Thursday, 30 April 2020

Moeilike tye sal daar altyd wees ...

Dankie, Tom de Koker, wat hierdie
gedagte met ons deel.
Die Here se herstel in ons lewens is ‘n lewenslange proses. Die werk wat Hy in ons begin het, maak Hy klaar. Lees verder.





Wednesday, 29 April 2020

Grendeltydpsalms

Gaan luister na vandag se Psalm HIER

Problem displaying images

Dear Readers

Currently, some images do not show correctly. Google has announced that they are aware of the problem and they are working on a fix. I trust it will soon be sorted out!

Some of the images also serve as links. So, please click on the "missing image" to go to another page or website where it seems necessary.

The most romantic love story ...


Tuesday, 28 April 2020

Ons waardeer elkeen van ons 19 000-kykers


En voor ons ons oë kan knip, het ons die 19 000-merk verby gesteek. Dit lyk tog of daar iets positiefs uit die grendeltyd gekom het.

Geniet die leesstukkies en maak gerus 'n draai by Ons Huis se bladsye/pages aan die linkerkant. Daar is van alles en nog wat, ook 'n paar foto'tjies van ons begindae tot vandag.

Beskikbaar: Handreinigers

Daar is 'n ernstige vraag na handreinigers - veral met skole wat begin en sommige besighede wat kan oopmaak na die grendeltyd.

Hier is 'n aanbod - dit is beskikbaar ook in groot hoeveelhede.

Pryse: 5 liter @ R550, 750ml @ R120, 500ml @ R90.

Kontakpersoon: Meisie Opperman 0834611892

[As jy jou eie houer bring vir handreiniger dan kry jy R20 afslag.]

Look beyond the differences and find a way to walk the path together.

  " Much of life can never be explained but only witnessed"

The rest of the story HERE.

[Thank you, Marie Beukes for sharing this story!]

Monday, 27 April 2020

Place your orders today!



Ds. Henk Calitz van Carletonville skryf ...

Ek wil graag vandag hierdie met julle deel ...

Dit was vir my n belewenis wat ek nog nooit ervaar het nie ...

Gisteroggend ry ek Parys toe met permit en gesigmasker.

Ek vat 'n Tannie huis toe, sodat sy kan bloed kry vir haar bloedkanker. Iets wat ek met liefde doen.

Terwyl ek terugry, word ek by die 3de padblokkade gestop.

Polisiemanne en -vroue. Die kaptein stap na my toe en vra my permit. Hy vra wat die rede was. Ek vertel en hy sê vir my ... What job do you really do? Ek probeer maar die standaard antwoord. "I am a MARUTI." 

Hy vat my permit en ID-dokument en vra dat ek dadelik moet aftrek ...

My moed is in my skoene en sien net hoe gaan ek vandag geboei êrens in n sel sit en 'n hele paar rand armer ...
Lees die res van die verhaal HIER.

'n Gebed vir ons land

'n Gebed vir ons land in hierdie Covid-19-tyd.
Klik op die woord GEBED om na die gebed van ds. Brahm Reyneke te luister.

Predikers se boodskappe van hoop ...

Preke is saamgegroepeer onder die bladsynaam:
"Predikers se boodskappe van hoop". Gaan maak
gerus 'n draai daar en luister na een van die 
besielende preke.

Preke word deur Ons Huis-lesers van oraloor aangestuur - baie dankie! 

Sunday, 26 April 2020

Sondagmiddagslaai in grendeltyd ...

Ons deel graag die resep met almal wat dalk
nog van die bestanddele in die huis het.

GENIET!!
Gaan maak 'n draai by ons reseptebladsy.

Saturday, 25 April 2020

Is jy op soek na jou eie plekkie?


Net 'n oproep ver van jou

Jou ouers is net 'n oproep ver van jou en jou familie. Bederf hulle met 'n ekstra oproep in hierdie grendeltyd. Bring 'n bietjie nuus van buite die mure van die ouetehuis. Vertel hoe dit met die familie gaan - hulle wil graag weet hoe dit gaan. 

Hulle wag vir jou oproep!

Friday, 24 April 2020

Moenie vrees nie ...

Dankie, Tom, wat hierdie gedagte met ons deel

Thursday, 23 April 2020

Roomys troos ...

Partykeer het 'n mens roomys nodig.
Gaan kuier gerus 'n bietjie by Ons Huis se inspirasiestories.


Wednesday, 22 April 2020

Wat is ‘n naam?

Laat my dink aan Alexander die Grote. Hy het die ganse destydse wêreld verower.  Vriend en vyand
het hom gerespekteer as absolute strateeg as dit kom by oorlogvoering.

Niks kon voor Alexander die Grote staan nie! Van sy soldate het hy absolute dapperheid verwag, integriteit en lojaliteit tot die bitter einde toe. Hy het geen bangbroek of lafaard in sy leermag verdra nie.

Sulke manne is sommer summier tereggestel voor al die ander soldate!

Alexander die Grote
Op ‘n dag word ‘n paar jong seuns voor Alexander gebring.  Hierdie seuns het in die geveg omgedraai en bang weggehardloop van die slagveld.

Een vir een van die jong seuns is verhoor en toe voor al die soldate doodgemaak.

Die laaste seun was ‘n mooi fris geboude seun. Nadat die aanklag aan Alexander voorgelees is, vra Alexander aan die jong seun; “Jongman, wat is jou naam?”

Die jongman antwoord verskrik-sag-bang: “A ... A ... Alexander, my Heer!”

Ongeërg vra Alexander met ‘n harde driftige stem: “Jongman, skeer jy gek met my?  Ek vra jou, WAT IS JOU NAAM?”

“A ... A ... Alexander, my Heer!” antwoord die seun.

Die volgende oomblik gryp Alexander die seun voor sy bors en lig hom van die grond op en skreeu-bulder sy dringende vraag uit: “Jongman, ek vra jou ... WAT ... IS ... JOU ... NAAM?”

Al hangende in hierdie sterk man se hande skreeu die seun so hard as wat hy ooit kan: “ALEXENDER, MY HEER!”

Alexander sit die seun weer op sy voete neer; “Jongman, verander jou NAAM of verander jou GEDRAG!”

Lees op HIERDIE bladsy verder.

Dit is weer tyd vir 'n bietjie oefening.

Gaan maak gerus 'n draai by ons
Huisgenotjies-bladsy. En gee die lagspiere
goeie oefening.

Tuesday, 21 April 2020

Druppels hoop ...

Besoek gerus HIERDIE bladsy vir inspirasie.
Klik
HIER om na die bladsy te gaan. 

Dinge wat werklik saak maak

Klik op die prent indien dit nie duidelik genoeg is nie.