLAAP gehuil het.
TRANE het jou kos geword.
Maar Ek GRYP IN, sê die HERE.
Ekself sal jou trane AFDROOG.
Jy sal weer deur My BLOMTUIN stap
en sing en dans van VREUGDE.
Jy sal weet dat EK jou nie
in jou KRISISUUR verlaat het nie.
Jou grootste KRISIS,
word jou grootste GETUIENIS.
Ek sal jou ook GEBRUIK
om ander te TROOS in hulle SMART.
Jy sal altyd onthou dat
Ek jou trane AFGEDROOG het.
Dat Ek jou ROUKLERE uitgetrek het
en vir jou FEESKLERE aangetrek het.
Jy ervaar My asemrowende TROOS
en liefde ook nou terwyl jy hier lees.
Dankie JESUS.
Amen

Hansie Smit

Sunday, 28 September 2025

Oomblik van stilte: Sef. 3:5

Die Here het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.

Vrees niks meer nie en laat jou hande nie slap hang nie! (vers 16b)
Die Here jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. (vers 17)
Kyk in die tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot 'n lof en tot 'n roem wie se skande oor die hele aarde was.(vers 19)

Here, by U vertoef ek, by U alleen staan ek, want U bewaar my van die bose en U voorsien vir my, my daaglikse voedsel. U versamel my saam met die geseëndes onder die volke volgens die belofte aan u vriend Abraham. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 27 September 2025

Saterdaglagmedisyne - Oom Willem en oom Danie


* Twee ou omies sit op die aftreeoord se stoep en ruil stories en kwinkslae uit. Oom Willem het onlangs se ou motor verkoop. 
Oom Willem: "Jy weet, ou Danie, 'n ou motor is 'n ding wat sy eienaar in 'n goeie lopende toestand hou."

* Oom Danie: "Jy weet, my eerste vrou se ma het absoluut niks van my gehou nie. Tog het sy my toestemming gegee om met haar dogter te trou. Die huwelik het egter nie lank gehou nie." 
Oom Willem: "Hoekom het jy met haar dogter getrou as sy so 'n tiran was?"
Oom Danie: "Haar dogter was ongelooflik mooi, slim ... enige man se droomvrou. Na ons egskeiding het my gewese skoonma net een sin vir my uitgespoeg, voordat sy haar rug finaal op my gedraai het."
Oom Willem: "Kan jy nog onthou wat sy vir jou gesê het?
Oom Danie: "Natuurlik! Dit was heeeeerlik om vir 'n rukkie jou SKOONMA te kon wees!"
  
* Oom Danie: "Ek het op 'n stadium met 'n meisie uitgegaan wat een van 'n tweeling was."
Oom Willem: "Hoe het jy hulle uitmekaar geken?"
Oom Danie: "Maklik! Haar broer het 'n baard gehad!"

Friday, 26 September 2025

Vrydag-flits: Glo

Die diepste plooie vertel die mooiste stories ...
Die beste pad is die een waar jy die meeste geleer het ...
Die edelste mense het die swaarste pad geloop ...
Die diepste siele het op die hardste manier geleer ...
Die waardevolste lesse word geleer deur ons grootste seer ...
Die wonderlikste geskenk is die geskenk van Lewe ...
Die onmoontlikste dinge is moontlik as ons GLO!!! 

Thursday, 25 September 2025

Ouma se wenke: Allerlei

* Vul met  vrugte: 'n Koek wat in die middel gesak het, kan nog gered word deur die middel netjies uit te sny en die holte met ingelegde vrugte-jellie te vul.

* Foelie vir verf: Maak 'n verftaak makliker en skoner deur jou verfpan vooraf met aluminiumfoelie te bedek. Gebruik die swaardienstipe as jy dit het. Voer die verfpan daarmee uit deur dit teen die bodem en kante vas te druk. Sorg dat die foelie oor die rand gaan. As jy klaar geverf het, gooi die oortollige verf af en stroop die foelie af - jou pan is silwerskoon.

* Knip in 'n kits: Gebruik 'n kombuisskêr eerder as 'n mes om 'n pizza te sny - dis baie makliker.

* Red 'n gekraakte eier: 'n Gekraakte eier kan steeds gekook word as jy dit vooraf in aluminiumfoelie toedraai en 'n minuut langer kook.

* Watersakwenk: As jy langs die langpad met 'n oorverhitte enjin sit en jy het geen houer om water mee te gaan haal nie. Onthou dat jy water in 'n plastiese inkopiesak kan dra. Selfs 'n hol wieldop sal ook die doel dien. Onthou net om nooit die verkoeler se prop af te skroef of water in die stelsel te gooi voordat die enjin behoorlik afgekoel het nie.

Wednesday, 24 September 2025

'n Rustige erfenisdag vir elke inwoner

Hartsake oor 'n koppie tee: Die engel van die Here trek 'n laer rondom dié wat Hom vrees: Psalm 34:8

Wanneer jy ...
* vertroosting soek, bel Joh. 14 
* gesondig het, bel Psalm 51
* bekommerd is, bel Mat 6: 19 – 34
* in gevaar is, bel Psalm 91
* ons geloofs oë bietjie blind is, bel Heb. 11
* alleen en beangs is, bel Psalm 23
* verbitterd en sinies is, bel 1 Kor. 13
* voel dat almal teen jou is bel Rom 8: 31
* rus en vrede soek, bel Mat 11: 25 - 30
* voel dat die vlees oor jou heers, bel Rom 8: 1 - 30
* die huis verlaat om te gaan werk of te reis, bel Psalm 121
* voel dat jou gebede beperk en selfsugtig is, bel Psalm 6
* bemoediging soek vir ’n taak, bel Josh 1
* dink aan beleggings en opbrengs, bel Mark 10
* depressief is, bel Psalm 27
* vind dat die wêreld klein word en jy groot, bel Psalm 19
Alle lyne is oop: 24 uur, 7 dae van die week 

Monday, 22 September 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Gebed van dankbaarheid

Dankie, Here, vir U oorvloedige genade en barmhartigheid wat elke dag nuut is. Ons dink aan die Skrif wat sê: "Veel meer sal ons wat die gawe van geregtigheid en oorvloed van genade ontvang het, in hierdie lewe heers deur Jesus Christus (Rom. 5:17). Here, wanneer ek U dank dan verdwyn my bekommernisse en swaarmoedigheid. Help my om altyd dankbaar te wees. Help my om dankbaar te lewe. Ons kla en murmureer gedurig - ons vind daagliks fout - leer my om ook dankbaar te wees vir alles waarmee ek foutvind. Dankie vir sonskyn en dankie vir die reën wat op die regte tyd val. Dankie vir voëlgesang in die oggend en dankie vir my bure, vir mense wat vir my omgee. Dankie vir elke goeiemôre-WA en dankie dat ek ook vir hulle kan bid wat U só nodig het. Dankie dat U 'n goeie Vader is. Dankie dat ek U poorte met lof en danksegging kan ingaan. Amen.

Sunday, 21 September 2025

Oomblik van stilte: Rom. 13:12

Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.

Ja, dit is tyd dat ons uit die slaap wakker word, want die saligheid is nou nader as toe ons gelowig geword het (vers 11).
Die Satan slaap ook nie en probeer steeds met sluwe planne om die kinders van God te verlei. 
Een van die grootste wapens van die Satan is trotsheid; dit kan jou grootste val beteken.
Nog 'n wapen is verdeeldheid. 'n Huis wat in homself verdeeld is, kan nie bly staan nie. Hierdie twee wapens word veral onder kinders van God gebruik in kerke, huwelike, besighede, en tussen lande.
Ef. 6 se wapenuitrusting is baie belangrik; ons kan net staande bly deur Christus in ons lewens.

Here, ek sit baie keer aan die slaap en besef nie hoe die Satan, soos 'n brullende leeu my ook wil verskeur nie. Here, ek beklee my met die Here Jesus Christus, om geen voorsorg te maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie (vers 14). Laat ek welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie (vers 13). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Dear grandchildren and great grandchildren

Arthur Astrop: When I was young I was always very very busy, with all sorts of interesting and exciting things to do. Just like you right now, in fact! As a result, there was plenty of time to ask questions of my parents, my aunts and uncles, and my grandparents, who would all be around for a very long time yet.

Such questions as ‘Where were you born? Where did you go to school? What subjects were you good at? What subjects did you hate? What was your first job? Where were you in the first world war? How did you meet your partner? And so on. In fact, of course, there was not plenty of time.

While I was still being very busy’, growing up, starting a career, getting married, and becoming a parent, first my grandparents and then my parents died. Too late I realised that there were few, if any, relatives left to answer my questions about their lives.


I would not like this to happen to you. Start to ask questions. 

Start here at Ons Huis. One day it will be too late!

Friday, 19 September 2025

ACVV Ons Huis goes PURPLE for dementia awareness


"To love a person is to learn the song in their heart, 
and sing it to them when they have forgotten"

Thursday, 18 September 2025

Kimberley goes PURPLE for dementia awareness


"Caregivers, you are not alone!"

Can you share details about major ongoing projects or initiatives?
* During Purple parkrun in September, participants wear purple for the Run for Dementia at the Rooifontein game farm next to Kimberley.
* A WhatsApp support group is available for those affected by dementia. In-person meetings occur monthly at the Belgrave Lodge and quarterly at the Acacia Retirement Village, offering a safe space to share experiences and gather information.
* Monthly activities for the elderly is held at Belgrave Lodge, which include games, sing-along, chair exercises, and fun-filled social engagement.

Currently, more than 55 million people all over the world have dementia, with nearly 10 million new cases reported annually, with over 60% of these living in low and middle-income countries.

Wednesday, 17 September 2025

Uitnodiging na die ACVV se jaarvergadering

U word hartlik uitgenooi na die ACVV se jaarvergadering.
Waar: ACVV Ons Huis, Ariadne Rylaan 8, Beaconsfield, Kimberley
Wanneer: 23 September 2025 om 09:00
RSVP: 22 September 2025 by 053 842 1141  
Jy is baie welkom!

Hartsake oor 'n koppie tee: As jy fout soek, sal jy fout vind ...

... maar as jy kyk om die mooi te sien, sal die detail van God skepping en die noukeurigheid waarmee Hy werk, jou meer en meer verras in die mees gewone ontmoetings, 
plekke en prentjies langs jou pad ...
Al wat ons moet doen, is om die mooi in die lewe raak te sien.
Dit sal ons lewenskwaliteit verbeter!

Friday, 12 September 2025

A Man and A Dog and Heaven

A man and his dog were walking along a road. The man was enjoying the scenery, when it suddenly occurred to him that he was dead.

He remembered dying, and that the dog walking beside him had been dead for years. He wondered where the road was leading them.

After a while, they came to a high, white stone wall along one side of the road. It looked like fine marble. At the top of a long hill, it was broken by a tall arch that glowed in the sunlight.

When he was standing before it he saw a magnificent gate in the arch that looked like mother-of-pearl, and the street that led to the gate
looked like pure gold. He and the dog walked toward the gate, and as he got closer, he saw a man at a desk to one side.

When he was close enough, he called out, 'Excuse me, where are we?'

'This is Heaven, sir,' the man answered.

Would you happen to have some water?' the man asked.

Of course, sir. Come right in, and I'll have some ice water brought right up'.

The man gestured, and the gate began to open.

'Can my friend,' gesturing toward his dog, 'come in, too?' the traveler asked.

'I'm sorry, sir, but we don't accept pets.'

The man thought a moment and then turned back toward the road and continued the way he had been going with his dog.

After another long walk, and at the top of another long hill, he came to a dirt road leading through a farm gate that looked as if it had never been closed. There was no fence. As he approached the gate, he saw a man inside, leaning against a tree and reading a book.

'Excuse me!' he called to the man. 'Do you have any water?'

'Yeah, sure, there's a pump over there, come on in..'

'How about my friend here?' the traveler gestured to the dog.

There should be a bowl by the pump.'

They went through the gate, and sure enough, there was an old-fashioned hand pump with a bowl beside it.

The traveler filled the water bowl and took a long drink himself, then he gave some to the dog.

When they were full, he and the dog walked back toward the man who was standing by the tree.

'What do you call this place?' the traveler asked.

This is Heaven,' he answered.

'Well, that's confusing,' the traveler said. 'The man down the road said that was Heaven, too.'

'Oh, you mean the place with the gold street and pearly gates? Nope. That's hell.'

'Doesn't it make you mad for them to use your name like that?'

'No, we're just happy that they screen out the folks who would leave their best friends behind.

Thursday, 11 September 2025

Ouma se wenk: Mense dra by tot superkieme

Washington - Mense wat nie die volle kursus antibiotika gebruik wat aan hulle voorgeskryf is nie, dra by tot die vorming van sogenaamde superkieme - bakterieë wat weerstand ontwikkel teen die behandeling.

Só sê Amerikaanse dokters, nadat 'n Gallup-peiling wat deur die Amerikaanse Longvereniging laat doen is, getoon het dat meer as die helfte van respondente ophou om antibiotika te gebruik wanneer hulle gesond voel.

Indien pasiënte nie die volledige kursus antibiotika gebruik nie, of kleiner dosisse gebruik, word net die swakste bakterieë doodgemaak. Die res oorleef, en bou weerstand op teen die medisyne, het dokters luidens USA Roday gesê. - Sapa.  

(My dokter beklemtoon altyd dat ek my kursus antibiotika moet voltooi. Ek plaas 'n koerantberiggie waarop ek afgekom het om die dokters se opdrag te onderstreep. Luister maar na jou dokter - hulle weet altyd die beste.)  

Wednesday, 10 September 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Lewe een dag op ‘n slag

God het Sy hand op die rat
en Sy oog op die verste draai in die pad.
Daar is twee dae in elke week 
waaroor ons ons nie behoort te bekommer nie. 
Die een is gister, met al sy foute en kwellings, 
sy versuim en kwale, sy flaters en seerkry. 
Gister is verewig verby. 
Dit is buite ons beheer. 
Al die geld in die wêreld kan gister 
nie na ons terugbring nie. 
Ons kan niks wat ons gister gedoen het, 
ongedaan maak nie. 
Ons kan nie ‘n enkele woord wat ons gister kwytgeraak het, 
nou weer terugtrek nie. 
Gister is verby. 
Vir ewig verby.
Die ander dag waaroor ons ons nie hoef te bekommer nie, 
is môre met al sy moontlikhede, 
al sy laste en groot belofte 
en swak prestasies. 
Môre is buite ons onmiddellike beheer. 
Môre sal die son stralend 
of agter ‘n bank wolke opkom. 
Bekommer jou nie oor môre nie, 
want môre bring sy eie bekommernis of vreugde. 
Dan bly daar nog ‘n dag oor - 
Vandag ... 
Dis wanneer ons die laste en seer van gister afgooi, 
en die vrese en bekommernis van môre afgooi, 
na God uitreik en sê: " Here, hier is ek, sondaarmens. Heel my,"
dan het ons genoeg krag vir vandag. 
Dan sien ons kans om vandag voluit te leef. 
Dis nie die doen en late van vandag 
wat ‘n mens oor die afgrond dryf nie,
dis die bitterheid, onvergewengesindheid, seer
en laste van gister, wat ons alweer oordra na môre.
Lewe een dag op ‘n slag, 
dan lewe jy vandag. 

[Geleen]

Monday, 8 September 2025

Vandag se internetgebed vir jou: My genade is vir jou genoeg

Dankie, liefdevolle Heer, dat ons kan weet dat ons altyd in u gedagtes en in u Vaderhart is. Dankie vir die wete dat U vir ons almal ewe lief het en dat nie één van ons belangriker is as die ander nie. Dankie, Vader, dat ons die SEKER wete kan hê dat U ons liefhet met 'n ongelooflike liefde. Dankie dat ons ook vir mekaar kan bid. Gaan vandag met élkeen wat hierdie gebed lees. Vou hulle toe met u liefde, sodat hulle u warmte kan voel in 'n wêreld wat dalk sy koue kant na hulle toe gedraai het. Gaan met elkeen wat siek, alleen of hartseer en in pyn verkeer, fisies of geestelik. Droog hulle trane af en troos hulle soos Ú alleen kan troos, omdat U ook hartseer en verwerping ken. In JESUS kosbare Naam bid ek dit. AMEN
 

My genade is vir jou genoeg.

My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.
[2 Kor. 12:9]

Sunday, 7 September 2025

Oomblik van stilte: Lukas 10:33-35

Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,
en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg.
En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom. 
Lukas(10:33-35)

Die barmhartige Samaritaan het jammer gevoel vir hierdie man - sy gevoelens het positief gewerk en hy het daarvolgens gehandel. Kind van God , die Here het ons emosies gegee waarvolgens ons ook moet handel. Die regte dinge moet doen. Die barmhartige Samaritaan het gehandel volgens emosies. Hy het jammer gevoel. Jou emosies is ook God se instrument! Hy was in daardie oomblik 'n helper, 'n versorger, 'n herberg vir sy naaste. Kom ons elkeen leef Jesus se GESINDHEID uit en reageer op die barmhartigheid binne ons.

Here my God, skep in my 'n hart vol barmhartigheid! Help my om my naaste in nood raak te sien. Help my om positief te reageer op my gevoelens. In Jesus kosbare naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 6 September 2025

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt


Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord. 

* Koos kry werk as 'n lewensredder in Durban.
Na sy eerste dag as lewensredder, kom Koos heel tevrede by die huis aan.
Koos aan sy vrou: "Weet jy, die mense wat hier in die see swem, is baie vriendelik. Nie minder as sewe mense het entoesiasties vir my gewaai nie."

* Koos het jare terug as bevelvoerder vir die weermag gewerk. Hy is met 'n groep manne vir 'n oorlewingskursus die woestyn in. Eendag roep hy die manne bymekaar.
Koos: "Ek het goeie én slegte nuus. Die slegte nuus is dat ons kos op is en dat ons van nou af op sand sal moet oorleef. Die goeie nuus is dat daar genoeg sand vir ons almal is."

* Koos het na 'n onsuksesvolle en uiters kort loopbaan as lewensredder by die polisie aangesluit. Die polisie versprei vier foto's van 'n gevaarlike misdadiger. Een foto van voor, een van agter, een van links en een van regs. Die stasiebevelvoerder gee vir Koos die 4 foto's van die misdadiger en reken by homself dat hierdie 'n feitlik onuitvoerbare opdrag vir 'n nuweling is. Maar dit is 'n goeie opdrag om te sien of Koos wel geskik is vir hierdie pos.
'n Paar uur later kry die hoof van die moord-en-roofafdeling die volgende faks: Het die foto's ontvang. Al vier is in hegtenis geneem - sersant Koos van der Merwe.

Friday, 5 September 2025

Poem: A Part of Me Died

It didn’t kill me, but something changed,
A piece of me lost, forever estranged.

I walked away, yet not the same,
A shadowed soul, a quiet flame.

That day took part of who I was,
Left me searching, without cause.

I carry on, but feel the void,
A heart once whole, now destroyed.

It didn’t end me, but I’m not whole -
An echo remains, deep in my soul.

I’m here, I breathe, but truth denied -
A part of me, that day, quietly died.

Thursday, 4 September 2025

Ouma se wenke: Vlekke

* Koppies: Week die vlek in 'n eetlepel sout en een koppie water. Nat sout verwyder die vlekke van koppies en pierings. Week koffiebekers oornag in 'n bleikmiddel om van vlekke ontslae te raak.

•Kougom: Verwyder kougom uit jou klere om die taai kol met grondboonbotter te smeer. Die olierigheid en so werk te mooi saam om die taaiheid uit te kry. So 'n klein bietjie vryf en alles is uit of vryf 'n ysblokkie daaroor sodat dit kan hard word en trek af. As dit 'n vlek los, druk 'n bietjie bloekomolie of terpentyn op. Dis geskik vir vloere, matte, teëls en materiaal.

* Marmervlekke: Om vlekke uit marmer te haal strooi jy fyn boraks op. Was dit na 'n paar minute af met warm water.

* Bloed: As die bloed reeds droog is, week in koue soutwater (een eetlepel sout per liter water).
* Mielieblom kan bloedvlekke verwyder. Spoel die vlek in koue water, vryf dan klam mielieblom in. Plaas die item in die son.
* Om bloedvlekke uit te kry – week goed in parrafien en dan weer in koue water.
* Sodawater of wit asyn haal gewoonlik bloedvlekke uit matte uit.
* Week bloedvlek in koue water indien moontlik voordat die bloed droog is - en was daarna met seep in koue water.

Wednesday, 3 September 2025

Sekretaressedag

Groot waardering vir julle harde, eerbare en omgeewerk. Ons is baie dankbaar vir die groot rol wat elke administratiewe beampte op 'n daaglikse basis speel en om te help om van hierdie ouetehuis 'n suksesvolle instansie te kan maak.

Hartsake oor 'n koppie tee: Onthou die ses geheime van geluk

1. Maak jou hart skoon van haat.
2. Werp al jou bekommernis op Hom, want Hy sorg vir jou.
3. Leef eenvoudig.
4. Gee meer.
5. Verwag minder
6. Geniet elke dag ten volle - in Jesus-liefde.

Gebed: O Here, U is so getrou. Van die dag van my geboorte af, kyk U na my.  Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar! Ek sien, hoor, kan dink en redeneer, gesels en lag. En as daar 'n traan is, is U daar om te troos. U is groot en magtig. Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en 'n pragtige deel is vir my afgemeet. Dankie Vader, elke dag is vol van U genade; en dit is alles onverdiend. Bly by my, o Heer - nou en altyd. Amen.

Monday, 1 September 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Mag U liefde die vingerafdruk wees wat ek nalaat

Leer my, God van Liefde, om U so te dien dat ek sal gee sonder om die prys te bereken; sal liefhè sonder om te vrees; sal dien sonder 'n gedagte aan beloning. Mag U liefde die vingerafdruk wees wat ek nalaat op elke lewe wat my pad kruis. En dankie dat ek hierdie gebed kan deel met so 'n spesiale leser soos die èèn wat nou hierdie boodskap lees ... Seën haar of hom en omvou hulle met U liefde én vrede. Mag die HERE jou in die palm van SY hand dra en jou ryklik seën! Amen!

September-verjaardae


29 - Mnr. N du Toit