Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe vir wie sou ek vervaard wees?
Wanneer angs of vrees of onsekerheid jou gedagtes oorneem, gaan sit by God en raak stil om sy wysheid te bekom.
Moenie oorhaastig wees nie. Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here! (vers 14)
Ps. 37:3a Vertou op die Here en doen wat goed is.
Vers 4a en verlustig jou in die Here.
Vers 5 Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom.
Vers 7 Swyg voor die Here en verwag Hom.
Heb. 13:6 Daarom kan ons met alle vrymoedig sê: Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?
Ps. 50:15 Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet my eer.
Dankie, God en my Heer, ek eer U. Amen!
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:
Post a Comment