Monday, 30 June 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Luister
Here, maak alles in ons stil, sodat die stilhart kan praat wanneer U voel die tyd is reg. Gee ons die krag en genade om te luister wat U deur die stilhart vir ons wil sê, al skram ons weg uit vrees. Gee ons wysheid en insig om na U stem se fluister te luister. Amen
Sunday, 29 June 2025
Statistiek: Aktiewe e-lesers onder ons seniors
Vrydag: 1 895
Saterdag: 887
Die afgelope maand: 13 889
Verlede maand (Mei): 26 609
Saterdag: 887
Die afgelope maand: 13 889
Verlede maand (Mei): 26 609
Die statistiek vir Mei-maand is amper dubbeld dié van Junie-maand. Laat weet asb. wat julle dink die moontlike redes hiervoor kan wees.
Lekker lees
en
baie dankie vir gedagtes
wat met verloop van tyd hulle weg hier gaan vind.
Labels:
Besoekers,
e-besoeke,
e-gaste,
Getalle,
Kykertal,
Lesers,
Sosiale kuiers,
Statistiek
Gedig: Ek is nie daar nie ...
As ek sou sterf en jou hier 'n rukkie verlaat,
wees nie soos ander wie se seer nie ongedaan gemaak kan word nie,
wat lank in die stille stof ly.
Ter wille van my, draai weer na die lewe en glimlag,
die senuwee van jou hart en die bewing van die hand
om iets te doen om ander harte as myne te troos.
Voltooi hierdie liewe onvoltooide take van my
en ek sal my daarin kan troos.
[Mary Hall , Amerikaanse prokureur, 1843-1927]

Oomblik van stilte: 2 Kon. 18:24a
Roep julle dan die naam van julle God aan, en ék sal die Naam van die Here aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees.
In die regeringstyd van Koning Agab het Elia die Here geraadpleeg en dit het vir drie jaar nie gereën nie.
Agab en Isebel het die profete van Israel vermoor en ander bose dinge gedoen en hulle het elke geleentheid gesoeknom Elia ook dood te maak.
Nou roep Elia, 54 profete van Baäl, voor die oë van Agab en daag hulle uit. 1Kon 18:24.
In vers 38 kom die Here en antwoord met vuur.
Die Baäl priesters word gedood.
Daarna kom die groot reën na drie jaar en die Here omgord Elia se heupe dat hy voor Agab met sy perde en strydwaens uit hardloop.
In Amerika is die altaar van die seksgod, Asjera (wat ook in die tyd van Agab vereer was), letterlik 'n jaar of twee terug, stukkend geslaan voor 'n groot skare.
Here, u alleen is die ware Alleenwyse God. U antwoord met vuur. U Heilige vuur verteer wat geen ander god kan doen nie, al dans en sny en roep die wêreld na hulle god. Net U alleen sal my antwoord. Net U alleen sal my versterk. U Heilige vuur sal oor my kom en U Heilige Gees sal my versterk en omgord, om staande te kan bly, in 'n verdraaide wêreld wat U bespot en verwerp. U vuur, reinig en heilig my, om in oorwinning u goeie boodskap uit te dra. En ék sal die Naam van die Here aanroep; die God wat met vuur antwoord, en U sal my God wees. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Konings,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 28 June 2025
Saterdaglagmedisyne - Dieregeite
Skielik vlieg 'n perd verby met 'n klomp strooi in sy bek. Die een koei kyk verbaas op en gaan voort met haar hekelwerk.
Vir die tweede keer vlieg die perd verby, dié keer met 'n taamlike groot tak in sy bek. Die eerste koei kan dit nie meer hou nie.
"Het jy gesien? Daardie perd het nou twee keer hier verby gevlieg. Eers met 'n klomp strooi en nou met 'n tak in sy bek."
"Ag, moet jou nie daaraan steur nie. Hy het seker 'n nes hier êrens," sê haar hekelmaat.
** Oom Koos het 'n bokram by die kerkbasaar met die lotery gewen.
Die tante was maar nukkerig toe hy besluit om die dier te hou en huis toe te neem.
"Waar gaan jy die dier laat slaap?" vra sy.
"In die kombuis," antwoord hy.
"En die reuk?" wil sy weet.
"Hy sal maar daaraan gewoond moet raak."
** Twee luislange seil oor die pad. Skielik vra die een vir die ander: "Is ons giftig?"
"Natuurlik nie," antwoord sy maat.
"Dankie tog. Ek het nou net my lip raakgebyt."
Labels:
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 27 June 2025
Plaasstaaltjie: Konsternasie buite Clanwilliam
Wil darem vertel van die konsternasie op Aggenbagskraal se werf nou annerdag.
Die manne was besig om skaap te werk. 'n Swerm bye takel die skape. Hulle maak hek oop en jaag uit.
Die bye draai om en takel die hoenders langsaan. Hulle kêk-kêk-kêk en skarrel die werf vol.
Die honde bekyk die malspul en vlieg onder hulle in.
Die bye sê: "Vat so!!" En takel die honne.
Gelukkig het die bye later genoeg gehad en kry koers.
Die skade was 'n paar dooie hoenders en twee hondjies wat vir 2 dae bietjie dronk was.
Daar was seker laas so 'n groot gedoente toe Aggenbagskraal se ou huis in 1920 afgebrand het.

[Dankie, Freda, vir die heerlike storie.]
Labels:
Bye,
Clanwilliam,
Freda du Plessis,
Plaas,
Staaltjies
Thursday, 26 June 2025
Ouma se wenke: Vlekke
* Beet: As beetvlekke op 'n kledingstuk is, gooi 'n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater. Op 'n mat kan beetvlekke verwyder word deur gliserien met 'n spons in te vryf en dit dan met warm seepwater te was.
* Bier: Biervlekke kan uit 'n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.
* Vrugtevlekke: Om vrugtevlekke uit materiaal te haal - sprei die stuk oor 'n bak, gooi kookwater tweemaal daarop, en droog dit in die son. Moenie seep gebruik nie.
* Tee: Om teevlek uit materiaal te kry, maak 'n mengsel van gliserien en die geel van 'n eier. Wend aan en laat droog word. Was in koue water. Vryf teevlekke met fyn tafelsout van teekoppies af.
Wednesday, 25 June 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: LIEFDESBRIEF AAN 'N SUSSIE
’n Vrou het saam met haar ma tee gedrink. Terwyl hulle oor die lewe en volwassenheid gepraat het, het haar ma gesê: "Moet nooit jou susters vergeet nie! Hulle sal mettertyd baie belangrik word, maak nie saak hoe lief jy jou man, of jou kinders het nie, jy gaan jou sussies nodig hê!”
"Onthou wanneer ek praat van jou Sussies bedoel ek ALLE vroue wat aan jou geheg is. Soms moet jy hulle kontak, dalk saam met hulle uitgaan, dinge saam met hulle doen, want eendag sal jy hulle nodig hê!”
Die dogter het daardie woorde in haar toegesluit. Sy het kontak met haar sussies behou. Sy het deur die jare baie vriende gemaak. Sommige het gekom, sommige het gegaan, maar mettertyd het sy verstaan wat haar ma bedoel het. Die wêreld, tyd, natuur en lewe bied hul veranderinge en raaisels in 'n vrou se lewe, maar jou ware sussies bly altyd. Na al die jare wat ek op hierdie aarde geleef het, het ek geleer dat:
MAAR ...
* Tyd gaan verby.
* Die lewe gebeur.
* Kinders word groot.
* Afstand skei.
* Passie neem af.
* Die hart breek.
* Ons ouers sterf.
* Gunste word vergeet.
* Werksgeleenthede kom en gaan.
* Loopbane eindig.
* Die lewe gebeur.
* Kinders word groot.
* Afstand skei.
* Passie neem af.
* Die hart breek.
* Ons ouers sterf.
* Gunste word vergeet.
* Werksgeleenthede kom en gaan.
* Loopbane eindig.
MAAR ...
ou sussies is altyd daar, maak nie saak wat die afstand tussen julle nie. ’n Sussie is nooit te ver om bereik te word nie. Wanneer jy deur 'n eensame vallei moet stap en dit vir jouself moet doen, sal die sussies van jou lewe om jou wees, jou bemoedig, vir jou bid, jou druk, vir jou ingryp en met ope arms vir jou wag by die einde van die pad. Hulle sal langs jou loop ... of selfs jou vrag dra. Oumas, ma's, dogters, kleindogters, niggies, tannies, skoonma's, skoonsusters, skoondogters en jou KOSBARE NABY VRIENDE ... Hulle is almal jou sussies en hulle is God se seën in jou lewe!
Sussies gee betekenis aan jou lewe te gee.
[Dankie, Elmari]
Tuesday, 24 June 2025
Monday, 23 June 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Genade
Here, gee ons wysheid en insig om mense se stukkende harte te kan raak sien en wees ons genadig as ons dalk sukkel daarmee en help ons om iemand se hart te red - vandag - want een hart wat gered word, spaar dalk ander harte naby aan hom van pyn en seer. Amen
Sunday, 22 June 2025
Oomblik van stilte: Matt. 12:21
Psalm 22:2+7+9+17b+19
Wie is Jesus?
Hy is die Lam van God, geslag en sy bloed het jou gereinig en geheilig.
Jesaja sê 'n Seun is vir ons gebore ...
Sy naam is Immánuel Jes. 7:15
Jes. 9:5 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem; Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors (ook vers 6).
O Here. die koninkryk behoort aan U en die nasies sal U dien want U heers oor hulle (Ps. 22:29). Hef op julle hoofde, o poorte , ja verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!(Ps. 24:7). Wie is tog die Erekoning? Die Here sterk en geweldig, die Here geweldig in stryd. Op u Naam sal ek hoop. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Matteus,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 21 June 2025
Saterdaglagmedisyne - Dieregeite
** 'n Man laat sy kat regmaak. Twee dae later kom sy buurman by hom en vra of hy gesien het hoe vreemd die kat ná sy operasie optree.
"Nee, wat doen hy?" wil die eienaar weet.
"Man, ek het op my stoep gesit en die hele ding dopgehou. Hy het eers van jou werf af oor die muur na die linkerkant van jou erf gespring. Hy was nie 'n minuut daar nie, toe spring hy terug, loop na die erf agter jou en spring ook daar oor die muur. Hy was weer nie 'n minuut weg nie, toe is hy terug, stap na die muur van die erf regs van jou en spring weer oor. Weer dieselfde storie. Toe doen hy boonop dieselfde met die drie erwe oorkant die straat. In nie een van die ses gevalle was jy meer as 'n minuut weg nie."
"O, dis maklik om te verklaar," sê die eienaar. "Hy het maar net sy afsprake vir die volgende paar nagte gaan kanselleer."
** Twee manne het saam ten duurste 'n resieshond aangeskaf. Hy het elke wedren verloor en hulle het toe besluit om hom een laaste kans te gee. Maar weer was hy laaste.
"Wat sal ons nou met die hond maak?" wou die een eienaar weet.
"Kom ons hardloop vir hom weg," antwoord die ander een.
** 'n Muis hardloop eendag vir die kat weg. Hy is onder 'n lysie in die muur in en sit daar in die donker en wag.
Ná 'n lang ruk hoor hy 'n hond buite blaf. Aha, dink die muis, die kat is seker nou weg.
Die muis stap toe uit sy skuilplek uit en daar vang die kat hom en vreet hom op.
Die les in die storie: Wees tweetalig.
Labels:
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 20 June 2025
Klakouse word nie gebore nie, maar gemaak
ʼn Ou regte knorpot het altyd fout gevind met alles. Niks was ooit reg nie. Sy vrou besluit toe om te kyk of sy darem iets reg kan doen. Sy besluit om vir hom twee eiers vir ontbyt te maak - die een gebak en die een geroer, net om seker te maak hy het nie iets om oor te kla nie. Maar so maklik uitoorlê jy nie ʼn klakous nie. Toe die bord voor hom land, sê hy: "Ja-nee, nes ek gedink het, jy’t al weer die verkeerde eier gebak en die verkeerde een geroer."
Foutvinders en klakouse sal ʼn mens nooit regtig tevrede kan stel nie.
Klakouse word nie gebore nie, maar gemaak!
Klakouse word nie gebore nie, maar gemaak!
Dit gaan oor die manier waarop jy na die lewe kyk en wat jy graag wil raaksien. Iemand wat op ʼn pad ry, kan die hele tyd na die gate, hobbels of knikke in die pad staar. As jy hom vra wat hy gesien het, sal jy jou gou vertel: gate, hobbels en knikke! Dit is waaruit sy hele reis bestaan het. Die ander persoon wat dieselfde pad gery het, maar na die klowe en berge en blou lug en wolke en bome gekyk het, sal vir jou iets anders vertel ... van klowe, blou berge, pragtige bome. Dit hang dus af hoe jy kyk ... en dit is dan hoe die lewe vir jou is.
Die manier van kyk na die lewe leer ʼn mens vir jouself aan. Dit word ʼn soort gewoonte.
Die manier van kyk na die lewe leer ʼn mens vir jouself aan. Dit word ʼn soort gewoonte.
As jy die hele tyd net fout wil soek, sal jy eintlik net foute kry. Dit sal al word waarna jy in die lewe kyk en al waaruit die lewe vir jou bestaan. Jy sal later niks meer kan doen sonder om te kerm en te kla nie. Jy sal selfs fout vind waar daar niks is om mee fout te vind nie, soos met ʼn gebakte en 'n roereier. As jy so word, het jy as knorpot en kritikaster gegradeer. Jy moes immers hard oefen om so te word.
Dit is so anders as wat die Here wil hê Christene moet wees. Daar is soveel meer in die lewe om raak te sien en te geniet. Daarom moet ons ons bes doen om sulke negatiewe lewenspatrone met alles wat ons het, te vermy. Kyk by ander se foute verby. Ons almal maak mos maar foute. Moenie te skerp kyk of te kwaai oordeel nie.
Maar ewe belangrik: Moenie te kwaai met jouself wees oor jóú eie foute nie. As jy nie in vrede met jouself leef nie, sal jy ook nie in vrede met ander kan leef nie. Aanvaar wie en wat jy is en vergewe ook jouself. Probeer net volgende keer om nie dieselfde foute te maak nie.
Kweek ʼn positiewe lewenshouding aan: een wat die eier met dankbaarheid eet soos dit kom.

[Geleen]
Labels:
Dankbaarheid,
Foutvinders,
Gewoonte,
Klakouse,
Knorpot,
Lewenskwaliteit,
Positief,
Vergewe,
Vergifnis
Thursday, 19 June 2025
Ouma se wenke: Vlekke
* Plafonne: Plafonne wat klein merkies of vlekke op het, kan weer nuut lyk as dit met wit skoenpolitoer behandel word.
Vir kwaai waterlekke wat die plafonne bruin vlek: Verf wit padverf daarop. Die bruin vlekke sal nie weer deurslaan nie.* Roes: Vryf 'n bietjie wynsteensuur saam met water op die roesvlek.
* Sigarette: Gooi bakpoeier onder in asbakkies om stompie brandvlekke te voorkom en reuke te verminder. Verwyder nikotienvlekke van jou hande met suurlemoensap.
* Vlekvryestaal
Om messegoed van vlekvryestaal skoon te kry, maak die opwasbak in jou kombuis halfvol water, voeg 'n halwe koppie huishoudelike bleikmiddel daarin en week die messegoed 'n halfuur lank. Spoel deeglik af en vryf droog.
Wednesday, 18 June 2025
We can change that ...
“Do you know what the hardest part of growing old is?”
“What?”
“You stop being seen. When you're young, you're someone - fun, bold, full of spark. But as the years pass, you become just ... background. 'That old man in the jacket.' 'That woman with the beret.' Like you're not really there anymore.”
“Well, I noticed you the moment you walked in.”
This moment comes from a British series - but the truth hits everywhere.
Aging, for many, isn’t just about aching joints or gray hair. It’s about being forgotten. The world keeps rushing by, and suddenly no one asks your name, your story, your dreams. You're no longer “someone” - you’re just “old.”
Friends pass. Family gets busy. Strangers stop seeing you.
But we can change that.
Don’t let the people who built this world feel like they’ve disappeared from it.
Ask them about their life. Their memories. What made them laugh.
Sometimes all it takes is a genuine “How are you?” to remind someone they still matter.
Let’s make them feel seen.

Tuesday, 17 June 2025
Monday, 16 June 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Die ewige lewe
Here, ons God, U is ons almal se God. U het my sondes verander in geregtigheid. U het arm geword sodat ek deel kan hê aan die rykdom van u heerlikheid. U het gesterf sodat ek die ewige lewe kan hê. Jesus, die Seun van God is my enigste en ewige Koning. U, my Koning, het my losgekoop van die doderyk. U, sal altyd geloof en geëer word deur alle volke. Elke knie sal buig en elke tong bely dat U, Jesus Christus, die Here is; die liefling van my siel. Amen.
Sunday, 15 June 2025
Terugblik: Kleindogter wen met roerende opstel oor oupa
Hy was al die jare 'n boer en het nooit 'n CV nodig gehad nie. Toe skryf sy kleindogter *Mari vir hom die beste CV in die hele wêreld, sê die afgetrede mnr. Japie van Rensburg van Philippolis.
Met haar roerende opstel oor haar oupa Japie, het Mari Beukes (12), dogter van mnr. Fanie en Marietjie Beukes van Theunissen, 'n prys van R1000 losgeskryf in die departement van welsyn se opstelkompetisie vir die Jaar van die Bejaarde.
In Ek is lief vir my oupa skryf Mari:
"Ek sien my oupa so voor my. Vandat my ouma dood is, sit hy altyd alleen op sy vaalgroen stoep. Pyp skeef in die mond, beker rooibostee in sy hand.
Hy kyk ver oor die kalerige bossieveld en sien dinge wat net sy moeë oë kan sien. Hy sien eintlik net met een oog, maar met daardie oog sien hy meer as wat die meeste mense ooit sal kan sien.
Sy woorde is eintlik filosofieë, maar net hy weet dit. Hy en ek, want ek en hy ken mekaar "inside out." Die dinge wat hy sê, is vir my so mooi soos Shakespeare, so waar soos Desmond Tutu, so aards soos Langenhoven. Dis pure oupa-wysheid.
Sy stories neem my na ver plekke. Hulle gee lewe aan die naamlose gesigte op die ou foto's. Hulle is nie swart letters op wit papier nie, maar warm woorde wat in die lug ronddryf en hulle lê op my hart kom kry. Hulle gee meer as wat hulle vra ... net soos hý altyd altyd gee waar ander nie wil nie.
Hy waarsku oor dinge en ek dink soms dis sommer "nonsens," maar dan sien ek hy was reg. Hy sê altyd: "Onthou, jammerhartigheid vreet sy eie baas." Hy weet hy is reg, maar tog raak hy gou jammer en bly hy gee en gee.
My oupa is nie geleerd of slim of belangrik nie. Hy het nie om die wêreld gereis of rekords geslaan nie. Hy is doodgewoon. Maar hy ken my en almal om hom so diep, hy weet sommer wat ons dink.
Hy kan die grootste probleme oplos. Nie wiskundeprobleme nie. Hart- en voelprobleme. Dan praat hy sulke fyn trooswoorde en verf my hele wêreld vol mooi dinge. Hy laat my voel of ek 'n ster is. Asof ek die een of ander wonderlike krag in my het. Hy glo in my. Hy sê hy weet ek kan enigiets doen wat ek regtig wil doen.
My oupa laat dink my partykeer aan die wind. Hy dra my deur slegte tye. Soos wanneer ek sukkel of verlang, maar in goeie tye laat hy myself vlieg. "Gaan kind, geniet dit!" hoor ek hom sê. Hy is nie 'n storm- of seermaakwind nie. Soms fluister hy my in die regte rigting en soms as ek nie wil luister nie, wag hy om my te vang.
Ek kry altyd die laaste stukkie biltong en hy sê ja vir al my kleinkind-versoeke. Dit is asof sy liefde nooit ophou nie. Dit vou my so lekker toe soos 'n wolkombers in die winter.
Hy weet wat Pa en Ma nog nie weet nie. Dat ek net nóú gaan klein wees. Dat ek vinniger as 'n lappie boontjies gaan opskiet die wye wêreld in. Is dit hoekom hy my so fyntjies versorg?
Mens lees in boeke van allerhande wyse manne wat nie toelaat dat omstandighede hulle breek nie. Wat hulself nooit bejammer nie en nooit ophou bid en glo en hoop nie.
My oupa is só 'n wyse man."
*Mari is 'n leerling aan die Hoërskool Theunissen waar haar pa, Fanie, hoof is en haar ma, Marietjie, 'n onderwyseres. Sy is 'n ywerige leser en skrywer. In 1997 het Mari as negejarige 'n opstelwedstryd gewen oor waarom Bloemfontein die hoofstad van Suid-Afrika moet wees.
Volksblad: Donderdag, 23 Desember 1999
[Ingestuur deur Ann]
Labels:
Bejaarde,
CV,
Dankbaarheid,
Geslagte,
Herinneringe,
Kleindogter,
Opstel,
Ouma,
Oupa,
Terugblik,
Terugflitsflentertjies,
Theunissen,
Verhoudings,
Waardering,
Wysheid
Oomblik van stilte: Ex. 12:13
Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: As Ek die bloed sien, sal Ek verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.
Wat 'n treffende voorspelling van wat Jesus, die lam van God, vir ons kom doen het.
Jesus verduidelik aan sy dissipels hoe sy bloed ons in die nuwe testament sal vergewe van sondes (Matt. 26:28)
Wanneer God, (wat Heilig is en geen sonde voor Hom kan stand hou nie) kom om die mens ter dood te veroordeel, sal net die bloed van Jesus ons kan red, en God sal verbygaan en sy genade sal ons deel en redding wees.
Jesus se bloed het ons kom red en gereinig; sy geregtigheid het ons wat sonde gedoen het versoen met die Vader en sy woede van ons afgewend.
Dankie Here, u genade red my van die dood en maak my vry. Die bloed (aan my huis) is vir my die teken. Geen verderflike plaag (die ewige dood) sal my tref nie. Jesus, u bloed reing en heilig my; U versoen my met die Vader. Ek verdien nie u genade en geregtigheid nie, maar u liefde het my gered. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 14 June 2025
Saterdaglagmedisyne - Dieregeite
** 'n Onnutsige aap en 'n hiëna het eendag geredeneer oor wie die dapperste is. Volgens die spoggery sou nie een hom selfs deur 'n leeu laat rondjaag nie.
Terwyl hulle nog so gesels, kom daar juis 'n befoeterde leeu aan. Toe hy hulle sien, storm hy. Die aap is in die boom op, maar die hiëna kon nie betyds wegkom nie en 'n hewige geveg ontstaan.
Die hiëna het die spulletjie net-net oorleef. Terwyl hy nog bebloed onder die boom lê, klim die aap af en stap nader.
"En toe," sê die hiëna, "ek dog jy is so dapper en jy kom help my nie eens toe die leeu my pak nie."
"Ek is jammer, man," sê die aap. "Ek het gewonder of ek jou moet kom help, maar ek het gehoor jy lag so lekker. Ek dog toe jy is aan die wen!"
** 'n Blinde haas en 'n blinde slang loop mekaar per toeval raak.
"Wat is jy?" vra die slang.
"Voel maar, sê die haas.
Die slang doen dit. Ná 'n paar minute sê hy: "Jou vel is so wollerig. Jou agterbene is so sterk. Jou ore is so lank. Jy moet 'n haar wees."
"Jy is reg. Maar wat is jy?" vra die haas.
"Voel maar," sê die slan.
Die haas doen dit. Ná 'n paar minute sê hy: "Jou vel is so glibberig. Jou tong is so skerp. Jy voel so koud. Jy moet 'n aksepbankier wees."
** Gehoor wat die een skaap aan die ander gesê het tydens die destydse vragmotorversperring by Mooirivier?
"Hel, ou maat, as dit so aangaan, kom ons nooit lewendig by die slagpale uit nie!"
Labels:
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 13 June 2025
Nostalgie en nog nostalgie
Hoeveel onthou jy?
1) Kopligdip - skakelaars op die vloer van die motor.
2) Ontsteking - skakelaars (choke) op die paneelbord.
3) Broekspypklemme vir fietse sonder kettingskerms.
4) Soldeerboute wat jy op 'n paraffienbrander verhit het.
7) Vrouens het rokke, hoede, sykouse en handskoene kerk toe aangetrek.
6) Gebruik handseine vir motors sonder rigtingwysers.
7) Brood wat 6c en later 10c elk gekos het.
8) Sjokolade (Flakes, Crunchies, ens.) wat 5c elk gekos het.
9) Soet (lekkergoed) sigarette.
10) Kafees met tafels en stoele en met 'n juke-boks. Hulle het die lekkerste Coke en Cream Soda floats verkoop.
11) Aflewering van melk en lemoensap in glasbottels.
12a) Die swart telefoon teen die gangmuur gemonteer.
12b)Elke telefoonoproep is deur die sentrale deurgeskakel. (Onthou jy nog die sentrale se vraag? "Nommer asseblief?" )
12c) Party of deellyntelefone vir plaasbewoners. (Die bure het die gesprekke lekker afgeluister.)
13) Nuusrolprent (SA spieël) voor die fliek. Onthou jy die brullende leeu wanneer die fliek begin wys het?
14) Ertjiepit-blaaspypies (pea shooters)
15a)Grammefoonplate 78+33 rpm met platespelers. (Onthou jy nog vir Virginia Lee, Jim Reeves, Leonore Veenemans)
15b) 45-rpm plate.
16) Hi-Fi's.
17) Metaal ysbakke met hefbome.
18) Blou flitsgloeilampe.
19) Kurkpropgewere (popgun)
20) Wasmasjiene met rollers.
21)TV-toets patrone wat snags na die laaste vertoning aangekom het en daar was, totdat TV-programme weer die volgende dag begin het. Daar was net 2 kanale, as jy gelukkig was.
22) Inkpotjies in jou skoolbank. In graad 1 en 2 is net met potlode in die klas geskryf. St. 2 en 3 het penne met die los penpunte gebruik. Vulpenne is vanaf standerd 3 gebruik. (Balpuntpenne is toe nog nie gebruik nie.)
23) Skoolboeke is oorgetrek met bruin papier en plastiek.
24) Die roomyskarretjies (fietse met die klokkies)
25) Fiets- en hondelisensies!!!
As jy 0-3 onthou het = Jy is nog jonk.
As jy 3-6 onthou het = Jy word ouer.
As jy 7-10 onthou het = Moenie jou ouderdom vertel nie.
As jy 11-14 onthou het = Jy is positief oud!.
Hierdie herinneringe is van die beste tye in my lewe.
Skrywer: Anoniem

[Dankie, Valerie, vir die deel van hierdie lekker onthou!!]
Labels:
Herinneringe,
Lekkergoed,
Nostalgie,
Skool,
Valerie Kilian
Thursday, 12 June 2025
Ouma se wenke: Raad vir daardie vuil oond
Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer jou stoof en oond oortyd gaan werk, omdat ’n warm bord kos die ding is waarna almal smag. Wanneer almal klaar geëet het en jy die vuil oond moet skoonmaak, is dit egter nie ’n lekker saak nie.
Dalk kan die volgende wenk jou help om die ekstra moeite uit oondskoonmaak te neem.
Jy benodig:
> Koeksoda
> Water
> Rubber handskoene
> Klam vadoek
> Plastiese spatula
> Spuitbottel
> Wit asyn
Instruksies:
1. Haal die oondrakke uit en sit eenkant.
2. Maak ’n pasta met die koeksoda deur ’n halwe koppie koeksoda met drie eetlepels water te meng. Die pasta moet smeerbaar wees.
3. Smeer nou hierdie koeksodapasta aan die binnekant van die oond, maar bly weg van die hitte-elemente. Gebruik handskoene wanneer jy die smeerwerk doen, want dit kan nogal vuil raak. Die koeksoda sal bruinerig raak wanneer jy dit aansmeer - dis reg so.
4. Laat die koeksodapasta nou oornag aanbly of vir ten minste 12 ure.
5. Wanneer hierdie tyd verby is, vee die oond uit met ’n klam vadoek. Gebruik die spatula om van die pasta of vullis af te skrop indien nodig, veral op plekke waar jy nie so maklik met jou hande kan bykom nie.
6. Volg dit nou op deur ’n bietjie asyn met die spuitbottel te spuit, veral op daardie areas waar die koeksodapasta-oorblyfsels nog sit.
7. Vee die binnekant van jou oond nóg ’n keer af en hierna kan jy jou oondrakke terugsit. Jou oond behoort nou weer mooi skoon te wees.

Wednesday, 11 June 2025
Die gebed van ’n bejaarde (digter onbekend)
As alles te swaar word en so vol ongerief
As dit skyn of mense nie meer omgee vir my
As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my bly.
As my liggaamskragte verswak elke dag
As alles te swaar word en so vol ongerief
As dit skyn dat mense nie omgee vir my
As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my wees.
As ek my kwel en bekommer oor elke klein saak
As alles my steur en alles my raak
As ek dan vir ander tot las voel, o Heer
As ek dan tot U kom, troos my tog teer.
As die jare verbygaan so een vir een
As ek stil in my kamer soms sit en ween
As ek my hart voor U blootlê, o Heer
As ek so tot U kom, help my tog weer.
As ek miskien binnekort die doodsdal deurgaan
As ek eersdaags miskien voor U troon sal moet staan
As ek dan voor U kniel met bewing en vrees
Laat die bloed van Jesus my beskerming wees.
Tuesday, 10 June 2025
Monday, 9 June 2025
Vandag se gebed vir jou: Verstaanharte
U is ons Vader ...
die een wat weet van elke hart
wat vanaand trane stort oor
'n geliefde of enige ander smart
wat teen harte se ruite afloop
klein stroompies verlang koop
maar die verskil is Here ons
vra vir 'n antwoord saam
Here ons roep U by die naam
Vader, Seun en Heilige Gees
sal U asseblief vanaand by ons wees
ons hande in U s'n neem
ons op die regte pad lei
ons die regte koers laat kry
Vader U is die Alfa en Omega
U luister na al ons gekla
hoor dan ook nou ons
loflied wat ons tot U bring
as ons U Naam besing
God, Almagtig Opperheer
die Vader wat ons daagliks leer
om dienaars hier op aarde te wees
behoeftes in mekaar se oë te kan raaklees
U wat ons liefdevolle verstaanharte gee
om vir mekaar daardie ekstra tree te loop
wees in hierdie nag by as ons dalk sou vrees
God en Vader ons vertrou U Heilige Gees
kom dan nou en maak ons vry
om teen die self in ons te stry
gee ons net vrede Heer
sodat ons U kan dien weer
Amen

[Dankie, Anoniem]
Sunday, 8 June 2025
Oomblik van stilte: Sag. 12:10a
Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het,
Wie is die persoon wat hier praat? Die een wie se hande en voete deurboor is, wie se sy gesteek is met 'n spies, die een wat deur mense gewond is en wie se bloed ons gereinig het.
En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: so is ek geslaan in die huis van my vriende (Sag. 13:6).
Dis vir jou wat God sy genade en smekinge gegee het; om jou te red en vir ewig as gereinigde in die koninkryk van die Vader in te bring.
Dankie my Vader, U het my kom red met u seun. U is die drie-enige God, Hy wie se Gees van genade en smekinge in my is. Ek erken U as die Seun van God, op wie die Gees soos 'n duif gekom het, en die Vader gespreek het, dit is my Seun ... Al drie persone van God saam. U het vir my kom sterf en is geslaan om vir my genesing te bring. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 7 June 2025
'n Warm Saterdag in 'n koue Junie
Heerlike eetgoed en snoepgoed was deel van vandag se engelpakkie. Koue dae aktiveer juis die knibbelwurm in elkeen van ons. Elke Ons Huis-knibbelaar het vanaand 'n soet vooruitsig voor die TV. En nie net is daar na die innerlike, maar ook aan die uiterlike gedink. 'n Warm kombers was die kersie op die koek!
Koue wintersdae is net die regte tyd vir heerlike dik huissop. Vandag se kuier het ook heerlike sop en vetkoek op die spyskaart gehad. Die engele het so kuier-kuier van kamer tot kamer beweeg en al geselsend oor 'n koppie sop na elkeen se welstand verneem.
Na baie lag, gesels, eet en kuier moes die engele groet. Daar is darem die vooruitsig dat hierdie groet net tot 'n volgende keer is.
Foto's: Millie Mouton
Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe
Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...
* 'n Blondine stap by die boekwinkel in om leesstof vir die naweek te koop.
"Ek wil graag 'n paar boeke koop," sê sy.
"Ligte of swaar leesstof?" vra die winkelassistent.
"Dit maak nie saak nie. Ek het my motor hier."
* "Hoe oud is jy vandag?" vra die blondine se beste vriendin vir haar.
Blondine: "Vier en twintig."
"En hoe oud is joou jonger suster nou weer>"
"Dertig."
* Hoekom begrawe die blondine haar kar?
Omdat die kar gevrek het.
* Hoe maak 'n blodine 'n mol dood?
Sy begrawe die ou molletjie lewendig.
[Dankie aan almal wat so ywerig aan die blondine-grappe deelgeneem het.]
Labels:
Blondine,
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 6 June 2025
Nostalgie
EK IS DUIDELIK OUD
Iemand het nou die dag gevra: "Wat was jou gunsteling 'kitskos' toe jy grootgeword het?"
"Ons het nie kitskos gehad toe ek grootgeword het nie," het ek hom meegedeel. "Al die kos was stadig."
"Kom, ernstig. Waar het jy geëet?"

"Dit was 'n plek wat 'huis' genoem word," het ek verduidelik!
"Ma het elke dag gekook en as pa van die werk af kom, het ons saam by die eetkamertafel gaan sit, en as ek nie gehou het van wat sy op my bord gesit het nie, is ek toegelaat om daar te sit totdat ek daarvan gehou het."
Teen hierdie tyd het die seun so hard gelag dat ek bang was dat hy ernstige interne skade sou opdoen, so ek het hom nie die deel vertel oor hoe ek toestemming moes hê om die tafel te verlaat nie.
Maar hier is 'n paar ander dinge wat ek hom oor my kinderjare sou vertel het as ek gedink het sy stelsel kon dit hanteer:
Sommige ouers het NOOIT hul eie huis besit nie, nie jeans gedra, voete op 'n gholfbaan gesit, die land uitgereis of 'n kredietkaart gehad nie.
My ouers het my nooit skool toe geneem nie. Ons het geloop. Sonder vrese.
My pa het 'n fiets gehad wat waarskynlik 50 pond geweeg het, en net een spoed gehad het - geen ratte (stadig) gehad nie. Werk toe gery daarmee.
Ons het nie 'n televisie in ons huis gehad totdat ek 20 was nie. Dit was natuurlik 'n swart en wit TV-stel, en die stasie het om 10 uur van die lug af gegaan, nadat die volkslied en epiloog gespeel is. Dit het omstreeks 6 uur weer op die lug gekom. En daar was gewoonlik 'n plaaslik vervaardigde nuus- en plaasprogram met plaaslike mense. Pizzas is nie by ons huis afgelewer nie.
Maar ... melk is afgelewer. Alle koerante is deur seuns afgelewer en die meeste seuns het koerante afgelewer. My broer het sewe dae per week 'n koerant afgelewer. Hy moes elke oggend om 6 opstaan.
Filmsterre het gesoen met toe monde. Ten minste het hulle dit in die rolprente gedoen. Daar was geen fliekgraderings nie, want alle flieks is verantwoordelik vervaardig vir almal om te geniet, sonder vloektaal of geweld of byna enigiets aanstootliks.
As jy grootgeword het in 'n generasie voordat daar kitskos was, wil jy dalk sommige van hierdie herinneringe met jou kinders of kleinkinders deel.
Moet my net nie kwalik neem as hulle 'n ingewandsbreuk van die lag oorhou nie. Om nou groot te word, is nie wat dit was nie, of hoe?
HERINNERINGE van 'n vriend: My pa is besig om my ouma se huis skoon te maak (sy is in Desember oorlede) en hy het vir my 'n ou lemonadebottel gebring. In die bottelnek was 'n prop met 'n klomp gaatjies in. Ek het dadelik geweet wat dit was, maar my dogter het geen idee gehad nie. Sy het gedink hulle het probeer om dit in 'n soutpot te verander. Ek het dit onmiddellik herken as die bottel wat aan die einde van die strykplank gestaan het om klere mee klam te maak, want ons het nie stoomysters gehad nie.
(Word vervolg)

Dankie, Valerie, vir hierdie herinneringstrippie!!
Labels:
Herinneringe,
Kitskos,
Nostalgie,
Valerie Kilian
Thursday, 5 June 2025
Ouma se wenke: Wasmasjien moet ook skoongemaak word
Voorlaaiwasjiene (frontloaders) is meer energieslim en gebruik minder waspoeier as toploaders, maar hulle is geneig om muf en onaangename reuke te huisves. Deur jou wasmasjien net ’n vinnige skoonmaak een keer per maand te gee, kan jy dit vars hou en jou klere sal ook skoner gewas word.
Wat jy gaan nodig kry is:
> twee koppies asyn
> kwart koppie koeksoda
> kwart koppie water
> twee koppies asyn
> kwart koppie koeksoda
> kwart koppie water
> sponsie
* Begin deur die koeksoda en water in ’n klein bakkie te meng, wat as die “waspoeier” gaan dien om die wasmasjien skoon te maak.
* Voeg die koeksodamengsel in die waspoeierhouer in die masjien en gooi die asyn binne die drom. Stel jou wasser op “normal load” op die hoogste watertemperatuur. Maak die deur toe en laat die masjien draai.
* Gebruik ’n skoon skuursponsie om rondom die opening van die masjien te vee en so hardnekkige muf of oorblyfsels te verwyder. Gebruik skoon water wanneer jy dit afvee.
* Jou wasmasjien behoort nou silwerskoon en gereed te wees vir die volgende bondel wasgoed.
Onthou om jou wasmasjien ten minste een keer per maand skoon te maak sodat jou klere kan vars ruik en die klere ’n behoorlike was gee.
Monday, 2 June 2025
Sunday, 1 June 2025
Oomblik van stilte: Ps. 13:6
Maar ek, op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.
Die vraag was al baie keer gevra: Het jy al ooit aan al die goeie dinge gedink wat God vir jou gedoen het? Onthou jy al die goeie dinge wat God vir jou, jou kinders en familie en vriende gedoen het? Onthou jy hoe goed God vir jou was by jou werk en besigheid en hoe Hy jou geseën het met sy voorsiening?
Miskien is dit nou die tyd om Hom te dank, eerstens vir sy bloed wat jou genees, gereinig en geheilig het.
Sê vir God dankie vir jou daaglikse brood en ander aardse rykdomme waarmee Hy jou seën.
Sê ook dankie vir jou genesing in jou siel en liggaam.
Here, ek prys U vir u goedheid en barmhartigheid oor my. Op mense kan ek nie vertrou nie selfs nie op prinse nie. Oor U juig my hart en sal ek van U goedertierenheid vertel. U het aan my goed gedoen en ek sal u Naam besing en lof bring. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Psalm
Subscribe to:
Comments (Atom)