Saturday, 30 September 2023
Friday, 29 September 2023
Traveling on my knees
To a land across the seas;
I did not go by boat or plane,
I traveled on my knees.
I saw so many people there
In deepest depths of sin,
But Jesus told me I should go,
That there were souls to win.
But I said, “Jesus I cannot go
And work with such as these.”
He answered quickly, “Yes you can
By traveling on your knees.”
He said, “You pray; I’ll meet the need,
You call and I will hear;
Be concerned about lost souls,
Of those both far and near.”
And so I tried it, knelt in prayer,
Gave up some hours of ease;
I felt the Lord right by my side
While traveling on my knees.
As I prayer on and saw souls saved
And twisted bodies healed,
And saw God’s workers’ strength renewed
While laboring on the field.
I said, “Yes, Lord I have a job,
My desire Thy will to please;
I can go and heed Thy call
By traveling on my knees.”
[Sandra Goodwin]
Hoekom is jy op die aarde geplaas?
om onthou te word nie.
Jy is hier geplaas
om vir die ewigheid voor te berei.
- Rick Warren (Die doelgerigte lewe)
Ons kyk rondom ons en dit lyk asof die wêreld en veral dié land uitmekaar val. Ons moet egter nie besorg wees oor die regeerders van hierdie wêreld nie. Daar sal 'n dag kom wat hulle ook rekenskap sal moet gee van hulle dade, net soos elkeen van ons.
Ons moet leef met ons oë op die Here Jesus gevestig en ons moet uit ons geloof leef.
Maar ons gees is onverganklik in Jesus Christus
Thursday, 28 September 2023
Dink hieroor: Proe die waarheid
Klik HIER as jy wil weet hoe jy die waarheid kan proe.
Wednesday, 27 September 2023
Tuesday, 26 September 2023
Dinsdag-denke: Die Here het nie beurtkrag nie
“Die Here het nie beurtkrag nie.”
Die Here het nie nodig om te wonder of Hy vanoggend of môreoggend die son gaan wakker kry nie!
Hy het nie nodig om stukkies van die son se strale af te sny, sodat daar genoeg son oor is vir die dag van môre en oormôre nie.
Hy het nie nodig om ‘n rooster op te stel en vir die son te sê: Vandag mag jy hier skyn, maar nie daar nie.
Jy hoef nooit te wonder of Sy Lig vandag jou pad gaan verlig nie!
Jy hoef nie kerse en lampe saam te dra net vir “ingeval” nie.
Die son se strale is ‘n teken van Sy getrouheid! Kyk daarna en onthou, Hy IS dieselfde God
Gister
Vandag
Môre
Altyd!
Hy hou jou vandag weer styf teen Hom vas.
Sy genade en liefde is elke oggend nuut en genoeg.
Hy is totaal in beheer van Sy skepping!
God se kinders hoef nie beurte te maak om Sy lig, liefde en genade te ontvang nie!
God se kinders hoef nie bakhand te bedel en te wonder oor vandag nie, want die Here het nie beurtkrag nie!
Goedheid en guns, want Sy liefde en genade is elke oggend nuut!!
[Klik HIER vir nog wonderlike stories]
Monday, 25 September 2023
Vandag se internetgebed vir jou
Thursday, 21 September 2023
Dink hieroor: Drie lewenslesse
Klik HIER as jy wil weet wat die lewenslesse is.
Wednesday, 20 September 2023
Tuesday, 19 September 2023
Dinsdag-denke: Wees ‘n klokkie
As jy in die oë van een van die perde kyk, sal jy sien hy is blind. Sy eienaar het egter besluit om hom nie te laat uitsit nie, maar eerder vir hom ‘n goeie huis te bied.
Die wonder van hierdie verhaal is egter dat as jy nader staan en mooi luister, hoor jy die klank van `n klein klokkie. En as jy mooi kyk, sal jy sien die klank kom van ‘n klein klokkie om die nek van die kleiner perdjie wat so ‘n entjie verder op in die veld staan. Dit help die blinde perd om te weet waar sy vriend is.
As jy die twee perde so staan en dophou, sal jy sien dat die perd met die klokkie aanhoudend omkyk om te sien waar sy blinde vriend is, en die blinde perd sal altyd mooi luister om die klokkie te hoor en dan dié geluid te volg, want hy weet sy vriend lei hom op die regte pad en sal hom nie laat afdwaal of laat verdwaal nie.
Wanneer die perd met die klokkie saans stal toe stap, stop hy kort-kort en kyk dan om, om seker te maak sy blinde vriend raak nie agter nie en dat hy nog die klokkie kan hoor.
Net soos die eienaar van hierdie twee perde, sal God ons NOOIT wegggooi net omdat ons nie perfek is nie. Hy kyk na ons en sorg selfs dat daar mense oor ons pad kom wat ons kan help as ons hulp nodig het.
Somtyds is ons die blinde perd en God is die perd met die klokkie en ons kan Hom met vertroue volg. Somtyds is ons die perd met die klokkie wat 'n ander moet lei.
Goeie vriende is altyd daar, jy mag hulle nie altyd sien nie, maar jy weet hulle is altyd daar.
En onthou ... wees vriendeliker as wat soms nodig is, want almal wat jy ontmoet veg met of teen iets ... hetsy dit pyn, siekte, eensaamheid, finansies of verwerping is.
Almal van ons veg elke dag teen die duiwel!! Mag elkeen van ons elke dag ‘n klokkiedag beleef, en dat ons almal vir ‘n ander ‘n klokkie sal wees ...
Monday, 18 September 2023
Vandag se internetgebed vir jou: Gebed van 'n oumens
Sunday, 17 September 2023
Sonskyn en reënboë verdof
wanneer alles binne jou stil gaan staan
jy is uit jou lewenswentelbaan -
hoop
en
Wolf: "Fluit-fluit my storie is nog nie uit nie."
Saturday, 16 September 2023
Friday, 15 September 2023
83 000 e-kuiers
What does love mean to 4-8 year old kids??
The problem is: We look for someone to grow old together, while the secret is to find someone to stay a child with!
Thursday, 14 September 2023
Dink hieroor: Skiet jy omdat jy kan?
Klik HIER as jy 'n antwoord wil hê op: Skiet jy omdat jy kan?
Wednesday, 13 September 2023
Laaste kans vir die mandjiedans
Tuesday, 12 September 2023
Aan al die oupas en oumas ...
Wat is 'n oupa?
Monday, 11 September 2023
Vandag se internetgebed vir jou: Hou my vas liefdevolle Vader
Sunday, 10 September 2023
Oupa se hande
Saturday, 9 September 2023
Saterdaglagmedisyne: Afrikaans - die lekker TAAL!
Friday, 8 September 2023
Terugvoering van ons lesers
[Hier volg 'n paar uittreksels uit verskillende boodskappe/e-posse/gesprekke - dankie vir elkeen wat terugvoer gee. Dit is 'n goeie aanduiding waarvan die lesers hou en wat maar uitgelaat kan word. Terugvoering vorm 'n belangrike bestanddeel van hierdie blog.]
* Ek het nou die blog gelees. Dit is die mooiste mooiste Afr., ek wens ek kon só skryf.
* Kan ons meer inspirasiestories kry, asseblief?
* Dankie vir al die ure se werk wat in die blog gesit word. Ons waardeer dit.
* Alles is hartvat, dit vat aan jou hart. Waardevol vir die oumense. 'n Stunning blog!
* Ek kan nie tydskrifte bekostig nie, maar ek geniet elke dag hierdie stukkies.
* Kan julle nie meer stories van die oumense plaas nie? My kinders weet niks van my oupas se leefwyse nie en hulle glo ook nie hulle ma nie.
* Dankie vir al die positiewe stukkies. Ek sit saans by my kleindogter tot sy aan die slaap raak en dit is my blogleestyd.
* Die Angels is regtig wat hulle naam sê. Kry 'n mens in vandag se lewe nog jongmense wat só omgee vir inwoners in 'n ouetehuis soos wat ek hier op die blog sien en lees. Dankie vir die foto's. Dit is 'n bewys dat dit nie net leë praatjies is nie.
* Ek het nie geweet van die pages langs die kant, want eintlik soos hoofstukke werk nie. Kan daar so een maal 'n week 'n herinnering na een van die pages gemaak word? Ons leer padlangs hoe om die tegnologie te gebruik - 'n woordjie hier en 'n sinnetjie daar en 'n kleinkind se vinnige wys en kortlikse verduideliking vir 'n stadige ouma en ons oumas se slimfone raak minder vreemd.
* I always spent my half an hour to read this weblog's content daily along with a cup of coffee.
* Hi, thank you for putting up your site. It was quite useful and I can tell that you are actually knowledgable about the topics you blog about. Keep up the good work.
* I could not refrain from commenting. Exceptionally well written!
* Hi every one, here every person is sharing such know-how, therefore it's good to read this blog, and I used to pay a visit this webpage daily.* Hi there, I would like to follow your blog but there seems to be nowhere to register?
* After checking out a few of the articles on your website, I really like your way of blogging. I saved as a favorite it to my bookmark webpage list and will be checking back in the near future. Please check out my website too and tell me what you think.
Thanks, I appreciate it!
Thursday, 7 September 2023
Dink hieroor: Die geheim van die liefde
Klik HIER as jy wil weet wat die geheim van die liefde is.
Gedagte vir die dag
Uitnodiging: Die meer volwasse gemeentelede van 60 jaar en ouer
Wednesday, 6 September 2023
Ons Huis: Onthou jy nog?
Tuesday, 5 September 2023
Dinsdag-denke: God sorg vir ons
Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog ...
Anette lees die woorde van Matt 10:29 - “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”
Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer.
Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasiekamp in Bethulie.
Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.
Op 21 Mei 1902 is die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossieboodskap, sy het dit weer oorvertel en genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.
Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die mossieboodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!
Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het, hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.
Toe hy inklim, sien hy ’n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agterop. Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stilstaan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.
Skud vandag jou geestelike beursie uit. Sit ʼn 1c neer vir geliefdes met kanker, nog ʼn 1c vir huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan jou hart se werksomstandighede, vir enkelouers en weduwees. Die mossieboodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!
Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander. U is net ‘n gebed ver.
‘n Geseënde mossie-dag vir jou
[Gaan besoek die wonderlike webwerf HIER en lees die gedagte van die dag HIER]
Monday, 4 September 2023
Vandag se internetgebed vir jou: GEBED VAN ‘n OUMENS
Al dra ek dit vir nog baie jare
Ek kla nie oor my dowe oor
Solank ek God se stem in my hart kan hoor
Ek mor nie oor my stadige treë
Solank ek vir God my beste kan gee
Ek verknies my nie oor kwynende lewenskrag
Want God hou oor my hele lewe die wag
Al wat ek vra, genadige Heer,
Ja, ek bid dit keer op keer
Dat ek enduit op die baan sal bly
Totdat die doodsklok vir die laaste rondte lui.
Sunday, 3 September 2023
Seisoene
Jy kwalifiseer ...
Maak nie saak wat jou agtergrond en verlede is nie.
Maak nie saak in watter omstandighede jy jouself bevind nie.
Jy moet die volgende duidelik weet en verstaan:
JY KWALIFISEER VIR DIE MOOI IN DIE LEWE.
JY KWALIFISEER VIR DIE BESTE IN DIE LEWE.
JY KWALIFISEER VIR GELUK EN VOORSPOED.
JY KWALIFISEER VIR GESONDHEID.
JY KWALIFISEER VIR GOD SE SEËN OOR JOU.
JY KWALIFISEER VIR REDDING IN JOU LEWE.
JY KWALIFISEER OM BEDERF TE WORD.
JY KWALIFISEER OM DEUR GOD GEBRUIK TE WORD.
JY KWALIFISEER VIR VERGIFNIS EN VRYMAKING.
JY KWALIFISEER VIR 'n VARS AANRAAKING DEUR JESUS.
JY KWALIFISEER VIR 'n NUWE BEGIN IN EN DEUR JESUS.
JY KWALIFISEER OM IN VERHIUDING TE WEES MET GOD.
JY KWALIFISEER VIR DIE EWIGE LEWE.
Dis te DANKE aan GOD DIE VADER EN SY SEUN JESUS CHRISTUS, dat ek en jy KWALIFISEER hiervoor. Dis genade op genade, op genade. Dankie JESUS.
Amen.
Saturday, 2 September 2023
'n Lentebesoek van ons eie engele
Vandag is daar 'n onderhoud in Netwerk24 met Annie Olivier. Sy was 'n voormalige joernalis, onder andere by Beeld en deesdae is sy 'n uitgewershoof by Jonathan Ball.
En Annie Olivier se antwoord het my onmiddellik aan Ons Huis se Angels laat dink. Op mikrovlak het hulle vandag 'n verskil aan die inwoners se bestaan gaan maak. Dis die tweede dag van die amptelike lentemaand en daarom was dit gepas dat die Angels besluit het om vrugte en jogurt deel van hul kuiertjie te maak.
Talana, Millie, Percy, Betsie en Christa |
Cherine, Millie, Percy, Betsie en Christa |