* Maak jou tekkies skoon: As jy die wit, rubberdeel van jou tekkies wil skoon en wit kry, trek gewone tandepasta (nié die geltipe) en ’n ou tandeborsel nader. Nadat jy die sole goed geskrop het, vee die tandepasta met ’n klam lap af.
* Maak bababottels skoon: Bababottels sal die een of ander tyd ’n suurmelkreuk optel. Tandepasta sal dit egter in ’n japtrap verwyder. Smeer slegs ’n bietjie tandepasta aan die bababottel en skrop dit. Spoel goed af.
* Die badkamerwasbak: Gewone tandepasta werk netso goed soos enige ander skoonmaakmiddel om die badkamerwasbak skoon te maak. Die tandepastabuisie is net daar, so jy kan netsowel ’n bietjie uitdruk, dit met ’n spons skrop en die wasbak uitspoel. Die bonus is natuurlik dat die tandepasta enige reuke wegvat.
No comments:
Post a Comment