* 'n Leser het 'n klein koffiebeker in Windhoek gekoop. Daar was 'n groot verskeidenheid bekers om van te kies, maar die volgende uitdrukkings het my bygebly. # Elke outjie maak 'n foutjie.
# Wat nie doodmaak nie, maak vet.
# Om van ou dinge ontslae te raak ... verf hulle nuut.
# Ek is so ontsteld, 'n slang kan my vang.
* "Seun, ek en jou ma is nie baie tevrede met die meisie wat jy het nie."
"Jammer, Pa. Dis die enigste meisie wat ek kon kry met die motor wat Pa ry."

No comments:
Post a Comment