Tuesday 27 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 9 dag 2

Jaarlikse Yonder Hartsfees:


29 Augustus - 1 September 2024


Die fees wat jou hart steel
en wat jy met almal moet deel!


Ons Huis se pannekoekstalletjie is die een wat die kaneelseine oor die terrein uitstuur! Onthou, geen fees is 'n volwaardige fees sonder 'n aromatiese koppie koffie in die een hand en 'n dubbele pannekoek in die ander hand nie!! Sien jou daar!

Tips from Granny: Save old containers for reuse

"Who needs to spend money on containers when you can use sour cream or yogurt tubs to store leftovers, pack a lunch or organize screws in the garage. Wash out glass bottles to make a flower vase or turn a 2-liter bottle into a bird feeder. The sky is the limit here and remember, any container that you save is money in the bank."

Monday 26 August 2024

One tree at a time - plant a free tree where you live

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 9 dag 1


Wees deel van hierdie Bybellees-UITDAGING:
- Miskien is dit nie toevallig dat hierdie uitdaging juis op hierdie tydstip van jou lewe kom nie.
- ⁠Ervaar die verryking van gereelde Bybellees.
- ⁠Hoor opnuut weer die Gees van die Here met jou persoonlik praat deur sy Woord.
- ⁠100 Bybelgedeeltes wat jou ‘n goeie oorsig oor Bybel as geheel bied.
- ⁠Lees 5 dae per week.
- ⁠20 weke, dus 100 dae van lees.
- ⁠Indien jy nog nie begin lees het nie, begin nóú deelneem aan die uitdaging. Aan die einde kan jy gedeeltes in haal wat jy gemis het.
- 100 ESSENSIËLE SKRIFGEDEELTES!  

Vandag se internetgebed vir jou: Dankie, God vir nog 'n dag

Dankie, God vir nog 'n dag,
'n geleentheid om na U wil te leef
om weer die vreugde van die lewe te voel
en die blydskap te ervaar van gawes aan ander
Dankie vir vriende wat verstaan
En die Vrede wat vloei uit U liefdevolle hand
Help my om wakker te word met die oggendson
Met die gebed vir vandag - U wil geskied ...
Want met U hulp, sal ek die reguit pad loop
Dankie weer o God vir vandag ...

[Anoniem] 

Sunday 25 August 2024

126 000 keer is daar by Ons Huis Kimberley ingeloer

Ons harte by Ons Huis loop oor van dankbaarheid


Dankie aan die talle mense wat hande gevat het met Ons Huis en donasies by die kantoor kom afgee het. Ons het 'n redelike lywige lysie saamgestel van alles wat benodig word vir die pannekoek- en vetkoekstalletjie van die ACVV en ADASA by die Yonderfees eerskomende naweek. 'n Mens staan werklik verstom oor die welwillendheid en die omgee van Kimberley se mense. 

'n Yslike-uit-die-hart-uit-dankie!!

Daniël Louw het gesê  dat barmhartigheid, omgee, medelye en mededeelsame naasteliefde maak die lewe mooi. Dit is presies wat ons by Ons Huis ervaar het.

Ons sien julle by die fees wat 29 Augustus begin. Moenie na die weer kyk nie - sleep familie, bure, vriend en vyand saam met jou na die fees en kom ondersteun ons!

Sien jou daar!! 

Klik HIER vir die bestanddelelysie.

Oomblik van stilte: Luk. 7:7(b)

... sê dit maar met 'n woord en my kneg sal gesond word.


Die weermag het 'n rangstelsel wat orde en veiligheid bevestig. Vanuit hierdie stelsel kom 'n hoofman oor honderd en versoek Jesus om net 'n woord te spreek om sy kneg gesond te kry; hy weet dat Jesus nie nodig het om tot by hom te kom nie; daarby weet hy ook dat jy nie sommer net by 'n baie hoër rang instap nie, vanweë die lynstelsel (rangorde) in die weermag. Hy beskou Jesus as baie hoër as hyself (soos 'n koning, en konings gaan nie sommer in onderdane se huise in nie) en dat hy nie waardig is om voor hom te verskyn nie. Jesus het 'n woord gespreek het.en die kneg is genees.

Dankie Vader, vir die Seun wat U gestuur het om ons barmhartig te wees en te genees met u woord. Uit die aard van die saak, is U die woord van God, wat lewendig geword het en onder u mense kom woon het. Ek dank U vir die geloof wat in my geplaas is, waarmee ek vandag mag vra vir, u hulp en bystand, deur u genade, u woord gespreek oor my, vir hierdie dag. Bewaar my van die bose en laat U verheerlik word deur my hele lewe in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Friday 23 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 8 dag 5

Weekly message from the angels


I want you to know
that you are
a very special person
and that you are loved!

Terugflits: As teerpad grondpad word

Ek het die voorreg om by mense te gaan kuier wat ek baie jare laas gesien het. 'n Mens sien mos altyd vreeslik baie uit na so 'n kuier - daar is so 'n opwinding in 'n mens - jy kan nie wag om daar te kom nie.

Hulle bly in die middel van 'n plattelandse dorpie. Nooit moeilik gewees om daar uit te kom nie.

Die besoek is egter 'n uitdaging: Waar ek altyd maklik sommer in 'n teerpad afgedraai het, tot daar is die teerpad opgelig.

Skielik ry jy in die middel van 'n dorpie - waar voorheen 'n baie belangrike teerpad was - op 'n grondpad tot by hulle huis. Hoe vreemd is dit?

Swak instandhouding en wanbestuur het ook in daardie dorp sy spoor gelaat. Die slaggate het ál meer geword, instandhouding al hoe moeiliker, die infrastruktuur het verval, en, werklikwaar, 'n teerpad het 'n grondpad geword.

Die pad was in so 'n toestand dat dit goedkoper geword het om die hele teerpad op te lig. Hoe skokkend is sulke agteruitgang. Ek wonder hoe gebeur dit dat 'n teerpad 'n grondpad word? Waar vooruitgang is, verwag 'n mens tog eerder alle grondpaaie sal mettertyd teerpaaie word - maar daar is 'n teorie en 'n praktyk. 

Soms werk dinge andersom. Dit is eers toe ons deur Klerksdorp ry, verby iemand wat vir daaglikse brood vra, dat die hardheid van die lewe my tref.

Daar by die verkeerslig vra sy haar daaglikse brood - en een van my kinders maak 'n opmerking: "Die tannie se teerpad het ook 'n grondpad geword."

Die lewe is nie veronderstel om so uit te loop nie. Die lewe se draaie is nie altyd maklik nie, dit is nie altyd sag nie, dit is nie altyd vordering en beter as gister nie.

Soms versleg dinge, soms word ook by ons 'n teerpad 'n grondpad.

Die redes hoekom 'n teerpad soms 'n grondpad word, is legio. Partykeer is dit eie skuld, partykeer is dit omstandighede, partykeer is dit 'n sameloop van omstandighede.

Hou moed, daar is altyd weer 'n teerpad voor.

[Bron: Noordkaap Bulletin - Twyfelhoekie - Hannes Noëth]

Thursday 22 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 8 dag 4

Liz' thoughts



Click HERE for more.
 

Be An Angel Day


On August 22nd, National Be An Angel Day encourages good deeds and kindness to others. By supporting those in need and inspiring others to kindness, we display an act of an angel here on earth.

Wednesday 21 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 8 dag 3

Woensdagwense: week 34

Happy Senior Citizen Day


On August 21st, National Senior Citizens Day recognizes the achievements of the more mature representatives of our nation. The day provides an opportunity to show our appreciation for their dedication, accomplishments, and services they give throughout their lives.

Tuesday 20 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 8 dag 2

Jaarlikse Yonder Hartsfees: Kom kuier by die ACVV- & ADASA-stalletjie



Raak Betrokke

Maak ‘n verskil deur betrokke te raak. Fondsinsameling is 'n groepspoging - kom word deel van ons omgeegroep. Vrywillige hande is meer as welkom om op 'n roterende basis te kom help by die pannekoekstalletjie! Kontak Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure! Ons wag vir jou oproep!

Monday 19 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 8 dag 1


Wees deel van hierdie Bybellees-UITDAGING:
- Miskien is dit nie toevallig dat hierdie uitdaging juis op hierdie tydstip van jou lewe kom nie.
- ⁠Ervaar die verryking van gereelde Bybellees.
- ⁠Hoor opnuut weer die Gees van die Here met jou persoonlik praat deur sy Woord.
- ⁠100 Bybelgedeeltes wat jou ‘n goeie oorsig oor Bybel as geheel bied.
- ⁠Lees 5 dae per week.
- ⁠20 weke, dus 100 dae van lees.
- ⁠Indien jy nog nie begin lees het nie, begin nóú deelneem aan die uitdaging. Aan die einde kan jy gedeeltes in haal wat jy gemis het.
- 100 ESSENSIËLE SKRIFGEDEELTES! 

Vandag se internetgebed vir jou: U ken al my behoeftes


Sunday 18 August 2024

Oomblik van stilte: Ps. 16:5

Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot.


Daar is duidelik net een erfenis en dit is die een van God af. Hy vul jou beker waaruit jy sy goedheid sal drink. Hy het die beker van dood en bitterheid gedrink namens jou. Jou toekoms en alles wat met jou gebeur is in sy hande.

Dankie my Vader, U is met heerlikheid, eer en glorie gevul en U deel is my erfdeel, my lot. U gee aan my lewenskrag en barmhartigheid om te drink in my beker. My beker loop oor van u goedheid en guns. U vul my beker na die rykdom van u heerlikheid. (Vers 7) Ek sal die Here loof wat aan my raad gegee het, selfs in die nag vermaan my niere my. (Vers 9) My hart is bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon. U sal ek voor my stel en u Naam altyd verheerlik. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday 17 August 2024

Dankie, vir die reaksie tot nou - lees weer, besin weer, besluit weer en skenk nog een keer, asseblief!

Vanaf  29 Augustus tot Sondag, 1 September 2024 is die pannekoek- en vetkoekstalletjie aan die ACVV en ADASA (Alzheimers) Kimberley, by die jaarlikse Hartsfees te Yonder, toegeken. Dit is dus 4 dae wat die 2 organisasies vir fondsinsameling pannekoek en vetkoek verkoop. 

Sonder u gewaardeerde hulp sal ons dit nie kan doen nie. Ons benodig bestanddele en vra asseblief vir hulp van u  of u organisasie/besigheid. Hieronder is 'n lys van wat ons benodig:

* koekmeel - ten minste 20 kg
* suiker - ten minste 20 kg
* pypkaneel
* bakpoeier
* suurdeeg
* sout
* asyn
* olie - ons het redelik baie nodig vir die vetkoek bak
* eiers - hiervan het ons ook heelwat nodig
* maalvleis
* hoenderfilette
* mayonnaise
* blik of 2 "Spray & Cook"
* gevriesde gemengde groente om by die maalvleis te voeg
* verpakking

Ons as bestuur en personeel van die twee organisasies wil u byvoorbaat vir u gewaardeerde bydrae bedank.

Vriendelike groente.
Irma van As en Emsie Malan
(Bestuurders van ACVV Kimberley en ADASA Kimberley) 

Kontak Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure
Ons het jou hulp nodig!

Saterdaglagmedisyne

Die Katolieke Kerk in Clanwilliam het sy 100ste herdenking gevier en heelwat voormalige priesters en biskoppe het die seremonie bygewoon. Die priesters wou graag die enormiteit en die grootsheid van die dag en die kerk se rol in die samelewing by die kinders tuisbring. Hy begin deur te vra: "Weet enige van julle wat die biskop doen?"
Daar volg 'n doodse stilte.
Uiteindelik sê een klein seuntjie baie ernstig: "Die biskop is die een wat jy diagonaal kan skuif." 

Friday 16 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 7 dag 5

Weekly message from the angels



Sending cheerful
thoughts
to brighten your day!

Terugflitsflentertjie: Slaap uit Big Ben se oë gevee

Londen - Nie enige hierjy kan sommer 'n 143-jarige reus sy vyfjaarlikse gesigwas gee nie. Spesiale "klim-tegnici" wat gewoonlik op oliebore werk, is ingeroep om die slaap uit Big Ben se oë te vee.

Gelukkig het hulle geen voël- of dou-skade in die ou grote se glasgesig aangetref nie.

"Net een of twee glasbarsies en dit sal herstel word," het mnr. Mike McCann, klokwagter, gesê.

Besoekers vergaap hulle die week kop agteroor aan die skoonmakers wat soos vlieë in Big Ben se 7,5 m breë gesig koes-koes uit die pad van sy 4,25 m lange minuutwyser bly.

Min mense weet van die Suid-Afrikaanse boeties van Big Ben, eintlik die naam van die 14 ton-klok in die St Stephen-toring.

Me. Joan Abrahams van Suid-Afrika, 'n kenner van oorlogstradisies, is in Londen vir die oorhandiging van haar boek, A Two Minute Silent Pause to Remember, oor die jaarlikse wêreldwye tweeminutestilte vir oorlogslagoffers, wat op 11 November om 11:00 deur Big Ben se eerste klokslag ingelui word.

Abrahams sê die enigste ander horlosie wat deur Lord Grimthorpe, ontwerper van Big Ben se horlosie, gebou is, is dié van die Kaapstadse stadsaal.

[Bron: Klasgids 37:1, Februarie 2002, bl. 26]

Wednesday 14 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 7 dag 3

The Lord's Comma Child

Sometimes, Lord ... Sometimes life bumps one's straight-walk upside down. Just like that without you asking. Sometimes it is a crooked look or a crooked word, or a child's straight-being, or life's demands that are just too much and the time that just can never get to everything. Or disease. Or dead. And then one goes and lies like a comma in front of your feet ... Crooked bent, arms in front of the chest, and legs folded up to your heart.

I am your comma child, Lord. Sometimes I hop and dance through life. Sometimes I laugh from my stomach and spontaneously grab life between my fingers. Other times I walk like this at people and their words. And other times, Lord, I just curl up in a comma bundle at Your feet.

Thank you for never pushing your Comma children out of the way. Or turns around them don't walk. No, Lord. When you feel a Comma-child hesitant to your dress, you immediately stop, and bow with so much compassion and love and gentleness to your bundle of human. And if the Comma's prayer has touched up and gone, go and look for the Comma Child's eyes and heart for what needs to be said. And then you listen with your heart, right Lord?

Comma kids get hurt easily, Lord. But nobody knows about it. They cry inside, where no one can look or hurt. They laugh and live everyday as if it were their last. And tonight, when the sun is going to store his head, go lay them in a comma before your feet. And when they feel safe enough, they watch their insides out in front of you.

A Comma Child's inside is safe when you fold your hands gently. Comma children struggle to trust, Lord. They don't fold up like a comma for free, it's to protect them inside. But you know this, right Lord. Therefore stretch out your arms silently to the Comma creature, and carefully count her tightly against Your heart. There where she can feel Your sincere, safe love. There where it is not necessary to fold in a comma. There where she can take a deep breath and hear Your voice saying softly to her: "Come to Me ... I want to give you rest so much. ”

Thank you for never drawing a line through the life of a Comma Child, Lord. Thank you for knowing and understanding the hearts of your Comma Children ... Because Commas struggle to speak. And when the Comma learns that You are love and knows that Your arms are safe and that Your voice is soft, she slowly begins to lift her head and looks the world straight-in-the-eye.

Because the God of Comma Children is also her God. And He loves her. And that's enough for her, nê Here?

All of my love.
U Comma Child.
(Katrienkie@2024)

Woensdagwense: week 33

Tuesday 13 August 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 7 dag 2

Lees, besin, besluit en skenk, asseblief!

Vanaf  29 Augustus tot Sondag, 1 September 2024 is die pannekoek- en vetkoekstalletjie aan die ACVV en ADASA (Alzheimers) Kimberley, by die jaarlikse Hartsfees te Yonder, toegeken. Dit is dus 4 dae wat die 2 organisasies vir fondsinsameling pannekoek en vetkoek verkoop. 

Sonder u gewaardeerde hulp sal ons dit nie kan doen nie. Ons benodig bestanddele en vra asseblief vir hulp van u  of u organisasie/besigheid. Hieronder is 'n lys van wat ons benodig:

* koekmeel - ten minste 20 kg
* suiker - ten minste 20 kg
* pypkaneel
* bakpoeier
* suurdeeg
* sout
* asyn
* olie - ons het redelik baie nodig vir die vetkoek bak
* eiers - hiervan het ons ook heelwat nodig
* maalvleis
* hoenderfilette
* mayonnaise
* blik of 2 "Spray & Cook"
* gevriesde gemengde groente om by die maalvleis te voeg
* verpakking

Ons as bestuur en personeel van die twee organisasies wil u byvoorbaat vir u gewaardeerde bydrae bedank.

Vriendelike groente.
Irma van As en Emsie Malan
(Bestuurders van ACVV Kimberley en ADASA Kimberley)

Kontak Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure
Ons het jou hulp nodig!

Jaarlikse Yonder Hartsfees: Die fees wat jou hart steel


Ons Huis BENODIG JOU HART, HANDE & VOETE vir hulle groot fondsinsamelingspoging by Yonder se Hartsfees. Ons pannekoekstalletjie is die een wat die reukuitnodiging oor die terrein stuur! Onthou, geen fees is perfek sonder 'n aromatiese koppie koffie in die een hand en 'n dubbele pannekoek in die ander hand nie!! 

Wanneer: 29 Augustus tot 1 September 2024
Waar: Malupark, Hendrik van der Bijlstraat, Kimdustria, Kimberley
Waarom: Omdat jou teenwoordigheid 'n verskil aan hulle maak vir wie fondse ingesamel word.