Monday, 23 February 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Christus leef in en deur my

Dankie, Jesus, dat ek saam met U vir my sondes gesterf het. Dankie, Vader, dat U my saam met Jesus uit die dood uit opgewek het en die Ewige Lewe gegee het. Deur geloof bely ek nou die volgende: Ek is deur genade gered, ek is verordineer, ek is geroep, ek is geregverdig en ek is verheerlik, ek leef nie meer nie, maar Christus leef in en deur my. Dankie dat ek nou soos Jesus nederig en sagmoedig van hart is, ek leef nou vir U. Amen.

No comments:

Post a Comment