Ons dank U Here Jesus, vir die seëninge op ons pad ... U beskerming, leiding, krag, vrede, liefde en troos het ons gedra om ons beste te lewer in alles wat ons moes doen.
Gaan ons asseblief vooruit vandag en die res van die week, verhoor asseblief ons gebede, skenk ons wysheid om deur probleme of besluite te kom wat ons moontlik in die gesig mag staar en altyd liefde en respek te toon aan almal in ons lewens.
Ons loof en prys U Heilige Naam.
Amen

No comments:
Post a Comment