my Leidsman wanneer ek antwoorde soek,
my Trooster as my hart wil breek,
my Vriend as mense en vriende my verlaat,
my Hemelse Geneesheer wanneer ek siek is,
my Krag as ek steiltes moet klim,
my Kragbron as my kragte begin kwyn,
my Moed as ek hoop begin verloor en bekommerd raak,
my Lig as dinge donker om my raak,
en my Vreugde as ongeluk my wil oorweldig,
my Anker as die vloed my mee wil sleur.
Friday, 1 September 2023
Is krummels die energie werd?
'n Brood val uit 'n bewegende broodwa en rol 'n entjie verder.
'n Stukkie breek af van die brood en bly in die straat lê. Drie mossies peil af op die stukkie wat afgebreek het. 'n Hewige bakleiery breek los. En dit kwetter en skree dat jy hulle waar kan hoor. Na 'n vreeslike vlerkgeklap, kry een die oorhand en begin die krummels gretig oppik, terwyl die ander twee met luide protes in 'n boom gaan sit en voortgaan met die lawaai. Nie een van hulle het die groot brood 'n entjie verder raakgesien nie. Hulle was te besig om oor die krummels te baklei!
Ons maak rusie oor klein dingetjies in die lewe en ignoreer dit wat eintlik belangrik is. Ons baklei oor die krummels van wie maak huis skoon, en wie moet kook, maar die heel brood van die seën om 'n huis te hê, die sien ons nie raak nie.
Ons baklei oor die krummels van wie moet die motor was en wie moet die petrol gaan ingooi, maar die heel brood van seëninge oor ek 'n motor besit, dit sien ek nie raak nie.
Ons kwetter oor die krummels van die mense by die werk wat dit en dat doen, maar die heel brood van seëninge dat ek werk het, en die gesondheid om dit te kan doen, dit sien ons nie raak nie.
Oor die nietighede word ons vir mekaar so kwaad dat kosbare verhoudinge verbreek word.
Voordat ons oor die krummels twis, kom ons kyk eers rond en sien die brood raak! Die krummels is nie die gevolge van die twis werd nie!
Vader, laat ek vandag onderskei tussen krummels en die dinge wat werklik saakmaak.Laat my die heel brood raaksien, en nie die krummels nie.
[Dankie, Anoniem, vir hierdie waardevolle les waaraan ons vandag weer herinner word.]

Thursday, 31 August 2023
Dink hieroor: Is jy 'n busryer?
Vrouemaand: Ek bid vir elke vrou vandag ...
Elke vrou wat deur 'n man verkleineer word
Elke vrou wat deur 'n man afgekraak word
Elke vrou wat deur 'n man vervloek word
Elke vrou wat deur 'n man fisies mishandel word
Elke vrou wat deur 'n man afgekraak word
Elke vrou wat deur 'n man vervloek word
Elke vrou wat deur 'n man fisies mishandel word
Elke vrou wat diep hartseer is en wie se trane amper alles opgehuil is
ALMAGTIGE HEMELSE VADER,
in die Naam van Jesus Christus,
bid ek vir hierdie vrouens ...
Die dief het in hulle lewens gekom,
in die Naam van Jesus Christus,
bid ek vir hierdie vrouens ...
Die dief het in hulle lewens gekom,
net om te steel en te slag en te verwoes.
Gee aan elkeen van hulle hul gesonde selfbeeld terug.
Gee aan elkeen van hulle hul gesonde selfbeeld terug.
Gee aan elkeen van hulle hul lag en vreugde terug.
Gee aan elkeen van hulle hulle vrede terug.
Verander elkeen van hulle se omstandighede en lewens,
ten goede ... tot U eer!
Elkeen van hulle glo saam my, dat niks by U onmoontlik sal wees nie!
IN JESUS NAAM! AMEN!
IN JESUS NAAM! AMEN!
[Aangestuur - elke dag moet eintlik vrouedag wees en elke maand moet vrouemaand wees, sodat ons daagliks bewus kan raak van die belangrikheid van vroue. Meneer, stel vir jou seun 'n voorbeeld wat hy eendag kan navolg - dis belangrik dat vroue nie daagliks in vrees lewe nie.]
Wednesday, 30 August 2023
Tuesday, 29 August 2023
Dinsdag-denke: Stukkende hartmens
Die pyn van ons hart het meer spesiale aandag nodig. Dit het die liefdevolle Teenwoordigheid en deernis van ons groot Geneesheer nodig.
As ons hoofpyn het, sluk ons 'n pil, as ons ons nerfaf geval het, plak ons 'n pleister en as iets ernstig fout is gaan ons hospitaal toe.
As ons hart stukkend is, weet ons dikwels nie waarheen om te gaan nie. Soms is die pyn eenvoudig te groot vir pille, pleisters en ander se pamperlang.
In sulke tye is dit nie jou beste maat, die mees ervare berader of die grootste hartdokter wat jou pyn kan verlig nie. Hulle kan luister, troos en raadgee. 'n Bietjie salf aan jou wonde smeer, maar niks kan daardie diep seer sommer net laat verdwyn nie.
Wanneer jou hart so bloei, is daar net een plek waar jy verligting kan kry - by die voete van jou Vader.
Wanneer jy jou lewe voor Hom uitstort, sal jy ervaar hoe vrede in jou hart invou.
Hoe dieper die wond, hoe meer tyd het jy by Hom nodig. Hoe groter die seer, hoe ryker is Sy genade en ruimer Sy liefde.
Mag jy altyd onthou waarheen om te gaan wanneer jou hart pyn en mag jy die eenheid met Hom vind dat jy mettertyd heel word - en weer met hart en siel kan leef.
Vader, soms is my hart regtig flenters-seer, wanneer ek myself in 'n kokon wil toespin.
Dankie dat U in sulke tye die woorde hoor wat ek nie kan uitspreek nie en die groot seer sien.
Dankie vir U sagte hand van liefde wat my dra tot ek weer die wêreld kan begroet.
Dankie dat U by uitstek 'n Vader vir mense met stukkende harte is.
Amen
Amen
Monday, 28 August 2023
Vandag se internetgebed vir jou: Psalm 23
Die Here sorg vir my
soos 'n herder wat Sy skape oppas;
ek het niks meer nodig nie
Hy gee vir my die heel beste van alles: kos, veiligheid en vrede!
ek het niks meer nodig nie
Hy gee vir my die heel beste van alles: kos, veiligheid en vrede!
Omdat die Here by my is,
bekommer ek my nie.
Wanneer ek moedeloos word,
Wanneer ek moedeloos word,
laat Hy my die lewe weer anders sien!
Hy gee my krag om elke dag reg te lewe!
Soos 'n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens Sy wil te lewe.
Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is.
Selfs wanneer die lewe vir my so donker word
Hy gee my krag om elke dag reg te lewe!
Soos 'n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens Sy wil te lewe.
Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is.
Selfs wanneer die lewe vir my so donker word
dat ek nie weet watter kant toe nie,
sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie,
want U is altyd by my!
Dit troos my dat U my lei en beskerm.
Dit troos my dat U my lei en beskerm.
U laat my veilig voel.
Soos 'n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor;
hulle wat nie naby U lewe nie, kan maar net verleë toekyk.
U behandel my soos 'n spesiale gas;
Soos 'n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor;
hulle wat nie naby U lewe nie, kan maar net verleë toekyk.
U behandel my soos 'n spesiale gas;
ek geniet alles in oorvloed.
U sal vir my goed wees
U sal vir my goed wees
en my liefhê so lank as wat ek lewe;
ek sal naby U lewe tot ek die dag doodgaan!
AMEN
ek sal naby U lewe tot ek die dag doodgaan!
AMEN
*Lees dit vandag as 'n gebed om versterking te kry!!
[Anoniem]
Sunday, 27 August 2023
Besin oor die ouderdom ...
Besef julle die enigste tyd in ons lewens wanneer jy ouer wil wees, is wanneer ons kinders is?
Jonger as tien, is jy so opgewonde oor ouer word, jy dink sommer in desimale.
"Hoe oud is jy?"
Jonger as tien, is jy so opgewonde oor ouer word, jy dink sommer in desimale.
"Hoe oud is jy?"
"Ek is vier en 'n half"
Jy's nooit 36 en 'n half nie, jy's vier en 'n half, amper vyf.
Dis die geheim.
Nou's jy 'n tiener, niemand kan jou keer nie, jy spring sommer na die volgende syfer toe.
"Hoe oud is jy?"
Jy's nooit 36 en 'n half nie, jy's vier en 'n half, amper vyf.
Dis die geheim.
Nou's jy 'n tiener, niemand kan jou keer nie, jy spring sommer na die volgende syfer toe.
"Hoe oud is jy?"
"Ek gaan binnekort 16 wees"
Jy kan nou 12 wees, maar uiteindelik gaan jy 16 wees.
Dan kom die groot dag, jy word 21.
Selfs die woord klink soos 'n seremonie.
Ja ... jy WORD 21!
Dan raak jy 30.
Jy kan nou 12 wees, maar uiteindelik gaan jy 16 wees.
Dan kom die groot dag, jy word 21.
Selfs die woord klink soos 'n seremonie.
Ja ... jy WORD 21!
Dan raak jy 30.
Wat's besig om te gebeur?
Hel, jy klink soos suurmelk.
Jy't geRAAK, wat het verander ?
Jy WORD 21, jy RAAK 30.
Dan NADER jy 40 ... nee, bly daar!
En jy BEREIK 50.
Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,
Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.
"Goeie genugtig. Ek't nie gedink ek gaan dit maak nie"
Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,
Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.
Teen daardie tyd het jy al so baie momentum opgebou, jy TREF 70.
Daarna is dit 'n dag tot dag ding.
Jy TREF Woensdag ...
In jou 80's, jy TREF middagete,

jy TREF slaaptyd.
Jy's nie seker of jy gaan wakker word nie.
Jy koop nie meer beleggings nie.
Aarde, jy koop nie eers groen piesangs nie.
Dis nog nie die einde nie.
In jou 90's gaan jy weer agteruit.
Jy's nie seker of jy gaan wakker word nie.
Jy koop nie meer beleggings nie.
Aarde, jy koop nie eers groen piesangs nie.
Dis nog nie die einde nie.
In jou 90's gaan jy weer agteruit.
"Ek was NOU NET 93"
As jy 100 sien, gebeur daar 'n vreemde ding.
Jy raak weer soos 'n kind - "Ek's 100 en 'n half ..."
As jy 100 sien, gebeur daar 'n vreemde ding.
Jy raak weer soos 'n kind - "Ek's 100 en 'n half ..."
Saturday, 26 August 2023
Sonde met die bure
[Ansie Janse van Rensburg]
Gister lees ek van `n man wat so kwaad geword het vir sy bure, dat hy `n lewensgrote beeld van `n vuis met `n uitgestrekte middelvinger op sy grasperk staangemaak het. Die beeld spreek `n duisend woorde en nie een is baie vleiend nie! Deur die jare het ek `n paar keer verhuis en het met rare karakters `n straat gedeel. Die stukkie in die Bybel wat handel oor 70 maal 7 keer vergewe, het duidelik sonde met die bure in gedagte gehad. Daar is `n Engelse spreekwoord wat lui: ” Good fences make good neighbours." Vir party het jy meer nodig as hoë mure en senuwees van staal ...

Bure no.1 is albei doof soos mossies. Hulle honde blaf die hele nag en dag vir die maan, bome, gras en mekaar, terwyl mnr. en mev. rustig slaap. Probeer jy hulle skakel, lui die foon net. Nou bombardeer ek hulle posbus met advertensies vir gehoorapparate en kommunikeer in ongemagtigde vingertaal indien ek by hulle in die straat verbyry.
Bure no.2 was kandidate vir die Jerry Springer Show. Elke Saterdagaand het ek `n groot bak springmielies gemaak, my sielkunde 101 handboek gegryp en op die stoep gaan wag. Darwin se moses! Ek begin twyfel of sommige takke van ons Homo Sapiens-spesie nie tog maar van ape afstam nie? Die hele straat ken elke detail van mnr. X en mev. Y se lewe. Teen die tyd dat mnr. X se ongehude dogter by hulle kom inwoon en swanger raak met mev. Y se Aura-terapeut en mnr. X vir mev. Y agter die deur vang, terwyl hy self daar staan met `n eks-eksotiese danseres van Nigel, trek hulle weg. Saterdae-aande was nooit meer dieselfde sonder mnr. X en mev. Y nie!
Dan kry jy die sportmalbure. Die ingang van hulle oprit lyk soos Loftus. Vlae en plakkate net waar jy kyk. Buurman het meer rugbytruie as die hele Bloubulspan saam en vroulief dra biltong en bier aan, terwyl die kommentator van die jaar homself posisioneer voor die groot skerm. Dan begin die sports: Die skeidsregter se brein word vergelyk met 'n Amoeba in `n oseaan, die spelers word gereduseer tot amateurs met voete van klei en kokosneutbreine en elkeen kry `n bynaam wat ek nie op hierdie blog mag noem nie. Buurman is darem `n ekspert wat 20 jaar gelede derdespan rugby op skool gespeel het!
Bure no.4 is herdoop tot die Boerebure. Vroegdag kraai hulle Judas-haan jou wakker: Maandag tot Sondag. Nie lank daarna nie, hoor jy die gebrul van buurman se mini-trekker cum grassnyer wat klokslag 6 uur elke Saterdagoggend aangeskakel word. Die grasperk is net 6×6 meter, maar buurman neem `n volle uur om dit te sny, want hy ry tog te lekker op en af op sy trekkertjie met `n koppie boeretroos in sy hande. Mamma leef nog in die metafisiese ruimte van hulle 10 hektaar plaas naby Potch en gil bevele op die tuinjong wat gedwee twee meter van haar af staan.
Laastens, maar met spesiale verwysing, is daar die partytjiebure. Vrydagaande begin die motors jou straat vol parkeer en die karakters wat uitklim herinner jou aan Poeksie en Worsie van Orkney snork nie. Die musiek begin mak met `n paar Bles-ballades en bou stelselmatig genoeg desibels op om jou wynglas te laat kraak. Soos die rooiwyn en Valiums inskop, koester ek allerhande wraakplanne: betree die vyand se vesting en bestel 100 reuse pizzas vanaf hulle telefoon, gooi `n sigaretaansteker in elke motor se uitlaatpyp en wag vir Guy Fawkes-dag om aan te breek (moet dit liefs nie by die huis probeer nie) Teen ligdag wanneer die laaste note van Going back West wegsterf, het ons 8 keer ge-De-la-ry-ry-ry en ek ken Baby Tjoklits tot by die laaste komma en spoegspatsel. Tussen partytjiebure en boerebure, het ek darem `n uur kon slaap, dit is as die dowe bure se honde nie blaf vir die sportmal bure se vlae wat in die windjie wapper nie!
[Geleen by Solidariteit Blog - besoek hulle gerus HIER]
Thursday, 24 August 2023
Ek weet my God bly in beheer ...
'n Gelowige boer het een perd besit waarmee hy ’n groot klomp werk op sy plaas gedoen het. Een stormagtige aand met rammelende donderweer en blitsende weerlig, ruk die perd los en hardloop weg. Toe die gelowige boer se ongelowige buurman dit hoor, sê hy: “Dit is nou slegte nuus. Ek wonder, waar was jou God? Hoekom het Hy dit nie gekeer nie?” Die gelowige boer het kalm geantwoord: “Sleg of nie. Dit het nou gebeur, maar ek weet my God bly in beheer.”
’n Paar dae later, tot almal se groot verbasing het die vermiste perd na die boer se plaas teruggekeer waar hy gewoond was om kos en water te kry - die keer het ’n groot trop wilde perde hom uit die berg gevolg. Die boer het die kamp agter die perde toegemaak en oornag ’n trop perde bygekry. Die ongelowige buurman het dit gesien en gesê: “Sjoe, dit is nou blote geluk.” Die gelowige boer het geantwoord: “Goed of sleg. Ek weet my God bly in beheer.”
Kort hierna besluit die gelowige boer se seun om een van die wilde perde in te breek. Hy het op die perd geklim, maar sy voet het gegly en in die val het hy sy been gebreek. Toe die ongelowige buurman daarvan hoor, het hy gesê: “Dit is nou slegte nuus. Ek wonder, waar is jou God? Hoekom het Hy dit nie gekeer nie?” Die gelowige boer het geantwoord: “Goed of sleg. Dit het nou gebeur. Ek weet my God bly in beheer.”
’n Paar dae later het gewelddadige, gewapende huursoldate aan die gelowige boer se deur geklop. Hulle het vereis dat hy sy seun saam met hulle moes stuur. Toe die huursoldate egter sien dat die seun se been in gips is, het hulle gesê: “Ag nee wat, hierdie seun sal vir ons niks beteken nie.” Hulle het omgedraai en weggestap. Stil het die gelowige boer sy oë gesluit en God vir sy beskerming geprys.

Labels:
Gelowige,
Goed,
Inspirasie,
Motivering,
Ongelowige
Ouderdom
In ouderdom neem ons almal toe van dag tot dag,
ons lewe vlieg by ons verby;
dit is die boodskap van die klok se slag.
Tog, dis tyd wat benut moet word;
genadetyd ...
Kort is die aardse tyd,
en lank die ewigheid!
Wednesday, 23 August 2023
81 000 e-kuiers
Bogenoemde getalle gee 'n aanduiding wat hier gebeur. In minder as 'n week, besoek nog 'n 1000 mense dié blog. Baie lesers stuur gereeld bydraes in wat meer as welkom is. Dankie vir elkeen se besoekie, stories, verhale en kommentare.
Indien jy foto's of stories het wat ons kan plaas, moenie huiwer om dit per e-pos te stuur nie. E-posadres is bo in die regterkantste hoek.
Geniet die e-kuiers en deel die skakel met jou familie en vriende.
Labels:
Besoekers,
e-besoeke,
Getalle,
Kykertal,
Lesers,
Sosiale kuiers,
Statistiek
National Sponge Cake Day
It is National Sponge Cake Day. What do you to do celebrate, you ask? You eat sponge cake of course! Enjoy it!!
Tuesday, 22 August 2023
Be An Angel Day
On August 22nd, National Be An Angel Day encourages good deeds and kindness to others. By supporting those in need and inspiring others to kindness, we display an act of an angel here on earth.
A big thanks to Ons Huis' angels:
- Cherine Senekal
- Annette Cameron
- Betsie du Plessis
- Christa Jaquire
- Forbie Klindt
- Jacoba du Plessis
- Jolande de Wet
- Millie Mouton
- Percy Bell
- Talana van Wyk
- Carien
Twyfelhoekie: Moet nooit ophou opstaan nie
In elke mens se lewe kom daar fases van heel bo leef - op die top en kruin van jou lewe - en fases van heel onder wees - plat op jou maag en teen die bokskryt.
Een van die grootste uitdagings is sekerlik om te kom waar jy eens was, of selfs beter af te wees as waar jy was. Maar die geheim is om dit te bly glo. Bly hoop en vashou aan die wete dat jy weer sal kom waar jy was.
Hoe lank jy plat op die grond lê, word egter deur karakter bepaal. Sommiges lê lewenslank nadat hulle platgeslaan is. Ander kan dadelik weer opstaan. Wie jy ook al is, en wat die omstandighede ook al is, 'n mens kom weer op die punt waar jy was - selfs nog beter. Aan daardie stukkie hoop moet 'n mens vashou. Jy moet dit koester en laat groei.
Mense praat soms van hul tweede lewe, hul derde geleentheid, hul vorige krisis of hul ergste beproewing.
Deur dié dinge moet 'n mens altyd jou karakter wys en vorentoe beur. Dit is nie altyd ewe maklik of ewe gerieflik nie, maar om plat op die grond te bly lê, gaan jou niks help nie.
In tye van voorspoed beur 'n mens dankbaar vorentoe en in tye van teëspoed, dra 'n mens geduldig vorentoe - maar nooit mag 'n mens ophou vertrou nie. Nooit mag 'n mens ophou opstaan nie.
Reg voor my kantoorvenster hardloop twee seuntjies kaplaks in mekaar vas. Ek wag vir trane. Niks. Hulle lag, spring op en besluit om dit weer te doen. Kaplaks. Val weer en staan weer op. Dit is nie nodig om te bly lê nie.
[Dankie, Anoniem wat die uitknipsel gestuur het. Besoek gerus Netwerk24 (Noordkaap Bulletin) se gereelde rubrieke - daar is baie stof tot nadenke in hierdie rubrieke.]
Dinsdag-denke: God sê ...
God sê: My kind, die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie ... Wie jou gemaak het, bepaal wie jy is ... En dis EK, jou Hemelse Vader. Die prys waarvoor iets gekoop word, bepaal die waarde van 'n item ... En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop, was met My lewe ... Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë. Ek ken jou potensiaal, Ek weet waartoe jy instaat is. Ek ken die wenner binne in jou. Ek ken jou mooi hart. Ek ken jou sagte persoonlikheid. Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk ... Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie, maar Ek sê vandag vir jou: Ek glo in jou!! Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terugsit op jou gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan . Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms. Bly altyd glo ... want dis Hemel op aarde saam met My.
[Geleen]
Monday, 21 August 2023
Vandag se internetgebed vir jou: God kan wanneer jy nie kan nie
En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.” II Korinthiërs 12:9
Gebed:
Here, U genade is vir my genoeg, want U krag word in my swakheid volbring. Here, help my om elke probleem te oorwin deur U krag wat in my werk, deur my werk en vir my werk. In Jesus naam. Amen.
Gebed:
Here, U genade is vir my genoeg, want U krag word in my swakheid volbring. Here, help my om elke probleem te oorwin deur U krag wat in my werk, deur my werk en vir my werk. In Jesus naam. Amen.
Subscribe to:
Posts (Atom)