Wednesday 26 June 2024

Oomblik van stilte: Psalm

Ps. 7:12
God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.

Almal moet dit weet dat die mooi prentjies wat gereeld gewys word van God of van Jesus is nie altyd die waarheid nie. God is elke dag, elke sekonde kwaad oor die sonde en ongeregtigheid van die mens. 

Daarom het sy Seun al die ongeregtigheid uitgewis, deur ons met sy bloed te reinig en sy genade gegee, dat God ons nie vernietig nie. Tog het God die mens laat heers oor die werke van sy hande; U het alles onder sy voete gestel. (vers. 8) O Here, onse Here, hoe heerlik is U Naam op die ganse aarde. (Ps. 8:2)
Die Here is regverdig; Hy het die geregtigheid lief; die opregtes sal sy aangesig sien. (Ps. 11:7)

Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel: die getuienis van die Here is gewis: dit gee getuienis aan die eenvoudige. (Ps. 19:8). Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. (Ps. 19:14). Laat die woorde van my mond en die oordenkinge van my hart welbehaaglik wees voor U aangesig, o Here, my rots en my verlosser! (Ps. 19:15) Amen.

Ps. 9:2: Ek wil die Here loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel. (Ps. 9:3) in U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste. (Ps. 9:10) So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. (Ps. 9:11) En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U, die wat U soek, nie verlaat nie o Here! Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Woensdagwense: week 26

Verjaardagwense


Mrs Mosavel, I hope your celebration gives you many happy memories! Enjoy your special day.

Tuesday 25 June 2024

120 000 keer dankie!

Terugflits: Kimberley Jim en die perde

Dit kan 'n liegstorie ook wees, maar 'n man wat grys sou gewees het as hy nie bles was nie, vertel nou die dag in 'n vliegtuig 'n interessante storie.

Agt maande gelede, sê hy, staan een van sy kollegas, wat Kimberley Jim genoem word, een môre voor 'n plek waar mense geld op die perde verwed.

Kimberley Jim, wat dikwels wens hy kan vinnig ryk word, soos die delwers by Kimberley, vroetel in sy voorsakkie en haal R14 uit.

Hy staan nog so met die R14 en wonder of hy moet of liewer nie, toe staan 'n ou tannie van maklik 75 langs hom.

Sy wil haar nie met sy sake bemoei nie, sê sy, maar as hy die winste met haar deel, sal sy die geld gaan verwed volgens 'n stelsel wat sy van haar oorlede man geleer het.

Kimberley Jim is die soort mens wat grys tannies vertrou, met die gevolg dat hy die geld aan haar gee en 'n afspraak maak om haar die middag ná die wedrenne op dieselfde plek te kry.

Dit is toe dat hy sy eerste R350 000 gewen het.

Die ou vroutjie was sesuur daar met die wedkaartjie in haar hand en hulle het saam-saam die R700 000 gaan opeis.

Die volgende twee weke het Kimberley Jim haar elke wedrendag daar in die straat gaan soek, maar dit was eers in die derde week toe hy met R250 in sy hand voor die wedplek staan, dat sy skielik weer langs hom opduik.

Sy het R25 geneem en hom gedwing om die ander geld in sy sak te steek. Toe hulle dié middag sesuur weer voor die wedplek staan, was hulle elk R400 000 ryker. 

Na nog ses weke, sê die bleskop, was Kimberley Jim 'n man met byna R2 miljoen in die bank, maar met geen benul van wie die ou tannie is nie.

Al wat sy wou sê, is dat sy die Booysens-bus huis toe haal en nie saam met vreemde mans in motors ry nie.

Eers ná hul tweede groot geluk het hy sy vrou van die ou vrou se rol in sy geldwennery vertel. Hy het toe al vir sy vrou 'n nuwe motor gekoop en 'n stapel R50,00-note in haar handsak gedruk terwyl sy geslaap het.

Die meeste vroue sou dankbaar gewees het, maar Kimberley Jim s'n is 'n agterdogtige, jaloerse vrou. Sy glo nie die storie van die ou tannie en die weddenskappe nie.

Die volgende maand het sy elke wedrendag saam met Kimberley Jim voor die wedplek gaan staan, maar die ou vroutjie het nie een keer opgedaag nie. Kimberley Jim se vrou het hom begin wantrou.

Verlede week, toe sy vrou nié saamgaan nie, loop Kimberley Jim weer die ou tannie raak en sy gaan verwed R18 000 op die perde waarmee hulle elk oor die R200 000 wen.

Toe hulle dié aand groet en van mekaar wegstap, maak Kimberley Jim 'n draai en volg haar tot by die busterminus.

Hy klim vinnig voor haar in die Booysens-bus en gaan sit heel agter. Na 'n rukkie klim sy ook in en gaan sit omtrent in die middel. So ry hulle toe saam-saam Booysens toe.

Soos 'n regte speurder klim Kimberley Jim skelmpies by die bushalte af waar die ou tannie afklim en stap 'n hele ent agter haar straat af.

Uiteindelik gaan staan sy voor 'n geboutjie wat jare gelede 'n huis was, maar nou deur 'n loodgieter gebruik word. Sy sluit die deur oop en stap binne.

Kimberley Jim wag 'n paar minute en gaan klop toe aan. Hy klop en klop totdat sy vinger seer is, maar niemand kom maak oop nie.

Die volgende dag was Kimberley Jim vroeg by die geboutjie waar die loodgieter eers agtuur opgedaag het.

Toe Kimberley Jim hom oor die ou vroutjie uitvra, het die loodgieter gevra of hy koffie wil drink terwyl hy na die storie luister.

In Booyens weet almal van die ou tannie, het hy vertel. Sy het tot in 1952 in die huis gewoon wat nou die loodgieter se werkplek is.

Haar man is in 1950 aan myntering dood en sy het nie 'n sent geërf nie omdat hy alles op die perde uitgespeel het. Sy is twee jaar later in 'n armmansgraf begrawe.

Nou word vertel sy word nog soms in ons dorp, wat Johannesburg genoem word, gesien waar sy mans oorreed om haar met hul geld te laat perde speel.

Die mense vertel van mans wat al duisende rande gewen het, sê die loodgieter, maar daarna alles verloor het wat hulle ooit gehad het - huis, vrou, kinders, werk, motor en selfs hul verstand.   

- Gerhard Burger

[Die Taalgenoot - Kortom - Gerhard Burger - Mei 1992]

Wie van ons lesers kan hierdie storie onthou?? 
Laat weet gerus!!

Sunday 23 June 2024

Oomblik van stilte: Fil 4:7

En die vrede van God, wat elke verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. 

Die vredevors se vrede is nie die wêreld se vrede nie, dit is veel meer. Bou 'n vriendskapsband met jou Vader, sodat jy al jou begeertes in gebed en smeking en met danksegging met Hom kan deel. 

Die vrede in jou sal groei, omdat sy Gees meer en meer in jou sal word.
God se vrede is nie 'n wêreldse vrede wat materialisties van aard is nie, maar sy vrede is 'n vrug van sy Gees, wat in jou groei soos wat jy God meer en meer vertrou in jou lewe.

Dankie Here, vir u Heilige Gees wat my leer en herinner aan u goedheid en barmhartigheid wat my rustig maak elke dag. U vrede word deur u Heilige Gees aangesteek en brand in my, al die onrus van die wêreld se probleme uit. Ek loof U Here, vir die vrede in my hart wat deur die Heilige Gees gevoed word. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Poem: Slow Dance

Have you ever watched kids on a merry-go-round
Or listened to the rain slapping on the ground?

Ever followed a butterfly's erratic flight
Or gazed at the sun into the fading night?

You better slow down
Don't dance so fast
Time is short
The music won't last

Do you run through each day on the fly
When you ask "How are you?" do you hear the reply?

When the day is done, do you lie in your bed
With the next hundred chores running through your head?

You'd better slow down
Don't dance so fast
Time is short
The music won't last

Ever told your child,
We'll do it tomorrow
And in your haste, not see his sorrow?

Ever lost touch,
Let a good friendship die
'Cause you never had time to call and say "Hi"?

You'd better slow down
Don't dance so fast
Time is short
The music won't last

When you run so fast to get somewhere
You miss half the fun of getting there.
When you worry and hurry through your day,
It is like an unopened gift ...
Thrown away ...

Life is not a race.
Do take it slower
Hear the music
Before the song is over.

David L. Weatherford

Saturday 22 June 2024

Saterdaglagmedisyne


The elderly lady handed her bank card to a bank teller and said, “I would like to withdraw $10."
The teller told her, “For withdrawals less than $100, please use the ATM.”
The elderly lady wanted to know why.
The teller returned her bank card and irritably told her, “These are the rules. Please leave if there is no other matter. There is a line of customers behind you.”
The erlderly lady remained silent for a few seconds, then handed the card back to the teller and said, “Please help me withdraw all the money I have.”
The teller was astonished when she checked the account balance. She nodded her head, leaned down and respectfully told her, "You have $300,000 in your account and the bank doesn't have that much cash currently. Could you make an appointment and come again tomorrow?"
The elderly lady then asked how much she could withdraw immediately.
The teller told her any amount up to $3000.
"Well, please let me have $3000 now," she told the teller, who then handed it to her in a very friendly and respectful way. 
The elderly lady put $10 in her purse and asked the teller to deposit $2990 back into her account.

The moral of this story is: Don't be difficult with elders. They have spent a lifetime learning clever skills to get around obstacles unnecessarily placed before them.

[Thank you,Valerie, for putting a smile on the face of the elderly.]

Friday 21 June 2024

Vrydag-terugflits: Kersies van dank vir reën

Daar is iets in elke gemeente wat dit uniek maak.

In ons gemeente kry gemeentelede een keer per maand die geleentheid om 'n kersie te laat aansteek.

Die lang ry kersies op die preekstoel is daar om voorbidding te doen of dankie te sê. Oor die jare heen is daar kersies vir 'n verskeidenheid beproewinge aangesteek. Tussen al die kersies is daar een wat herhaaldelik aangesteek word - 'n gebed vir reën.

Aangesien reën in ons streek skaars is, is daar meer geleentheid om daarvoor te bid as om dankie te sê vir dit wat wel geval het.

Nog 'n gebruik wat ons gemeente kenmerk, is die dankofferdiens wat die eerste Sondag in November gehou word.

Die meeste motors word tuis gelos en lidmate stap kerk toe, koevertjie in die hand.

Die oggenddiens word in die ope lug op die gras gehou. Gemeentelede kuier gesellig saam en die dankbaarheid in die atmosfeer kan oor 'n afstand aangevoel word.

Die koevertjies en stapskoene vir dié jaar se dankofferdiens is betyds reggesit.

Maar die oggend van die dankofferfees kon die meeste lidmate nie kerk toe stap nie.

Nie omdat hulle siek of swak of laat was nie, maar omdat dit die vorige twee dae gereën het en die belofte van meer reën swaar in die lug gehang het.

Die dankofferfees is vanjaar in die kerkgebou gehou, maar met 'n gevoel van groter dankbaarheid as voorheen. Al die gebede wat vir reën opgegaan het, is verhoor. En daar is geen groter dankbaarheid as vir dié ongelooflike seën nie.  

[Dankie vir Anoniem wat die uitknipsel gestuur het. Besoek gerus Netwerk24 (Noordkaap Bulletin) se gereelde rubrieke - daar is baie stof tot nadenke in hierdie rubrieke.]

Thursday 20 June 2024

Verjaardagwense


Mnr. Malan, baie geluk met die herdenking van jou geboortedag. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi en goed is. Geniet die dag.

Liz' thoughts


Click HERE for more.

 

Wednesday 19 June 2024

Oomblik van stilte: Gen. 41:14

Toe laat Farao vir Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.

God kan jou omstandighede in 'n oogwink verander. Die Satan probeer jou gevange hou in jou sondes of in slegte onstandighede en siektes en kwale. As God jou roep, trek Hy jou nuwe klere aan, klere van geregtigheid deur sy Seun Jesus Christus jou bevestig. (sien Op. 3:5). Jy kan nie voor die Vader staan in jou sondige toestand nie, maar Jesus maak alles nuut vir jou.

Here, U het my geroep en uitverkies. U het my van die die bande van die dood uitgehaal en met nuwe klere aangetrek. U het my gewas en my ou kleed, al my sondes verwyder. U het my gereinig en ek sit nou in hemelse plekke, soos deur U alleen voorberei. Ek loof en prys en aanbid U heilige Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Woensdagwense: week 25

Tuesday 18 June 2024

Tips from Granny

* Actions speak louder than words.
* Be like an eagle
* Never interrupt people talking.
* Do what is right, not what is easy.
* Always put on a smile, it will make your friends happy and annoy your enemies.
* There's no pockets in a shroud.
* You can't take your money with you so enjoy it.
* Take care of your feet and teeth ... you’re going to need them for the rest of your life.
* Money doesn’t buy happiness, but no money brings the devil into the house.
* Work so you have money.  
* It’s not a sin to be poor.
* Beauty is in the eye of the beholder.
* If you’re wearing a skirt, cross your legs or ankles when sitting.

Sunday 16 June 2024

119 000 dankies

Youth Day 16 June

Dankie vir jou, pa ...


Ek wil vandag vir jou vertel, Pa
waarom jy vir my so spesiaal is.
Jy het 'n warm hart, Pa.
Jy is 'n omgee-mens.
Jy maak tyd om te luister. Jy praat reguit.
Jy leef wyd en oop en eerlik.
Jy sien die goeie in ander raak.
Hoe kan ons anders as om jou lief te hê!
Ons kan lekker lag en gesels, ek en Pa.
Ons weet hoe om saam te werk,
en alte dikwels saam te sukkel.
Dan hoor ek Pa sê: "Aanhou, moedhou, kophou!"
en ek weet: ons twee sal uiteindelik bo uitkom.
Jy, Pa, is 'n wyse man. Jy lê reëls neer
wat my veilig op koers hou.
Maar jy gun my ook die ruimte om te leef,
te droom, my gawes en talente te ontdek, te ontwikkel.
Ek waardeer jou oneindige geduld
met my planne en projekte.
Ek sien jou vreugde en trots
wanneer ek sukses behaal.
En loop sake skeef, kan ek op jou reken:
om my op te help, reg te help en my styf vas te hou.
Daarom sê ek dankie vir jou, Pa.
Jy het my lief. Jy loop voor my uit.
Jy is dáár vir my. Jy is vir my 'n voorbeeld.
Jy is ... mý pa!

[Judy Venter]

Wat is 'n Pa?

(Deur die oë van 'n kind)

Pa's werk baie hart en het baie papier gelt.
Pa's hou baie van teevee kyk op Saterdag.
Pa's wil slaap op Sondag.
Pa's maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hille is die baas.
Pa's het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee nie uit en stof af nie.
Pa's lees as hille kamer verlaat.
Pa's hou van tannies wat nie gelt het vir kleere nie en wat net kostjums dra.
Pa's gee hart pak as ma so sê.
Pa's gaan op vikansie en vat ma's en kinners altyt saam.
Hille krap hille gesigte skoon want dit wort vol hare as hule slaap.
Pa's werk altyt as kinners iets wil doen, en het baie werk vir kinners Ma's het ook baie werk vir pa's.
Pa's is kwaai maar hille is bang vir ma's.

[Ingestuur deur Anoniem.]

Friday 14 June 2024

Seniors in aksie (SIA): Kuier, klets en kielie, die spiereprojek


Verbeter die lewenskwaliteit van senior burgers. Gee die swak immuunsisteem 'n hupstoot, maak die brein wakker en terselftertyd ontspanne en stel sommer 'n klomp goedvoelhormone vry. 

Hoe is dit alles moontlik?  

Kontak Somé Ferreira (Maatskaplike werker, Solidariteit Helpende Hand, Noord-Kaap-streek) gerus by 082 944 6097 vir enige verdere navrae of as jy wil deel wees van hierdie opwindende projek.

Raak op 'n volhoubare wyse by die senior burgers betrokke. Dag vir dag raak ons ouer en beweeg ons nader aan hierdie selfde situasie waarvan ons op hierdie stadium net lees.

Thursday 13 June 2024

Ons Huis: Onthou jy nog?


Vergelyk hierdie stukkie nostalgie met vandag se fone - 'n mens vergeet hoe vinnig die fone verander het. Jou hele lewe word deesdae in die palm van jou hand gehou.

Verjaardagwense


Mrs L Calmeyer, may your special day be filled with love, laughter, and cherished moments that last a lifetime. Happy birthday!

Liz' thoughts


Click HERE for more.

 

Tuesday 11 June 2024

Dinsdag-denke: Wat beteken dit om oud te word?

Vir elke ouderdomsgroep beteken dit iets anders.

As jy in die laerskool is, dan is 21 al oud, en 50 stokoud! Maar 21 was lank terug daardie magiese getal waar jy skielik groot genoeg is om alles te kan doen wat jou hart begeer of wat die grootmense jou altyd verbied het om te doen. Op 21 het jy o.a. 'n sleutel gekry en was dit die verjaardag waarna jy die meeste uitgesien het. [Miskien kan iemand vir ons die storie agter die sleutel stuur, waar dit ontstaan het, asook die simboliese waarde daarvan of sommer net 'n lekker 21-storie.]

In jou twintigs is dertigs soos ’n berg voor jou, want dan voel dit of alles jou laaste kans is (vir vrouens wat nog nie getroud is nie, beteken dit jy gaan moontlik op die rak bly en was die etiket van oujongnooi om jou nek gehang.) Gedurende die jare word alles gedryf deur hormone - doen eers en dink later. Dit is woeste jare wat baie letsels kan laat agterbly vir die onverskilliges onder ons ... Miskien die waaghalsiges ook ...  Dis die jare van alles probeer - been there, done that.

In jou dertigs besef jy dié ouderdomstydgleuf is nie so sleg nie, want alles raak gevestig en daar is meer standvastigheid. Die gejaag van die twintigs is besig om te bedaar en plek te maak vir meer kalmte. Maar saam met die kalmte is daar ook soms stormwolke op die horison, veral wanneer die paartjie so tien jaar getroud is. Dis opmerklik hoe baie huweliksprobleme ontstaan wanneer mense so sewe of tien jaar getroud is en hoeveel van hulle nie die storm kan oorleef nie. Daar is seker ’n paar faktore soos die kinders wat gebore is, verg aanpassings in die verhouding. Die slypwerk aan mekaar begin in alle erns, veral met kinders in die prentjie en die druk om ’n suksesvolle loopbaan te vestig. Die verlange na die vryheid van die ongetroude lewe sonder verantwoordelikhede speel ook ’n belangrike rol, want die gevoel kan ontstaan dat dit nou of nooit is - nou om uit te klim of om vir die res van jou lewe aan die verhouding te werk. En daar is dikwels in so 'n verhouding een wat meer verantwoordelik as die ander een is en dan word die druppende kraan waarvan ons in die Bybel lees eerstehands ervaar.   

Veertigs raak amper weer ’n nagmerrie, amper soortgelyk aan die twintigs met die verskil - die twintigs wil alles doen voordat hulle rustig raak en begin settle, die veertigs wil alles weer probeer doen voordat hul dood of oor die wal is. Die veertigs word ook gedryf deur hormone - met die verskil - hul laaste stuiptrekkings wat dit veroorsaak. In die tyd is daar ook baie wat hul vryheid soek, want hulle verlang na wat hulle nie kon bereik of vind nie. Die ironie is dat sodra hulle die vryheid het om te gaan soek dan besef hulle dit was net ’n mirage wat hul najaag en dit wat hulle vang is slegs die wind wat niemand kan vashou nie. Dis ook ’n baie selfsugtige tyd want mense dink net aan hom- of haarself en glad nie aan die wederhelfte of die gesin nie.

Die jare word geken deur EK - ek wil hê, ek wil doen, ek wil ...

Die vyftigs raak weer rustig, daar is ’n kalmte en fokus wat saam met die jare kom. (Die op en af van jou ouderdomsgrafiek, is soortgelyk aan jou hart se grafiek.) Jy weet wie en wat jy is en jy begin vrede te maak met jou eie tekortkominge. In die huwelik het die meeste slypwerk reeds plaasgevind en die twee klippies lyk al amper dieselfde. Dis net so nou en dan wat daar ’n sandkorreltjie of wat in die mengsel inkom en so 'n effense growwigheid veroorsaak, maar die twee gladde klippe rol die sandkorreltjie gou fyn. Daar is ook ’n groter klem op die geestelike welsyn as op die materiële.

Die besef is gevestig, ... ek is oor die helfte van my lewe ..., die jare wat oorbly is hoogs waarskynlik minder as dit wat verby is. ’n Brandende behoefte begin in die hart te ontstaan om God beter te leer ken, om Sy wil op te soek, ... om reg te maak vir die onvermydelike en my deel vir die kerk te doen.

Hierdie jare, soos wat baie ook verwys na die goue jare kan voorwaar goue jare wees as jy bereid is om te luister na die Stem van die Almagtige wat voortdurend roep en daarna smag om saam met jou maaltyd te kom hou. Daar is ’n diepe besef dat ons soveel jare verspil het om die materiële na te jaag en dat ons ons Hemelse Vader afgeskeep het. Waar sou ons al in ons geestelike groei nie gestaan het as ons die soeke al jare gelede begin het nie. Vyftig plus jaar is 'n lang tyd.

Ons het onsself te kort gedoen aan die mees wonderlike seëninge wat daar op ons gewag het, al wat ons moes doen was om te vra en te dien. Ons het kosbare jare verspeel.

Daar is soveel mense wat kla oor die ouderdom en dat hulle nie oud wil word nie, hulle kla oor die skete en kwale wat daarmee saamgaan. Hulle is ongelukkig omdat hulle nie meer so lekker kan sien nie of ook nie meer so goed kan hoor nie, in plaas daarvan dat hulle dink hoe geseënd was hulle om vir 60 jaar goed te kon sien en maklik te kon loop - seëninge wat ons aanvaar het terwyl ons deur die eerste 50 of 60 jaar van ons lewe gehardloop het by wyse van spreke.

Hoekom dank ons nie eerder Vader vir die wonderlike geleentheid dat ons die goue jare kan beleef nie, dat ons ’n tyd ingaan wat daar vir ons geleentheid is om reg te maak voor dit te laat is?

Hoeveel sou die een wat voortydig gesterf het, nie gee vir net een dag ekstra om die saak met God reg te maak nie?

Wees dankbaar vir die ouderdom want dit is aan jou geskenk, elke dag is ’n geleentheid om tot Vader te keer, moenie die tyd wat daar nog is, verspil met die wêreldse dinge en klagtes nie. Min kinders wil oud word as hulle na die voorbeeld kyk wat die bejaarde dikwels projekteer.

Daar is ’n gesegde: Met grysheid kom wysheid. Maar dit is nie in alle gevalle waar nie, maar die dankbare gryses het altyd wysheid. 

Laat ons vandag in die dankbaarheid leef dat die ouderdom 'n genadegawe is wat nie almal beskore is nie en dat ons meer bevoorreg as baie ander is wat nie die kans het om hulle Ewigheidsaak reg te maak nie.

Dis nie aldag maklik om die ouderdom te hanteeer nie, maar ons kon die voortvarendheid en onbekendheid van ons vroeër jare beleef, die finansiële onstabiliteit, ons kon ons tieners se nukke en grille oorleef, waarom verkies ons om dan in ons goue jare in 'n hoek te gaan sit en te kla? 

Die probleem lê nie by sit nie, maar wel by kla ...

Monday 10 June 2024

'n Groot dankie aan elke e-kuiergas

Vandag se gebed vir jou: Omvou elkeen

Hemelse Vader, ek weet dat U liefde vir my onverganklik is
en niks my ooit daarvan kan skei nie.
Selfs in die swaarkry tye sal ek jubel.
Here, ons bid vir elkeen wat U nabyheid nodig het.
Omvou hulle met U liefde en vertroosting.
Amen 

Sunday 9 June 2024

Wat om in geskenksakkies vir Vadersdag te sit

Geskenksakkies is 'n fantastiese manier om jou senior pa te bederf. Hy is al verby die stadium van dasse, sakdoeke, sokkies of gereedskap. Dink nuut ... dink nou!

Om die perfekte items op te spoor en te vind, is waar die geheim lê. Jy ken jou pa, jy weet waarin hy belangstel, wat sy passie is noudat hy tyd het en rustiger is. Hierdie is slegs 'n paar idees om jou aan die dink te sit en om jou te help met die geskenksakkie.

Volgende week is mos Vadersdag - jy het 'n week oor om te dink, te snuffel en 'n verrassing of twee by die voorspelbare pakkie in te sit.

Sommige mense se behoeftes en voorkeure verander soos hul ouer word. Is jou pa dalk een van hulle? 

Wanneer dit by geskenksakkies vir senior burgers kom en in hierdie geval jou pa vir Vadersdag, is dit belangrik om hul huidige behoeftes en belangstellings in ag te neem. 

1. Persoonlike sorg
In die reis om ouer te word, word persoonlike sorg toenemend belangrik. Sluit items soos bevogtigende handroom, lipsalf en sagte seep in wat sag op hul vel is. Moenie vergeet om items vir mondversorging by te voeg nie, soos tandepasta en tandeborsels wat spesiaal vir seniors ontwerp is. Mondspoelmiddel is ook handig vir 'n vars-asem-gevoel. Hierdie is noodsaaklikhede wat hul gemak en welstand verseker. (Dink ook aan 'n smeerdingetjie vir pyn en seer gewrigte of pleisters om op daardie lastige stampplekke te plak.) 

2. Ontspanning
Alhoewel senior burgers oomblikke van ontspanning verdien, trakteer hulle hulself dalk nie altyd met hierdie luukshede nie. Gee vir hulle knus warm sokkies vir die koue winteraande, sagte komberse of selfs 'n oogmasker om hul ontspanningservaring te verbeter. ’n Stresbal of ’n handmasseerder kan ook gemak verskaf en spanning verlig. Onthou, 'n bietjie bederf gaan 'n lang pad!

3. Geestelike stimulasie
Om die verstand skerp en aktief te hou, sluit legkaartboeke soos blokkiesraaisels, Sudoku of woordsoektogte in om hul brein te betrek en ure se vermaak te verskaf. Alternatiewelik kan jy breinstimulerende speletjies  oorweeg. Hierdie items is nie net pret nie, maar help om kognitiewe vermoëns te handhaaf. Laai speletjies af op hul slimfoon of tablet om hul hand-oog-koördinasie geoefen te hou.

4. Lekkernye
Wie hou nie van 'n lekker bederf in hul geskenksak nie? Kies eetgoed wat maklik koubaar is, soos sagte koekies of lekkergoed met 'n vrugtegegeur. As jy 'n gesonde kinkel wil byvoeg, sluit 'n verskeidenheid neute of gedroogde vrugte in. (Biltong en droë wors klink lekker, maar dit is moeilik koubaar. Daardie geskenkies word maklik weggegee vir kuiergaste wat nog skerp tande het.) Vir die wintermaande is Milo of Cup of Soup 'n welkome plaasvervanger vir die gebruiklike tee of koffie.

5. Vermaak en stokperdjies
Maak seker dat hul geskenksak aangename aktiwiteite insluit wat by hul belangstellings pas. Oorweeg dit om 'n boek deur hul gunstelingskrywer by te voeg, 'n tydskrif of selfs inkleurboeke (vir die kunssinnige man is dit goeie oefening en hoef nie net tot die vroulike geslag beperk te wees nie.) Help hulle om vreugde in hul vrye tyd te vind. (Twee bejaarde bure het agtergekom dat hulle altwee vir hulle onderskeie skole se skaakspanne gespeel het ... so 65 jaar terug en net daar besluit die twee om elke oggend na ontbyt en elke middag na middagete - hulle het nie gaan skuinslê soos die ander inwoners nie - hul brein oefening te gee deur 'n goeie potjie skaak te speel. Dit het soveel belangstelling gelok, dat die aftreeoord 'n skaakklub het ... speletjies wat senior burgers as kinders gespeel het, is dalk net die regte medisyne vir lang dae.  

6. Praktiese toebehore
Praktiese items word altyd waardeer. Sluit nuttige bykomstighede in soos vergrootglase vir lees, pilorganiseerders om medikasie in orde te hou, of selfs 'n leeslamp wat aanknip. 'n Kopliggie vir lees wat 'n mens kan gebruik terwyl jy in die bed lê en lees, is die ideale geskenk vir 'n leesverslaafde. Hierdie funksionele geskenke wys dat jy omgee vir hul gerief en daaglikse behoeftes.

7. Bedagsame gebaar
Ten slotte, moenie die krag van 'n persoonlike foto (uit hulle prille jeug) onderskat nie. Voeg 'n persoonlike boodskap by om dit selfs meer betekenisvol en spesiaal te maak.

En nou kan jy jou verbeelding vrye teuels gee. 'n Landkaart of wêreldkaart teen die muur (geraam) vir die oupa wat graag in sy gedagtes saam met sy kinders of kleinkinders reis. Of 'n kaart van die nuwe blyplek van die kinders oorsee. 'n Geraamde stamboom of stamregister, 'n digitale fotoalbum, of sommer net genoeg sjokolade sodat bietjies-bietjies eet nie nodig is om die lekker langer te rek nie. My buurvrou se pa is baie lief vir 'n serp in die winter en elke nuwe serp wat pas by sy onderbaadjie of baadjie word goed ingewy. Hou maar die oë en ore oop vir 'n wenk of 'n behoefte.

Geniet die soek na artikels om hierdie 'n minigelukspakkie te maak!
Laat lewer 'n bord eetgoed vir die personeel van 'n ouetehuis of kerk af. Dis altyd lekker om dankie gesê te word en 'n bietjie bederf te word.

Oomblik van stilte: Hand. 3:16

En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal

Mense en jyself, ken jou met jou gebreke en tekortkominge; jy twyfel dat jy oorwinning kan behaal oor jou probleme. Dit is juis waar die krag van Jesus mense onkant betrap. Almal aanvaar dat sekere dinge normaal is en nie kan verander nie. Mense jaag Jesus weg as Hy Legio die varke laat invaar. Dit was by hulle 'n vaste instelling. Mense verwerp Hom as hy op die Sabbat mense gesond maak. Mense verwerp Hom as Hy verklaar Hy kom van sy Vader.

Jesus verander almal se gelowe en dit ontstel hulle. Jesus roep jou vandag en jaag alles uit wat onrein is. Hy heilig en reinig jou en was al jou sondes weg.

Dankie Here, U het my lewe kom verander. U het my tot bekering laat kom. U het al die vuil uit my lewe weggejaag. U het my in wedergeboorte ontvang. Ek is nuut in Jesus Naam. Ek het nou U Heilige Gees in my en ek aanbid U Seun van God. U naam reinig en heilig my. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

In die Hemel ...

Ek weet jy wonder soms
Hoekom dinge moet gebeur
En ek weet jy't baie vrae
En jou hart is baie seer
Ek weet my plek is leeg langs jou
Ek sal altyd by jou wees
As jy na my verlang
Onthou
Ek is by jou in die gees

My tyd op aarde is verby
My lewe was afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou
Nooit vergeet

Ek is nou in die Hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie

Ek is nou in die Hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel
Wat sy vlerke om jou hou

Ek sien jou trane elke dag
Ek wens
Ek kon dit afdroog
Ek wil nie hê jy moet huil nie, kyk
Ek is daar in die reënboog
Hier sal ek altyd wag vir jou
Hier in ons Hemelhuis
Ek hoop jy volg die regte pad
Tot hier by die kruis

My tyd op aarde is verby
My lewe was afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou

Nooit vergeet
Ek is nou in die Hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die Hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel
Wat sy vlerke om jou hou

Nou is ek die engel
Wat sy vlerke om jou hou

[Klik HIER om na die lied te luister]

Friday 7 June 2024

Terugblik: As ek was ...

Het jy al ooit gedink wat jy sou doen as jy 'n openbare figuur of selfs voorwerp, ag as jy sommer enigeiets anders as jyself sou wees?

Eben de Jager skerts oor die lewe as hy sê:
  • As ek 'n engel was, sou ek al die slegte mense besoek en aan hulle vertel wat hulle moet doen om te kom waar ek is.
  • As ek 'n professor was, sou ek net die dommes leer, want die slimmes kan vir hulself sorg.
  • As ek 'n by was, sou ek my angel in ander mense se sake gesteek het. 
  • As ek maar Anneline Kriel was, dan was dit nie meer nodig dat ek haar so hoef te bewonder nie.
  • As ek goud was, maar ek was nie geld werd nie, dan was g'n geld goud werd nie.
  • As my van Niewoudt was, het ek voorwaar my naam verander na Kubus.
  • As ek Harry Oppenheimer was, ai ek wens ek was ...
  • Koos van der Merwe? Dit sou ek nooit kon wees nie, want indien dit my naam was, was dit lankal verander.
  • As ek 'n onderwyser was, sou ek na ander wys.
  • As ek 'n visserman was, vang ek net dié visse wat ander laat wegkom.
  • Was ek 'n landdros, dan dros ek saam met die drosters.
  • As ek 'n president was, sou ek seker wens ek was nie!
  • As 'n lid van die vrouegeslag was, dan was ek die leidster van Womens Lib.
  • As ek Jan van Riebeeck was, het ek nog steeds in Tafelbaai geland.
  • Was ek 'n Voortrekker, dan het ek teruggetrek.
  • As ek 'n baas was, sou slim my gevang het.
  • As ek Langenhoven was, dan was al die eerbetoon te laat.
  • As ek 'n dokter was, het ek seker self gewonder wat my makeer.
  • Was ek 'n predikant, dan was ek aan die regte kant.
  • Was ek 'n rugbyspeler, sou ek soms die skeidsregter wou afstuur.
  • As ek 'n huurmotor was, sou mense in my sit, op my sit en my besit.
  • As ek 'n vorm was, wat ingevul moes word, dan het ek my pensioen by die staatskantoor getrek.
  • Was ek 'n spook ... dan sou ek seker in spoke moes glo!
  • As my van Botha was, ag, dan stig ek sommer my eie parlement!
  • As ek Tarzan was, het mense nog steeds gedink ek is 'n groot aap.
  • As ek 'n Skot was, kon my vrou my rokke dra.
  • As ek die son was, dan was ek seker al onder.
  • As ek 'n berg was, sou ek wonder wie het die molshoop so verander.
  • Was ek die Ontvanger van Inkomste, dan was mý leuse: dis beter om te gee as om te ontvang.
  • As ek die minister van finansies was, wonder ek of my eie maandelikse begroting sou klop.
  • Was ek 'n goeie atleet, sou ek ten minste vir my vrou kon weghol!
  • As ek 'n skaap was ... daar's mense wat dink ek is!
  • As ek 'n bottel tien-jaar-oud-brandewyn was, gits ek sou nie juis ouer word nie!
  • As ek 'n druiwekorrel was, sou mense my dalk as 'n alkoholis kon bestempel?
  • En nou ja, as ek 'n onnosele nikswerd, idioot was dan ... dan sou ek net aanhou om te doen wat ek nou doen.
Bron: Die Taalgenoot * September 1985 * Eben de Jager 

Thursday 6 June 2024

Wednesday 5 June 2024

Oomblik van stilte: Jos. 24:15

... kies dan vir julle vandag wie julle wil dien


Die lewe bestaan uit soveel keuses; ons soek almal kort pad vir ons uitkomstes. Keuses moet gemaak word en dan moet jy dit reg bestuur, al is dit die verkeerde keuse. As dit egter kom by die Ewige Lewe is daar net een keuse en dit is die Seun van die Lewende God. Al die ander keuses in jou lewe is ondergeskik aan Jesus jou Verlosser en Saligmaker. 'n Verkeerde keuse op díé gebied kan jou, jou lewe kos, die Ewige Lewe.

Dankie Here, U het vir my gebid dat ek nie die pad byster raak en U verloën nie. Ek was verlore maar U het my kom soek aan van die dood gered. Omdat U my eerste liefgehad het, het ek U gekies. Dankie dat U my uitverkies het. Nou kies ek U. Omdat U leef sien ek kans vir môre en my vrees verdwyn. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Woensdagwense: week 23

Tuesday 4 June 2024

Terugflits: Raak ontslae van die winterkwale

Jy word met 'n dik kop en krapperige keel wakker. Jy is moedeloos ... die somer is hier en jy kan die verkoue en griep net nie afgeskud kry nie.

Die oplossing lê by jou immuunstelsel. Die immuunstelsel is die liggaam se natuurlike verweer teen siektes. As hy verswak, kan hy nie die aanslae van kieme en bakterieë afweer nie en jy word siek.

Verswakte en oorlaaide immuunstelsels is vandag 'n algemene verskynsel. Ons leefstyl en omgewing het só verander dat ons gestel deesdae sukkel om by te bly. Ons stresvlakke is hoog, die lug wat ons inasem is vol uitlaat- en ander gifgasse en ons water is dikwels besoedel met metale, hormone en gifstowwe waarmee ons landbougrond behandel word. 'n Ongesonde leefstyl insluitend ongesond eet en aanhoudende gebruik van antibiotika, takel ook die gestel af. As jou immuunstelsel nie behoorlik funksioneer nie, gaan jy ook sukkel om gewig te verloor. Trouens, dit kan selfs veroorsaak dat jy gewig optel omdat dit tot 'n wanbalans in die biochemiese samestelling van die liggaam kan lei en veroorsaak dat jy aanhoudend wil peusel.

'n Swak immuunstelsel laat jou nie net met onvoldoende beskerming teen kieme nie, dit hou ook die risiko in dat jy 'n hele rits outo-immuunsiektes kan ontwikkel ... soos artritis, hartsiektes, kanker, asma, suikersiekte, hoë bloeddruk, hoë cholesterol en jappiegriep.

Dié siektes ontstaan wanneer die immuunstelsel so oorlaai word dat dit deurmekaar raak, sy eie selle en weefsel as indringers aansien en dit begin aanval en vernietig. Verskillende dele van die liggaam kan die teiken word. By artritis byvoorbeeld, is dit die gewrigte. Jou weerstand verswak ook geleidelik met ouderdom, terwyl oorerwing ook 'n rol speel.

Vrye radikale (oksidante) is ons grootste vyand want dit plaas die meeste druk op ons immuunstelsel en verhaas ook veroudering.

Vrye radikale is natuurlike afvalprodukte wat gedurende daaglikse liggaamsfunksies soos die vertering van voedsel en asemhaling afgeskei word. Die liggaam word boonop blootgestel aan vrye radikale soos sigaretrook, uitlaatgasse en ander gifstowwe wat in die omgewing voorkom.

Al kan jy nie self al die faktore beheer wat die immuunstelsel knou nie, kan jy so baie doen om jou gesondheid te verbeter. 'n Gesonde dieet is een van die doeltreffednste maniere om dit weer op te bou.

Sekere voedingstowwe, wat antioksidante genoem word, help die liggaam om die vernietigingswerk van vrye radikale te beperk en vitamiene wat ingeneem word, optimaal te benut. Antioksidante kom in vrugte, groente en graanprodukte voor.

Maar, ongelukkig eet min mense vandag genoeg groente en vrugte en selfs al eet jy hóé gesond, neem jy waarskynlik nie genoeg antioksidante in nie, want baie voedingstowwe gaan verlore voordat die kos op jou bord beland. Voedselaanvullings is dus die antwoord en in dié opsig is Procydin een van die doeltreffendste maniere om jou immuunstelsel te help versterk.

[Bron: Klasgids 37:1, Februarie 2002, bl. 7]       

Dinsdag-denke: Alexander die Grote se begrafnisreëlings

‘n Waardevolle les kan geleer word by die laaste wense van Alexander die Grote. Op sy sterfbed het Alexander die Grote van sy weermag-generaals geroep en sy begrafnisreëlings met hulle bevestig.

1. Net die slimste en beroemste dokters moet my kis dra.

2. Die skatte wat ek bymekaar gemaak het, dis die goud en silwer en edelgesteentes en kontant moet agter die stoet op die grond versprei word op pad na die begraafplaas.

3. My hande moet los hang buite die kis vir almal om te sien.

Een van die generaals wat baie na aan Alexander die Grote was, het verstom geluister na hierdie man se laaste wense en nadat hy alles neergeskryf het, het hy nader aan die sterfbed beweeg en hom toe gevra of hy nie asseblief hierdie vreemde versoeke aan hulle wil verduideilik nie ... En dis wat Alexander die Grote vir hulle gesê het ...

1. Ek wil hê al hierdie groot en beroemde dokters moet my kis dra om aan almal te wys dat as die dood nader kom en dit jou tyd is om te gaan, is selfs die grootste en slimste en beroemste dokter magteloos.

2. Ek wil al my skatte versprei hê, sodat almal kan sien dat dit wat ons op aarde bymekaar gemaak het, na die dood hier op aarde bly. Jy kan niks saam met jou vat nie.

3. Ek wil hê my hande moet los hang sodat almal sal verstaan dat jy gebore word met leë hande, en wanneer jy sterf is jou hande ook leeg.

Jou kosbaarste besitting is uitgeput ... en dit is tyd. 

Ons neem niks na ons graf nie, ons kan altyd meer skatte bymekaar maak op aarde, maar nooit meer tyd nie. Wanneer ons iemand ‘n gedeelte van ons tyd gee dan gee ons ‘n gedeelte van ons lewe en ons sal dit nooit weer kan terugneem nie. Jou tyd is jou lewe.

Mag die Here jou genoeg tyd gee om hierdie kosbare geskenk te deel met jou gesin, jou geliefdes en jou vriende.

Gebruik elke minuut van jou tyd, dis kosbaar en dis deel van jou lewe.

Die lewensklok word net eenkeer opgewen. Niemand weet wanneer daardie wysers tot stilstand gaan kom nie. Sommige mense se wysers kom vroeër as ander tot stilstand. Gebruik van jou tyd om iets vir GOD of jou medemens te doen.

[Nog kosbare stories HIER]

Sunday 2 June 2024

'n Winterbesoek van ons eie engele

'n Heerlike bordjie eetgoed in die een hand en met 'n Bingokaart in die ander hand, het dié Saterdagoggend onder die inwoners uitgeglip. En dan was daar die spesiale wintersgeskenk - 'n handgebreide warm serp vir elke inwoner. Hierdie gehekelde en gebreide serpies is stekie vir stekie met baie liefde gedoen, met die wens dat dit sal help om die koue van die Noord-Kaap 'n bietjie hok te slaan. 

Foto's: Millie Mouton