Tuesday 1 February 2022

Dinsdag-denke: Skokkende waarhede

SNAAKS ... 
  • hoe baie R10 is as jy dit kerk toe neem, en tog so min as jy Supermark toe gaan.
  • hoe lank is 'n uur as jy die Here dien en hoe kort 60 minute is as jy visvang.
  • hoe moeilik dit is om 'n hele hoofstuk van die Bybel op een slag te lees en hoe maklik dit is om 'n hele roman deur te lees
  • hoe ons nie weet wat om te sê as ons bid nie - en tog kan ons ure lank oor nietighede gesels.
  • hoe mens te moeg is na werk om biduur toe te gaan, maar hoe verfris jy voel as daar partytjie gehou word.
  • hoe daar nie nog tyd is om op die kerkraad of vrouediens te dien nie, maar hoe mens ure lank na TV en video's kan kyk.
  • hoe verveeld mens kan raak wanneer die dominie 30 minute lank preek, maar hoe interessant 'n vollengte rolprent kan wees.
  • hoe onbekwaam 'n mens is om vir Here te werk, maar hoe op hoogte van sake jy kan wees oor die politiek van die dag.
  • Nee, dit is maar net tekens van waar ons prioriteite lê - en van ons ware toewyding aan die God wat ALLES vir ons gegee het
"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

No comments:

Post a Comment