Wednesday, 16 July 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Negatiewe nuus ...

Negatiewe berigte
is indringerbosse
wat welig groei
om die Wegwyser
te verdring.

Monday, 14 July 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Stroop ons van die eie ek ...

Aan die begin van hierdie nuwe week is dit ons gebed, Here, dat ons U nie sal faal nie, dat ander mense nie as gevolg van ons eie onvolmaaktheid sal seerkry en gekwes deur hierdie lewe moet gaan nie. Ons pleit by U Hemelse Vader in die Naam van Jesus Christus om ons te stroop van ons eie ek en ons in te stel om o Heilige Gees se influistering in ons lewens te hoor en ons waardige verteenwoordigers van U op aarde te maak. Ons loof en prys U!

Sunday, 13 July 2025

Oomblik van stilte: Gen. 15:9-10 en 17-18a

en Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif. 
En hy het dit vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helfes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.
En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
Op die dag het die Here met Abham 'n verbond gesluit.

So is verbonde gesluit in die Ou Testament.
Abraham moes saam met God geloop het vir die daarstelling van 'n verbond tussen hom en God.
Maar God het alleen deurgegaan sodat, sou Abraham die verbond breek moet God alles betaal.
So het God dan vir Jesus op die end vir alles; ons sondes en verbreking van die verbond betaal.

Dankie Here, in u wysheid ken U die swakheid van die mens, en het U vir my die verbond gemaak. Toe ek dit nie kon hou nie het U dit alles betaal. U is my altyd een voor en het my bevry van my skuld in U verbond met my. Dankie Here vir u genade en liefde ook vir vandag. Amen.

Saturday, 12 July 2025

Saterdaglagmedisyne - Dieregeite


 ** Die rol van 'n voorsitter van 'n maatskappy is soms maar 'n lastige een, maar veral in die oë van die bestuur.
Soos Koos gevind het toe hy 'n troeteldierwinkel besoek het.
Daar sit drie papegaaie op 'n ry.
Aan die eerste een se poot hang daar 'n prys van R5 000.
"Hoekom is hy so duur?" wil Koos weet.
"Hy kan drie tale vlot praat: Afrikaans, Engels en Xhosa. Dit is 'n voël vir die Nuwe Suid-Afrika."
"En hierdie middelste papegaai? Hy kos R10 000. Wat kan hy doen?"
"Hy kan Afrikaans, Engels, Zulu en Xhosa praat. Boonop kan hy skryf ook. Dit is werklik 'n wonderlike papegaai."
"As hy R10 000 kos, moet die derde papegaai seker enig in sy soort in die wêreld wees. Ek sien hy kos R30 000. Wat kan hy doen?"
"Ek weet nie eintlik nie," sê die eienaar. "Maar die ander twee noem hom 'Meneer, die voorsitter"."

** Leeujag, sê hulle, onderskei die manne van die seuns. Dit is glo onlangs weer bewys toe twee manne in leeuwêreld op die spoor van 'n leeumannetjie afkom. Toestande het 'n bietjie gevaarlik begin lyk toe dit blyk dit moet 'n yslike leeu wees.
Dit is toe dat die bangste van die jagters met raad vorendag kom: "Volg jy om te sien waar hy heen is. Ek sal gou op die spoor terugstap om te sien waar hy vandaan kom.

Friday, 11 July 2025

PSALM 23: A Japanese Version

The Lord is my Pace-setter, I shall not rush;

He makes me stop and rest for quiet intervals.

He provides me with images of stillness, which restore my serenity;
He leads me in ways of efficiency through calmness of mind, and His guidance is peace.

Even though I have a great many things to accomplish each day,
I will not fret, for His presence is here.

His timelessness, His all-importance, will keep me in balance.

He prepares refreshment and renewal in the midst of my activity,
anointing my mind with His oils of tranquility.

My cup of joyous energy overflows.

Surely harmony and effectivenss shall be the fruits of my hours,
For I shall walk in the pace of my Lord, and dwell in His house forever.

Thursday, 10 July 2025

Ouma se wenke: Skoolskoene skoonmaak

Het jy vergeet om jou skoolskoene mooi blink te poets? Hier is ‘n baie maklike manier om jou skoene in ‘n japtrap ‘n blink baadjie aan te trek.
WAT JY GAAN BENODIG:
* skoenborsel
* skoenpolitoer
* stuk lap om jou skoene mee te vryf
* ‘n ou tandeborsel (om die hoekies en draaitjies mee skoon te maak)
* ‘n ou T-hemp
* 'n huishoudelike skoonmaakmiddel en lap
* 'n ou koerant
MAAK SO JOU SKOENE SKOON:
* Gebruik die ou koerant om op te werk.
* Verwyder die skoenveters. 
* Vryf die huishoudelike skoonmaakmiddel op die skoene om van al die vuil en taai merke ontslae te raak.
* Vat die ou T-hemp en draai dit om jou wys- en middelvinger om die politoer mee op te vryf. 
* Gebruik die tandeborsel om die moeilike plekkies by te kom.
* Los dit vir 15 minute aan om droog te word.
* Gebruik lang hale om die skoene met die skoenborsel te poets.
* Gebruik daarna die lap vir die finale blink in jou skoen.

Wednesday, 9 July 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Pensioentyd

Jou lewensdoel wanneer jy oud is,

is om vrug te dra,
nie om uit te rus nie.
Later sal daar genoeg tyd wees vir rus.
- Dr JH Gunning J Hz (1858 – 1940)  

Monday, 7 July 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Gevul met die Heilige Gees

O Here, en my God, U alleen moet in my tempel bly. Ek wil nie ander Gode in my tempel hê nie. Ek wil niks onheiligs dra deur my tempel nie. U alleen wil ek aanbid  en my tempel moet met die Heilige Gees gevul wees, 'n aangename geur vir die Vader. Amen.

Sunday, 6 July 2025

Internasionale soendag

Glo dit of jy wil of nie, daar is selfs 'n Internasionale Soendag! 

Vandag is die dag waarop jy jou geliefdes met 'n soen moet groet. Of dit nou ’n piksoentjie is, of één wat jou tone laat omkrul van lekkerkry, vandag is die dag daarvoor.

Wêreldsoendag is die eerste keer deur die Britte geïnisieer en in 1991 word dit deur die Verenigde Nasies erken. Die gewildste aktiwiteit op hierdie dag is die verskeie soenkompetisies wat in baie stede regoor die wêreld gehou word en in dieselfde asem samel sommige instansies sommer geld vir liefdadigheid in. Twee vlieë met een klap of is dit nou twee soene ...?

Selfs die soen het 'n geskiedenis. Klik gerus HIER om jou van die feite te vergewis.

Oomblik van stilte: 2 Sam. 2:2+3b

Niemand is heilg soos die Here nie ja, daar is niemamd buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie
want die is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef

Vir baie jare het Hanna gebid vir 'n kind.
Haar gebede is verhoor en haar hartseer genees.
Sy het 'n seun gebaar en hom Samuel genoem, want sy het hom van die Here gebid.
En sy het hom ook afgestaan, sodat hy die gedien het al die dae van sy lewe.
So wil die Here ook vir jou vandag gee wat jy van Hom bid.

O Here, ek wil soos Hanna met 'n liefdeslied aan U Here, die dag begin. Sy het haar eersgeborene aan die Here teruggegee, om die Here te behaag. Ek wil ook aan U teruggee wat U aan my gegee het. Al my aardse dinge beteken niks teenoor u seëninge waarvoor ek gebid het nie. U het my op 'n vaste Rots geplaas sodat ek vandag stewig kan staan. Daar is niemand soos U nie, en geen rots soos U nie. U Naam is heilig bo alle name. Amen.

Saturday, 5 July 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* Hoe ken 'n mens 'n blondine uit by 'n begrafnis?
Sy is die een wat die ruiker probeer vang.

* Die blondine besluit op die ingewing van die oomblik dat sy in die tuin wil gaan slaap.
Sy wou soos 'n klip slaap.

* Een blou Maandag sien 'n brunet dat haar blonde buurvrou kort-kort na haar posbus toe trippel en dan met 'n frons op haar voorkop die huis instap.
"Verwag jy 'n belangrike brief?" vra die brunet.
"Nee," sê die blondine, "Maar my rekenaar hou aan sê ek het pos."

* Een van die blondines in die ouetehuis (wat nog nie grys geword het nie) staan en spring op en af in haar kamer.
Suster aan diens: "Het jy enige probleme?"
Blondine: "Nee, Suster, ek het vergeet om die bottel te skud, voordat ek die twee lepels medisyne gedrink het."    

[Saam met die blondine-grappies het daar ook heelwat Koos van der Merwe-grappe op die tafel beland. Een leser reken dat Koos nou al 'n hele klompie jaar in die ouetehuis is en dat die nuwe geslag nie meer vir Koos sal ken nie. Nog een rondte blondine-grappies, dan kry Koos 'n beurt!]  

Friday, 4 July 2025

'n Karoogedig: Skadu's in die nag - 'n Awendslied

Daar is skadu's in die nag
in 'n helder maanlig se gewag
soos donker spoke
wil hul kort-kort vir my lag
in hierdie nagtelike uur
gloei die ligglans
van die paraffienlamp 
se liggie en vuur
sy stille vrede
wil teen my woordkuns
kom skuur
ou Karoonag
ek moet luister
hoe fluister
jou nagwind
se awendslied
jou karooveld
kliprant en klipbank
so hard gebak
wil in maanlig se skadu
my vrede kom bind
Daar was skadu's in die nag
in 'n helder maanlig se gewag
in 'n kliprant se ver
skitter 'n oggendster
In die verte van my oë
strek 'n Groot Karoo
'n Karoodag se nuut
word gebore
uit jou awendslied.

[Digter: Petrus JS Vermaak uit Prince Albert Friend August 2024]

Portia's Friday advice

Thursday, 3 July 2025

Ouma se wenke: Vlekke

* Strykyster: Verwyder stysel wat vasgebrand het aan 'n yster deur tafelsout op bruinpapier te gooi en die yster daaroor te vryf. Vryf 'n halwe suurlemoen gedoop in sout oor die strykyster se boom.

* Koffie en tee: Verwyder koffie- en teevlekke op plastiekware deur dit met koeksoda te skuur.

* Pampoen: Om te verhoed dat die hande vlekke wanneer pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet. Suurlemoensap sal hande wat deur groente gevlek is, weer mooi wit maak.

* Wyn: Gooi dadelik sout op die vlek of gooi witwyn oor die vlek. Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkig vlekke soos rooiwyn uit matte uit.

Wednesday, 2 July 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Die hart is veiliger as 'n kluis

Ons het u naam in die sand geskryf, 
maar die golwe het dit weggespoel. 
Toe skryf ons dit in die lug, 
maar die wind het dit weggewaai. 
Ons het dit dus in ons harte geskryf
en dit sal altyd daar bly.
Bêre dit wat belangrik is,
in die veiligste plek waaraan jy kan dink - jou hart!